SMS'e vir 16 April 2019

16 April 2019 | Menings
President Geingob vra hulp vir Idai-slagoffers. Wat van hulp vir ons eie land, Namibië, se droogteslagoffers? Help asseblief eers die boere wie se diere en wild vrek van honger en dors.

Ek verstaan nou glad nie die hele bohaai oor die sogenaamde regte persone om die Welwitschias af te rig nie. 20 jaar gelede was daar al ’n groep “concerned” klubs volgens Vrydag se koerant. Wat wil die mense nou regtig hê?

Welwitschias-afrigter, PJ Walters hoort op senter, nie vleuel nie. Probeer en net dalk verras hy meer. Ek vra maar net?

Wat ’n vernedering vir ons onder 20-span. Vir 5 jaar het hulle aaneen gewen, nou is 5 jaar se harde werk net so afgebreek.

Die Marshall Rangers van Shaun Naudé begin raak die nuwe gesig van betroubare polisiëring regoor Namibië. Dis verblydend om oral oor van die manne se suksesse te hoor, waar hulle besig is om ons stad, so ook dorpe van die kriminele element te reinig. Trots op julle manne! – Kirsten

Verwys na die boodskap in die Republikein gedateer 12 April rakende die witmossie. Ek, Koos Liebenberg, het die foto geneem en sien die voël daagliks waar die voël saam met ander gewone mossies kom kos soek. Die voël se geluid is soos ‘n mossie se geluid.

Wanneer op aarde wil MTC nou eendag wakker word en ons tyd op die selfone regstel?

Swakopmund munisipaliteit. Wanneer kry ons ook koopwater asseblief? En dankie.

Diegene wie die Via Dolorosa (Stations of the Cross) wil saamstap op Goeie Vrydag, wees in Döbra 8 voormiddag.

Het dameswintertruie. Skakel 081 616 5755.

Joos Platt, ek lees in SMS-kolom jy is 60. Geluk. Welkom in die seniorburgerklub. Brille en pille -terrein. Alle voorspoed.

Soortgelyk

 

Etosha Sondagmiddag deur aardbewing geskud

6 ure gelede | Omgewing

Ronelle Rademeyer - ’n Aardbewing van 4,7 op die Richterskaal het Sondag om 16:42 in die Etosha nasionale park voorgekom.Me. Gloria Simubali, adjunk uitvoerende direkteur...

Is groot Beethoven-feesjaar van die baan?

6 ure gelede | Kuns en vermaak

Groot feesvierings is wêreldwyd en veral in Duitsland en Oostenryk beplan ter herdenking van die komponis Ludwig van Beethoven se 250ste geboortejaar. Elretha Britz van...

Naam bekend van Namibiër wat in Engeland aan Covid-19...

6 ure gelede | Gesondheid

Ronelle Rademeyer - Die Namibiër wat Saterdag in Nottingham, Engeland, aan die coronavirussiekte (Covid-19) dood is, se naam is bekend gemaak.Hy is die 56-jarige mnr....

Paspoorte: Lorriedrywers kry voorkeur

7 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Die ministerie van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit het by monde van sy woordvoerder, mnr. Sakeus Kadhikwa, ontken hulle reik tans...

Meer as 3 000 vir Covid-19 getoets

8 ure gelede | Gesondheid

Die adjunkminister van gesondheid en maatskaplike dienste me. Esther Muinjangue sê 3 186 weefselmonsters is tot op hede vir Covid-19 getoets. Namibië het tans 21...

Moody's-klap voor begroting

18 ure gelede | Regering

Jo-Maré Duddy – Op die vooraand van finansminister Iipumbu Shiimi se debuutbegroting sit die regering nie net kniediep in die rommel nie, maar verskraal sy...

Kwarantyn-drama ry lorriedrywers

18 ure gelede | Gesondheid

Leandrea Louw op Walvisbaai – Die vragmotorbestuurder wat die afgelope naweek positief vir Covid-19 getoets het, sê sy voormalige werkgewer het hom en sy kollega...

Man voor hof ná 'hardhandigheid'

18 ure gelede | Misdaad

Denver Kisting – 'n Inwoner van Groot Aub, mnr. Richard Davids, wat aanvoer 'n beampte van die stadspolisie het hom verlede week aangerand, is Vrydag...

Weer, Dinsdag 26 Mei 2020

18 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Koue tot baie koue toestande word in die Suide, die Weste en oor die Khomas- en Omahekestreek verwag. Tref voorsorg.BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en koud...