SMS'e vir 15 Maart 2019

15 March 2019 | Menings
Teetyd in hospitale: Ek hoop van harte dat die verbod ook van toepassing is op die hospitaalpersoneel. Dit is van al die tee, koffie en koekies wat die ou spul so traag is om te beweeg, en die mense is gewigtig.

Voedselbank nie volhoubaar in koerant van 14 Maart 2019. Dit is presies dieselfde geval met onderwys. Om ’n leerder in ’n goeie staatskool in Suid-Afrika te sit, kos ongeveer N$37 000 per jaar. Ons ekonomie is baie kleiner. Die regering moet asseblief hulle fout erken dat gratis onderwys ook nie werk nie. Bring verpligte skoolfonds terug. Dit is al manier waarmee ouers, kinders en onderwysers verantwoording sal vat vir ons kinders se toekoms.

Voorwaar, die tronkinwoners is ’n spesiale klomp wetsgehoorsame burgers en pasiënte in hospitale se tee en koffie word ’n taboe, wyl misdadigers dit steeds sal geniet. Jy kan van die oggend af by die wagkamer wag vir aandag van dokters. Na 3 namiddag kom bandiete by hospitaal in gebring, hulle word onmiddellik gehelp en ander moet wag tot die volgende dag vir aandag. Wat ’n g*tomkeer-wêreld. – Keetmans

Dankie, diegene vir die ondersteuning én kritiek in Roger se geval. Die gereg moet sy gang gaan. Dis moeilik, maar ons vertrou die Here sal ons deurdra. Baie ander is ook aan die euwels uitgelewer, maar dis nie so prominent nie. Hopelik kan ons die goeie hieruit pluk en die euwels in ons gemeenskappe aanpak. Dankie weereens. - Robbie Thompson en familie

Geweld in skole, ouerliefde, dissipline en respek vir ander is baie belangrik vir stabiliteit. Daar is te veel kinders sonder stabiele huise en teenwoordige vaders. Kry bogenoemde in plek anders kan skole gesluit word, want geweld sal toeneem, omdat menseregte uit verband geruk word.

Areas in Olympia now without Internet for 24 hours, Wednesday 13 March 2019. Still no end in sight. Surely somebody owes the public an explanation. How about a press release?

Is dit wettig van Rehoboth-polisie om ’n video van ’n persoon wat gevang is op Facebook te plaas?

Ek is op soek na die geel boormasjien van Mariental. Hulle het jare gelede op my plaas geboor. Soek ’n kontaknommer asseblief.

Ek stem 100% saam met Johan Badenhorst van Voetspore-faam in Suid-Afrika. Hy sê as jy in Afrika na donker bestuur soek jy jou dood. - Sarel Verhoef

Die Woord sê ons moet nie die sondaar haat nie, maar die dade haat. Moet ook nie deel word van sondige praktyke nie. Ons moet op ons knieë bly en God om genade smeek oor wat sy kroonskepping, die mens, in die wêreld wil regverdig en nie na Sy wil vra nie. Hartseer.

Dit is ontsettend diep teleurstellend, om te lees hoe gelowige mense sonder enige respek en geen gevoel teenoor ander mense optree. Baie hartseer

Al jul mede-Christene wat hier lees. Hier is ’n helse dwarrelwind aan die waai deur ene kerkgemeenskap. Dis droog en warm. Tolbosse waai doelloos heen en weer tot teen heinings van ontkenning en stilswye. Ons almal (Christene) is dors. Marelize, dit lyk of jy en jou ma dalk ’n lafenissie het wat kan help, want julle is so mooi viral. Dié kerk het met leë, lekkende kruike gaan uitkoms soek by ’n wêreldse geregtigheid en hul rug gedraai op die Fontein van Lewe. So van dors gepraat. Aan die kruis van Golgotha het Hy geken van dors. - Pietrossie

Dankie vir Siele vir Jesus Restorasiesentrum wat by Brakwater oopgemaak het en wat ons mense geestelik kan help wat so gebreek is deur hierdie dwelms en drankmisbruik.

