SMS'e vir 19 Februarie 2018
SMS'e vir 19 Februarie 2018

SMS'e vir 19 Februarie 2018

“. . .op die regte pad. . .”
Mandy Rittmann
Rundu-dorpsraad skuld N$60 miljoen, dan sê julle Zuma is korrup!



Die berig "Okahandja ruk sy paaie reg" in Republikein van 16 Februarie is verkeerd! Dit moet dalk eerder lees "Raad beplan om Okahandja se paaie reg te ruk". Beplanning is lyk my die naaste wat hulle daaraan gaan kom.



Ek wil die verkeersafdeling gelukwens met die veiligheids­­gordel-ondersoek. Nou is ons op die regte pad, maar doen asseblief dieselfde ondersoek oor die gebruik van ­selfone. Die resultate gaan skrikwekkend wees en dit is 'n groot oorsaak van ongelukke en om die vrye vloei van verkeer te belemmer. Lê asseblief beslag op selfone, totdat boetes betaal word. Ek ondersteun julle. - Dave Viljoen



Westelike verbypad: Ek ry daardie pad elke dag en sien nooit verkeersmanne op diens nie. Ek is egter wel nou al twee keer gewaarsku deur Nampol-beamptetjies omdat my 90 km/h te stadig is en ek glo 'n gevaar vir die res van die verkeer inhou. Belaglik!



Minister of Fisheries announced implementation of score cards to monitor qouta holder performance. He promised that years ago already and still qoutas have been going to people who have nothing to do with fishing industries, in other words cronies who sell same for quick bucks? Just like Minister Jooste promised to clean up SOE's miserable failures, mismanagement and corruption years ago and still the taxpayer is docking up for bailouts year after year. Just like Geingob promised an end to corruption, mismanagement and incompetence and still no consequences. Let's face it! The whole Government is failing the people and the country. Poor Namibia, on fast downward spiral. So sad!



Education minister: Hoekom is daar nog skole waar mense toesig hou? Stel ­onderwysers aan, asseblief! Ons ­kinders ly daaronder.



Die eerste minister het omvangryke besparingsmaatreëls aangekondig. Onder meer ook oor reis- en verblyfkostes. Hopelik sal die PS'e ook gehoor daaraan gee en nie die land plat ry om sogenaamde verkennings te doen nie. 'n PS, direkteur en alle hoofde kan regtig net twee dae van 'n week op die meeste uithuisig wees. Ons almal moet die gegewe riglyne volg en nie net junior staff nie. Eerste minister, hou regtig oog op jou senior personeel in die verskillende ministeries. Dankie. Lei voorbeeldig.



Doodstraf: Mnr. Hage Geingob, geagte president, wat 'n verrassing. Ná 19 jaar het die regering van Uganda weer die doodstraf in hulle land teruggebring. Wat van Namibië? Kan dit nie ook maar ná 27 jaar in ons land teruggebring word nie? Die stropery van wild en bees asook verkragting en moord sal met meer as 80% afneem. Asseblief, groot asseblief, kyk hierna.



Weet nie waarom Republikein so 'n groot prominensie aan tatoe-­artikels gee nie? Stem saam met SMS, “tattoo and piercing are disgusting”. Die skepping van die mens is God se kunswerk, maar ons besoedel dit met mens getekende gedrogte.



Visbron suid van Walvisbaai moet vir 'n onbepaalde tyd gesluit word om visstropers vas te vat. Klaar. Punt.



FNB se verduideliking oor hul swak of geen OTM-dienste is uiters pateties om die minste daarvan te sê! Wat dit op neerkom, is: Waaroor word daar gekla? As die OTM's nie werk nie, is daar mos ander elektroniese platforms om te gebruik. Hoop lesers gebruik nie net 'n ander elektroniese platform nie, maar van nou af ook 'n ander bank. - SAP&H



Iemand adverteer in die koerant

'n B&B in Khomasdal en noem

daar is 24 uur response van buurtwag, maar sy is nie deel van buurtwag nie. Sy reken dan hulle is onwettig? Moet asseblief nie kliënte mislei.



Minister van onderwys, dis 'n skande dat jou casual onderwysers nog nie vir die jaar betaal is (laer­skool in Windhoek se naam is deur die leser verskaf). Die skoolhoof dreig liewer die arme mense dat sy hulle gaan fire as hulle navraag doen en 'n beampte by hoofkantoor belieg nog net die mense. Mev. Steenkamp, doen asseblief iets aan die saak.



Moordenaars is deesdae maar min gepla. Dis onnodig om te werk! Die tronk bied mos gratis blyplek, kos, klere en versorging.



Okahandja se paaie is erg vol diep gate. Jou buitebande, skokbrekers en as kan erg skade kry. Jy kan 'n lelike ongeluk veroorsaak deur uit te swaai vir die gate.



FNB, al julle OTM's lyk so einde van die maand, regoor Namibië. Julle werk nie daaraan nie, dit kom al van 2016 af. Ons soek kontant en wil nie swipe nie.



Jy wat my dogter se wit-en-swart pitbull met pienk halsband in Isabellastraat, Khomasdal, gesteel het, ons weet wie jy is. Ek gee jou tot Saterdag om haar terug te bring of die persoon wat haar gekoop het. Haar naam is Roxy.



Ek is tog op soek na Niklaas Anduha Baisako Hanse in verband met sy kind. Hy bly in Windhoek en hy weet waar hy die kind gelos het.

Die kind gaan nou ook skool, ­asseblief.



Raad vir maagsere: Een hele blik kondensmelk, een hele bottel balsem kopiva, een hele bottel Turlington, en meng alles goed en drink een teelepel oggend en aand.



Kinders wil graag leer, maar weens Windhoek se hoë tariewe en

verblyf moet Suide se kinders maar bly.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!