SMS'e vir 15 Oktober 2018
SMS'e vir 15 Oktober 2018

SMS'e vir 15 Oktober 2018

Dani Booysen
Ek dink die meeste mense is nie gekant teen wat die regering besluit nie, solank hulle oortuig is dat dit in die lang termyn volhoubaar sal wees. Als is goed, maar o, die skelmgeit en korrupsie maak my siek!



Skrik wakker, mense. Ek stem met leser oor munisipaliteitlesings. Ons moet nou vir die gemors opdok, want hulle moet verhogings en jaareindebonusse kry. Hulle moes met die watermeters gepeuter het, want hoe verduidelik jy die dubbele gebruik wat lei tot dubbele rekening as ek helfte van Julie nie in Windhoek was?



Grondhervorming: President Hage kan ook 'n ondersoek laat doen na ryk kommunale boere wat die kommunale area vertrap met hul honderde beeste en wat weier om kommersieel te gaan. Dan nog hoeveel kommunale boere besit reeds kommersiële plase en bewei nog die kommunale gebied ook. Beteken dit nou om die kommunale gebied uit te brei dat die groot kommunale boere nou nog meer beeste kan aanhou? Die president moet oppas dat die gieriges hom nie uitbuit nie.



Hoe nou? Samewerking met China oorweeg: visserye sodat hul nog meer vis kan “poach”? Finansies belastinginvordering? Weerstasies by skole? Veiligheid en terrorisme? 100 amptenare vir Teenkorrupsiekommissie? Is dit 'n grap? Gaan hulle nou ons land regeer tot hul voordeel? Hoe blind is ons “politicians”? Of is dit ons wat verblind word?



Wonder net hoe CoW 'n riooltender gaan toeken vir 86 miljoen aan 'n kontrakteur wie se maatskappy eers 'n paar maande gelede geregistreer is en dus nie aan die vereistes voldoen, terwyl daar baie goedkoper tenderaars is met jare ondervinding. Iets ruik nie lekker.



U wat praat van slaan hom vuurwarm as hy nie samewerking gee nie – ek soek u asb. saam met die polisie in die hof.



Nee, minister Schlettwein. Ons belastingbetalers wil nie ons kant bring nie. Ons het nie die land in die gemors laat beland nie.



Umpi Calle Schlettwein wil WEER hê SLEGS die arme, getroue en reeds holruggeryde 98% van belastingbetalers moet die sinkende skip red. Met die horde wat nie WIL betaal nie het hy vrede! Etsé, lekker nè? - SAP&H



“Almal moet Jan taks help”, 12 Okt. Oom Calle, julle gee alles vir die Chinese. Betaal hulle ooit taks? Oppas dat ons nie dieselfde paadjie as die Zambiërs loop nie. Zambië kan nie hulle skuld aan China delg nie. Nou het China die meeste instansies oorgeneem. Maak oop julle oë. China wil die hele Afrika inpalm. So bly ons maar net in nog skuld by hulle. Een van die dae heet ons Namchi.



Die matrieks se “Biology Higher Level” vraestel was 'n absolute skande. Net grafieke en baie min biologie is gevra. Wie stel die vraestelle op? Dit is beslis nie bevoegde eksaminatore nie. Wat help dit dat die leerlinge die werk ken, maar niks daarvan word gevra nie.



Wat op aarde kan 'n spreker uit Zimbabwe ons kastig kom leer oor grondhervorming? Kyk in watse chaotiese krisis is 'n voorheen welvarende Zimbabwe vandag gedompel. Geen geld, geen brandstof, geen kos, geen werk, geen mediese sorg, geen sanitasie. . . GEEN HOOP! Is dit die pad waar ons leiers Namibië op wil vat?



Op Aroab is van die inwoners in rep en roer. Hulle huishoudelike items is deur die balju opgeskryf vir agterstallige dienstegeld verskuldig aan die dorpsraad. Van ons mense verdien tot en met N$20 000 Namibiese dollar, maar hulle betaal nie. Ons is gewaarsku per brief deur die “Council” dat die rekeninge oorhandig sal word en nou wil die persone wat kan betaal ons dorpsraad afhaal. Wil jy nou meer.



Dagsê. Ek wil ook net aansluit by mnr. Paul Stramis se brief in Republikein van 12 Oktober. Ek en my suster het ook SMS'e gekry ná my broer se doodsberig ook in die koerant was met ons kontaknommers. Ek soek by my suster krediet en sy soek weer by my van 'n vreemde nommer af, maar gelukkig het ons eers kontak gemaak met mekaar en toe agtergekom dis swendelars. So mense, wees gewaarsku.



In plaas van blomme uitvoer, moet ons dalk liewer sjebeens, “car washes” en “hair saloons” uitvoer. Daarvan het ons mos meer as genoeg.



My hart het in stukke geskeur vir daai moeder wat vertel het van haar seun wat haar soveel hartseer veroorsaak. Soveel so dat sy nie eens wil hê hy moet sand op haar graf gooi nie. Moenie opgee nie, mevrou. Bly bid en ek is seker daar is baie moeders wat saam met jou bid.



Die brief oor “'n Ma se seer”. Moedertjie, ek voel net soos jy en glo my, daar is baie ander ma's wat sit en huil soos ek en jy. Dis nie maklik nie, maar om jouself teen seerkry te beskerm, is daar net een oplossing voor: Bid dag en nag dat God jou sal losmaak van hulle, want hulle verdien jou nie. Ek is ook daar. . . en het my eie lewe probeer neem. Ek het aanhou vra dat ons Vader my moet losmaak. Dit het lank gevat en party dae verlang ek nog, maar ek is los. Laat hulle gaan, dierbare vrou. Jy sien, hulle skink vir ons 'n drankie wat hulle eendag self sal moet sluk.



Wat 'n seën! My gemoed opgekikker - net soos oor reën. Ek verwys na Cobie Bok se bydrae in “Sê maar net”. So anders. Mens wil vertrou dat ons dagblad hom meer dikwels die kans sal gee om sulke opbouende bydraes te lewer. Dankie, Here! – Pietrossi



“Nurse” verwyder baie siek pasiënt se drip en hy sterf 12 ure daarna en sy sê dit is goed hy het gesterwe. “Nurse” sê ek as verlamde is 'n “lodger” in die hospitaal toe ek 'n “student nurse” vra om my te help.



RUL se surplus moet gelyk gedeel word onder al die ou werkers.

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.82 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.88 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.66 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1303.34 | USD to ZAR 18.88 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.82 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.88 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.66 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1303.34 | USD to ZAR 18.88 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%