SMS'e vir 18 November 2019
SMS'e vir 18 November 2019

SMS'e vir 18 November 2019

". . . verstom my altyd."
Mandy Rittmann
Die bedrae wat betrokke is by die korrupsie verstom my altyd. Hoeveel werksgeleenthede kon nie vir die jeug geskep gewees het met daardie geld nie! Wat doen Calle om te verseker dat belasting betaal word op al die multi-miljoene instede daarvan om sukkelende entrepreneurs te teister?

Ministers bedank? Waarom nie afgedank? En die stank? En media se rooi vlaggies waai al so lank?

Om te bedank as minister is nie die antwoord nie. Tronkstraf van 15 jaar is die antwoord vir almal wat bribes betaal het. Ons het dit verwag.

Viskwotakorrupsie. Hulle moet lewenslank toegesluit word. No bail. Wat ‘n gemors. Dit is net korrupsie in SA en Namibië.

Hage when can we expect Bernhard and Sacky to be arrested?

So if anyone steals, bribes, commits fraud and is found out and resigns they get away with it unless a case is opened against that person. Take note all you would be thieves, this is how you get away without being held accountable.

Ek weet die agbare president het ‘n klomp raadgewers, maar hierdie raad sal die staat niks kos nie. Die weermag wat net op hulle hande sit, is heeltemal te groot. Met watter buurman wil hulle oorlog maak of is hulle dalk nodig om eendag die Chinese wat die land koloniseer te verwilder? Ontbind die weermag en Air Namibia so gou as moontlik.

Ek wag al jare vir my belastinggeld wat aan my terugbetaal moet word, maar elke keer as ek navraag doen sê kantoor van ontvanger dit is in process.

Ek lees op 16 November op News 24 dat die vlugtelinge wat probleme optel in Suid- Afrika se leiers sê hulle wil vlug en Namibia is one of the countries mentioned. Asseblief, dit gaan goed in ons land. Moet dit nie toelaat nie, maar ek weet ons het ‘n oopkop president en leiers wat ‘n stokkie voor daardie probleem sal steek.

Republikein kan gerus die foto’s van die presidensiële kandidate op een bladsy plaas. Die kiesers weet nie hoe lyk die kandidate nie. Die kentekens van die partye is wel bekend.



Ek kom baie gereeld in Hentiesbaai vanweë my skoonouers wat daar woon. Dis opmerklik dat mense wat ek ken sowel as weet van baie lank reeds permanent nou in Henties woon, maar steeds hulle voertuie nie daar geregistreer het nie. Wonder wat het geword van die wetgewing dat jy dit binne 21 dae moet doen?

Baie dankie Yochanaan vir jou ontboeseming en die deel van jou ondervinding. Dit is ’n groot en mooi gebaar. Sterkte en voorspoed vorentoe.

Ek sien City of Windhoek maan inwoners van Windhoek weereens om minder water te gebruik. Tog, terselfdertyd word nuwe woonbuurt-uitbreidings goedgekeur. Hulle kan reeds nie in die huidige vraag na water voorsien nie, maar so groei Windhoek onverpoosd voort. Hoe wil julle water aan al die nuwe huise voorsien as daar reeds nie genoeg is vir die huidige inwoners nie? Waar is die logika? Buite Okahandja word ook huise gebou met ’n spoed, maar nou is die waterskaarste skielik die inwoners se probleem. Waar wil julle genoeg water vir almal vandaan kry? Nee, die swak beplanning is julle probleem! Moet dit nie myne maak nie.

Hoekom is daar nooit meer dokters by die Swakopmund staatshopitaal nie? Is die regering bankrot of is die dokters afgedank? Maar soos dit nou deesdae gaan, word die ministeries bankrot gesteel. Miskien moet ons vir Trump hier sit om Namibië reg te ruk.

Bestaan die nommer 4444 ooit nog? Daar word ystersaagwerk tot laatnag in Cimbebasia gedoen. 4444 is gekontak, maar geen reaksie nie. Dit laat ’n mens met ’n onseker gevoel as burger van Windhoek. Geen hulp of bystand teen mense wat respekloos teenoor mede-inwoners optree, hetsy harde TV, musiek of bou- en saagwerk. Niemand gee meer om nie!

FNB, ons sal baie waardeer as u vir ons ’n klein tak by West Lane Shopping Centre kan oopmaak. Baie dankie.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!