SMS'e vir 18 Januarie 2017
SMS'e vir 18 Januarie 2017

SMS'e vir 18 Januarie 2017

“. . . hoe ek die toekoms sien . . .”
Gerine Hoff
“. . . hoe ek die toekoms sien . . .”

Die aanhouding van Brian en Pam Kinghorn was so onnodig en onsensitief. Na 25 jaar van opoffering vir die kwesbaarste mense in Namibia, verdien hulle net lof en dankbaarheid. Lees gerus die webwerf van Beautiful Kidz oor die onbaatsugtige werk wat hulle gedoen het. Hul beloning? N$5 000 boete elk! Die persoon wat ’n persoonlike wrok teen hulle koester, moet hand in eie boesem steek. Hy het niks bereik behalwe om twee wonderlike mense seer te maak nie.

Na aanleiding van die spotprent van Maandag 16/1/2017: Goed en wel om sonpanele tuis te installeer en elektrisiteit aan die netwerk te verskaf. Die probleem lê by die krediete - Stad Windhoek kan dit nog nie op hul rekeningsisteem prosesseer nie. Miskien grond vir navorsing en 'n berig in Republikein? Janneman

Is mense bewus dat meeste dagsorgsentrums (hoewel geregistreer) nie professioneel opgeleide en gekwalifiseerde persone is/het nie? Net persone met sogenaamde ondervinding. Dis ’n ongeluk wat net wag om te gebeur! Ester

Die foto op gister se voorblad “Die land is nat” is hoe ek die toekoms sien. Mense wat saamstaan en hande vat en dankbaar is vir wat die HERE ons gee. Amen.

Dankie dr. Chris Brown vir jou optrede m.b.t. die plundering van ons wildlewe. Het die naweek weer gesien hoe agt Oosterlinge witmossels sakgewys grawe.

Die Chinese wat net hartseer veroorsaak in Namibië word nie in hegtenis geneem nie en kry verblyfpermitte, maar sendelinge wat net goed doen, moet so behandel word en dit ná 25 jaar. Word skaam vir Namibië se polisie.

So Namibia gooi sendelinge in die tronk, maar verkragter en moordenaars en diewe loop los rond. God sê in sy Woord “raak my gesalfdes nie aan nie”. Dus Namibia het jy jouself die reg aangesê om die Allerhoogste God jou vyand te maak om in dieselfde bootjie as Amerika te klim? Ek hoop jy kry jou sake baie vinnig in orde, dalk sal dit help as Annanias en Safira se oordeel ook op die manne kom wat “left, right and centre” mense arresteer soos hul wil.

Brian and Pam are the most upstanding people; honest, humble, hard working, full of integrity and only one huge blessing to this country. Thousands of people in Namibia and around the world are praying for them. We are so sad that they had to endure such hardship but we trust that they will be granted permanent residence after serving in this country faithfully for so many years. We love you Brian and Pam!

Dis ’n skande dat ons sokker dood is. Sokkerbase, los die bakleiery en stryery, staan saam sodat ons weer sokker kan speel en kyk. Aan die NBC TV: Waar is die EPL en selfs ons eie AFCON op TV. Verduidelik asseblief.

As mens so kyk na die AFCON-sokker op TV dan is dit ’n bedekte seën Katutura 11 - Brave Warriors is uit die toernooi, want dié Afrika-spanne het stamina, liggaamsbou en vernuf wyl ons manne hopeloos te kort skiet in alle opsigte. Ons sokker is vanaf die bestuur tot op grondvlak rigtingloos. Selfs die regering en borge het ons sokker die rug gekeer. Wat ’n dilemma! Laat die huidige sokkerbase hul self afdank asb. Sokkerbegrafnisganger, Karas

Wil baie graag weet hoekom moet ons gr. 10-eindeksamen-nasieners nog steeds wag vir ons betaling in die Hardapstreek? Die werk is gedoen, uitslae is toeka al uit, maar volgens ene mnr. Diergaardt is die merkers nie prioriteit nie, die nuwe onderwysaanstellings is prioriteit. Ag nee man, julle moet altyd ’n teleurstelling wees, akademies en finansieel!

Hoekom sê Hoeksteen P. skool plek is vol? Waar moet ons gaan? Daar’s net een laerskool. Direkteur help ons asb. Hoof wil vat, maar HOD keur AF het ek agtergekom.

Los tog vir ons die idiote en leë blikke se bydraes in die koerant. Die ou wêreld sou maar ’n eensame, saai ou wêreld wees net met julle kamma slimmes wat in Selfsentriekfontein bly. Tata eers my Volblik. Leëblik

Wat is fout met Windhoek se bestuurders? ’n Vierrigtingstop verander nie skielik in ’n toegeeteken net omdat jy dink daar kom geen motors aan nie! Dit bly ’n stop en jy moet steeds stop. Die ergste is dat party mense dan kwaad raak as jy hulle daarop wys dat hul moet stop. Pateties!

Hoe pateties en rassisties is party mense se denke (Whk Gim se ontgroening). As net sekere kinders met ’n sekere velkleur ontgroen is, het party wesens seker diskriminasie gekerm! Vieslik om alles uit verband te ruk vir politieke gewin.

