SMS'e vir 17 September 2020
SMS'e vir 17 September 2020

SMS'e vir 17 September 2020

"...mense op 'n knop druk..."
Mandy Rittmann
Dinge is so onduidelik. Hoe kan ’n toeris die land inkom en sy verblyf is byvoorbeeld daar iewers in die Namib Woestyn of waar elders, en nou moet hul beskikbaar wees op dag 5? Waar sal wie die toeris kan opspoor? Verstaan ek reg? Hoe langer ons mense op ’n knop druk, hoe langer gaan ons met die virus moet saamleef. Ek kan nie sien, dat die lockdown enigsins die moeite werd was nie. Anders was daar nie gevalle nie, of verspreiding na ander dorpe of streke nie. Dink ons regtig ons kan mense verhoed of keer om te beweeg. Mense moet maar hulself beskerm en verantwoordelik wees.

Ek kan nie verstaan nie, mense betree jou woning sonder toestemming, kom steel jou besittings, kom verkrag jou kind, maar jy mag niks doen nie. Het die vrou dan geen regte nie. Verkragting is erger as die dood.

Ek wil graag weet, watter rasionaal die agbare Kawana gebruik het om vis op te veil, terwyl Namibiese bote jaarliks vasgemaak lê en hoop en bid op die krummmels. Wat het intussen van die opbrengs van die vendisie geword? Vra maar net.

As ek sien hoeveel geld aan reiskostes deur die soustreiners bespaar word, hoeveel minder dronkies daar is, hoe goed die aandklokreël werk en nog vele voordele as gevolg van Covid-19, dan wil dit mos al hoe meer vir my na ’n wenresep lyk.

You know we are economic scavengers, wie is dom? Mnr. Hipondoka, jy moet nie die nasie se intelligensie onderskat nie, gaan lees die Namibian, bladsy 10 (opinion piece of Rukee Tjingaete) van 11 September en sien of jou miljoene nie moontlik daarvan af kom nie. Jy klink uiters arrogant, kry liewer iemand om vir jou te praat, of los dit vir jou prokureurs, jy maak ’n mens naar.

City of Windhoek dink as hulle ’n mediaverklaring uitreik, wat sê hulle het nie politieke speletjies met Shaningwa se skelm erf gespeel nie, gaan ons dit glo. Republikein van 16 September 2020.

By die registrasiepunt oorkant Metro was die mense baie behulpsaam. Cimbebasia-registrasiepunt se mense was ook vriendelik en absoluut fantasties en behulpsaam. Baie dankie.

Ek wil so effens van Welma Enssle verskil. Namibië kán industrialiseer as Swapo nie elke poging daartoe hijack met eise van skenkings en omkopery nie.

The Financial Intelligence Agency should investigate the Uhuru Pyramid Scheme. They operate freely offering returns which are not realistic at all.

Baie dankie aan die Assisted Living personeel van Eros Manor, Retirement Village, veral Susters Lara, Rigie, Bridget en Sharlene vir julle omgee en puik diens.

Namibië se bevelstruktuur is top heavy. Te veel Hoofmanne en te min Indians. Vra maar net.

In Rehoboth is ’n carwash waar baie mense bymekaar kom en so raas en vloek en lelike maniere het, veral as hulle mense sien! Oud en jonk. Die polisie word nie eens bang nie. Hulle dra ook nie eens maskers nie. Onbeskof!

Ek is in besit van ’n Amerikaanse muntstuk gedateer 1797-1801, ’n Britse 10 new-penc van 1968, ’n Britse muntstuk one pound 1983, versamelaars van oorspronklikke lande kan van hulle laat hoor.

Wil graag weet wanneer gaan Republikein weer die blokraaisels van Vrydae insit, ek kon altyd nie wag dat Vrydag se koerant uitkom nie, net vir die blokraaaisel. Paul Stramis (Republikein mis self on "Speel saam"-blad, wat weens die ekonomiese impak van Covid-19 tydelik opgeskort is. Ons hoop om die bladsy voor die einde van die jaar weer in te pas. - Redakteur)

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!