SMS'e vir 18 April 2019

18 April 2019 | Menings
Otavi Health Centre sonder dokter: Die dokter wat een dag ’n week van Otjiwarongo kom, kom so 10:00 of 11:00 en sien dan net ARV-pasiënte en “disability en old age pension forms” kan ook nie op Otavi of Otjiwarongo ingegee word nie, want Otjiwarongo het nie ’n Senior Medical Officer nie.

Dankie vir ’n koerant soos The Patriot. Hilda Basson-Namundjebo, jy is ’n sterk vrou. Ek bewonder jou. Jul is nie bang om ondersoekend te wees nie. Krap die korrupsie van die regering oop. Ons belastinggeld het dit baie nodig in Namibië.

Namibië is in ’n resessie en met die droogte wat ons ekonomie waarskynlik sal laat ineenstort, wil ons regering hulp gee aan Zimbabwe. Ons hospitale, skole en ekonomie is aan flarde. Ons diere gaan dood en ons mense ly honger en inflasie maak die armes nog armer. Dit is tipies van ’n perspektieflose regering. Gaan Zimbabwe ons te hulp staan in ’n tyd van nood? Beslis nie.

Ek het my romantiese siening van Namibië verloor. Dit is stelselmatig afgebreek deur die optrede van mense wat stroop, steel, vermoor, mishandel en plein geen gevoel toon teenoor enige lewende wese nie. Die onreg en wreedheid wat aan Lucky gedoen is, is onmenslik en ek sweer ek het geen vergifnis vir die wrede wese wat dit gepleeg het nie.

Uiters geskok oor die wrede mishandeling van die hond (foto). So iemand hoort tot die laagste vorm van lewe en is geestelik siek en verrot.

Bees op Rehoboth-pad. Ek wil net my ontevredenheid uitspreek teenoor die beeseienaars langs die Rehoboth-pad. Ons ly finansieël met die skades wat ons voertuie opdoen as gevolg van beesstampery. Ons dank die Here dat niemand vanoggend, 17 April 2019, hulle lewens verloor het nie, maar ons is in ongerief, want baie van ons het net een voertuig om te gebruik om ons brood te kom verdien. Asseblief, kom ons tegemoet. Bees is nie wilde diere nie, dit kan beheer word. Moenie dat dit waarmee u geseën is ander mense se lewens bedreig nie.

Viva la France! With the heart ache we salute the French nation. Can we please raise funds for our fellow Namibians living next to the B1 eking out a life. Please Mr. President, give shelters and water.

A certain person (name provided) posted on Facebook about invitations received by all and also people who are scared. What invitations is she referring to? Who is scared of? Maybe the Ministry of Local Government can shed light on this. Seems some people have inside information about issues in government. This is a serious state of affairs.

Angelika vra asseblief hulp. Sy het verskillende groepe mense wat sy help, groot en klein. Nou vra ek ook hulp by u om die mense te ondersteun. Blankets, shoes, clothes or anything will be appreciated. Please, please! Skakel my asseblief. – 081 229 5444

Stuur ’n klagte, dit word geplaas. Stuur ’n kompliment vir goeie diens gelewer en dit word nie geplaas nie. Die wêreld is vol negatiwiteit. Plaas positiewe boodskappe ook! (Ons plaas alle positiewe boodskappe. - Redakteur)

Soortgelyk

 

Etosha Sondagmiddag deur aardbewing geskud

6 ure gelede | Omgewing

Ronelle Rademeyer - ’n Aardbewing van 4,7 op die Richterskaal het Sondag om 16:42 in die Etosha nasionale park voorgekom.Me. Gloria Simubali, adjunk uitvoerende direkteur...

Is groot Beethoven-feesjaar van die baan?

6 ure gelede | Kuns en vermaak

Groot feesvierings is wêreldwyd en veral in Duitsland en Oostenryk beplan ter herdenking van die komponis Ludwig van Beethoven se 250ste geboortejaar. Elretha Britz van...

Naam bekend van Namibiër wat in Engeland aan Covid-19...

6 ure gelede | Gesondheid

Ronelle Rademeyer - Die Namibiër wat Saterdag in Nottingham, Engeland, aan die coronavirussiekte (Covid-19) dood is, se naam is bekend gemaak.Hy is die 56-jarige mnr....

Paspoorte: Lorriedrywers kry voorkeur

7 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Die ministerie van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit het by monde van sy woordvoerder, mnr. Sakeus Kadhikwa, ontken hulle reik tans...

Meer as 3 000 vir Covid-19 getoets

8 ure gelede | Gesondheid

Die adjunkminister van gesondheid en maatskaplike dienste me. Esther Muinjangue sê 3 186 weefselmonsters is tot op hede vir Covid-19 getoets. Namibië het tans 21...

Moody's-klap voor begroting

18 ure gelede | Regering

Jo-Maré Duddy – Op die vooraand van finansminister Iipumbu Shiimi se debuutbegroting sit die regering nie net kniediep in die rommel nie, maar verskraal sy...

Kwarantyn-drama ry lorriedrywers

18 ure gelede | Gesondheid

Leandrea Louw op Walvisbaai – Die vragmotorbestuurder wat die afgelope naweek positief vir Covid-19 getoets het, sê sy voormalige werkgewer het hom en sy kollega...

Man voor hof ná 'hardhandigheid'

18 ure gelede | Misdaad

Denver Kisting – 'n Inwoner van Groot Aub, mnr. Richard Davids, wat aanvoer 'n beampte van die stadspolisie het hom verlede week aangerand, is Vrydag...

Weer, Dinsdag 26 Mei 2020

18 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Koue tot baie koue toestande word in die Suide, die Weste en oor die Khomas- en Omahekestreek verwag. Tref voorsorg.BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en koud...