Net iets weer oor die Rust-saak. Die regstelsel funksioneer, maar in dié geval is daar politieke inmenging. Het iemand al gedink hoe die vermeende stroper dood is? Het hy ’n koeëlwond aan hom gehad?

GRN 4419 ry permanent na ure met voertuig en parkeer dit by sy huis.

Ja, DStv se dienste is rêrig pateties. Ek sou ’n “decoder” koop, bel elke dag, maar nul per antwoord. Ek het maar alles gelos.

Ek het die bestuurderslisensie, bankkaart en mediese kaart van mev. M. R van Neel opgetel. Kontak my by 081 257 6439.

Kwane gets N$900 million RCC contract 2 weeks before tender closed on 29.8.16 despite evaluation doc disqualifying for not completing RCC legal tech specifications, not having a site of operation, plant supply or experience? This is not just highly corrupt, it is downright criminal! ACC do something about this! Stop this blatant corruption in our country!

Net voor jy oor die Khanrivierbrug ry by Usakos is daar ’n baie netjiese restaurant. Khan Village Cafe. Diens baie goed. Kos baie lekker. Baie mooi skoon. Sal weer kom.

Die Namibiese spookhuis sal net ’n droom wees vir Khoekhegowab-sprekers. As hulle taal nie op hoër vlak aangebied word nie, waar sal hulle verder studeer en deel word van die sogenaamde “Namibian house”? Siegfried Goeieman

Pres. Hage, ons soek u ACC in Mariental. Swart man se sweet word wit man se brood. Groot private maatskappye “interviewing for workers”.

Armoede en onnetheid sinoniem? Aikona! Ek het in ’n armoedige blikhuis in ’n lokasie

grootgeword. Netheid was die wagwoord in daai blikhuis en ek is baie trots daarop. Vandag word dit oral gemors en dan word dit toegeskryf aan armoede. Wat ’n grap! Arm, maar trots

Sendelinge se aanhouding: Dis om ten hemele te skree! Dis absurd! En dit na hul al die jare hulle toespits op kinderwelsyn vir minder bevoorregtes! Mense se koppe raas - kom by!

Wat gaan met ons owerhede aan? Hoe kan hul mense wat al goeie werk doen opsluit? Kan hulle nie die mense wat onwettig is, wegsit nie? Kan hulle nie onderskei tussen goed en kwaad nie?

Dis skokkend van die skoolkinders. Dis nou as daar nie dissipline toegepas word nie.

Hoperise College in Hochlandpark. Hoe kry julle dit reg om klasse vir gr 10 en 12 aan te bied sonder die nodige toestemming van die ministerie, en dit by ’n huis wat nie vir die doel geskik is nie? City Police moes al verlede jaar plek se deure kom sluit het, maar versuim hul plig. Bure het ook skriftelik die hersonering skriftelik teengestaan. Eienaars het veranderinge op dokumente aangebring nadat hulle bure se handtekeninge gewerf het om NET as eksamensentrum op te tree. Maar nou gee hulle klasse ook! Educare was gesluit. Wat maak Hoperise College so spesiaal?

Het Republikein nie hierdie jaar ’n graad 1-kompetisie soos laas jaar waar eerstedagfoto’s ingestuur word en dan moet lesers stem nie? (Die kompetisie het op 15 Januarie gesluit. Die top 10 foto’s soos deur ’n paneel uitgesoek, verskyn in vandag se uitgawe. Gaan stem asb. vir u gunsteling! – Red)

The new ELCRN Nomination Order requires from parish elders to present CVs to screened. Lets start from the BISHOP down to the bottom.

Ek het my man se persoonlike dokumente in Whk verloor, vermoedelik by Pep Stores op die hoek oorkant Metropolitan-gebou, M.A. Scholtz. Huweliks- en doodsertifikaat. As iemand dit gekry het, bel asb. 081 346 41590

Kan iemand asb. vir ons laat weet waar mnr. Silvester Shipanga wat die Cheetah Capital Community Resettlement projek bestuur/hanteer het, hom nou bevind of werksaam is? Word gesoek omrede hy mense ingeloop het met duisende dollars wat mense aan hom betaal het vir die huise waarna hy skielik spoorloos verdwyn het met die kliënte se geld, sonder om sy foon te antwoord. Die huis waar hy in gebly het in Otjimuise het ook soos ’n groot speld verdwyn, want die geregsmense soek hom vanaf 2013 tot nou toe nog.

Wil graag weet by klaer oor Usakos Oase Shell en padstal wat verander het om nie meer daar te stop nie? Ek reis baie Swakop toe en stop altyd daar. Het net verbeter. Rakke is vol en biltong altyd beskikbaar, diens goed. Al probleem is daar is nie genoeg parkering nie, want baie mense WIL daar stop!

God help our country. What happened during the last 2 administrations? How competent were the people that the taxpayer had to pay, trusting them to be honest and hardworking citizens. Instead they took irresponsible selfrightious decisions! Now look when payback time of loans etc. comes? The whole country suddenly starts to suffer because there is no money to pay. How many innocent people will now have to pay because if joblessness? Finance not paying those who need to be paid because there is no money. How long before banks put up their interest rates and people start losing houses? What happened to all the wonderful campaign promises? We, the people of Namibia, have been deceived. Are we going to become like the rest of Africa?

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!