Kan iemand vir my sê of die plekkie wat in die Grüner Krantz gebou was met al die ou, ou meubels en ander oudhede geskuif het. Bestaan die plekkie nog en is daar iewers nog van die oudhede te besigtig? Asseblief, as iemand weet, laat tog van julle hoor.

In Blok F is my asdrom vir drie weke nie leeg gemaak nie. Die handjievol straatligte wat in die dorp is, werk ook nie. Wat gaan aan Natalia, is daar nie geld vir bulbs nie? Ai regering, julle is useless. Die land gaan deur krisisse en die president is tjoepstil.

Kan iemand asseblief iets doen by Olympia se poskantoor, agterkant by die posbusse. Ek staan vanoggend in urine om pos uit te haal en dit is baie vuil! Het reeds brief ingehandig by munisipaliteit, maar niks word gedoen.

Ek wil graag weet, of daar nie ’n wet is wat ons kinders kan beskerm teen ’n sekere kerk wat aandring op “tithes offerings” etc. Die pastoor, bekend as hul “spiritual father”, WhatsApp die jongmense vir geld. Die kerk bestaan hoofsaaklik net uit jongmense. Ek kan nie toekyk hoe my kind finansiël so verwoes word.

Dear CT Tiboth. Thank you for your letter in Republikein. I am impressed by your information on ELCRN matters. However, you are quiet on the issue of the constitutional requirements for the ages of Bishop candidates. Are you choosing to be quiet on purpose?

Aan almal wat hulle nou so slim uitspreek teen die sondige natuur van die homoseksuele mense, klim af van jul troontjie. Ons is almal sondig, die ou omies en predikante ook. Gaan lees gerus Matt. 5:27. Moenie te vinnig oordeel nie, julle staan dalk self agter die deur.

Ons moet bid vir Roger, veral ons moeders. En sê maar net dankie vir die Here as jou kind nog nie daar beland het nie.

Hoe kan Katrina Hanse-Himarwa haar onderdane vermaan oor onetiese, korrupte praktyke as sy haarself na bewering hieraan skuldig maak? Sy is geen voorbeeld vir hulle. Praat van dubbele standaarde!

Kan nie glo die kerke wil hul probleme in die koerante uitbasuin nie. Liewe aarde! Dis tog regtigwaar nie die plek nie. En buitendien, moet julle almal nie vergeet nie “love your neighbour like yourself”. As ’n godsdiens jou aanhits om iemand te haat of nie te aanvaar nie, is dit dalk tyd vir ’n ander een.

Soortgelyk

 

Noa verduidelik ACC-prosesse

8 ure gelede | Howe

Denver Kisting – Nadat ’n bewering oor ’n goewerneur se beweerde korrupte optrede in die openbare ruimte beland het, was die Teenkorrupsiekommissie (ACC) genoop om...

Psemas stop uitbetalings

8 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht – Die administrateur van die staat se mediese fonds (Psemas) het opgehou om eise vir betaling te verwerk. Dít nadat die laaste betaling...

Dis nou maar wors!

8 ure gelede | Gebeure

Lesers wat in aanmerking wil kom vir die N$15 000 se inkopiebewyse in Shoprite Checkers se “Dis braaityd!”-kompetisie, moet gou speel met hul kiekies. Koop...

Kalender 15 Maart

8 ure gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Die Goethe-Institut vertoon vanaand om 19:00 die fliek Rafiki. Dis die storie van Kena en Ziki in hul soeke na iets...

Weer vir 15 Maart 2019

8 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm tot bloedig warm met enkele donderbuie in die noordweste.KUS: Gedeeltelik bewolk en matig tot warm met miskolle aanvanklik.GETYE...

Hepatitis E slaan kloue op Walvisbaai in

8 ure gelede | Gesondheid

Otis Finck – Die munisipaliteit van Walvisbaai het inwoners van dié dorp gevra om kalm te bly ná ’n uitbreking van hepatitis E bevestig is...

Dié mans staan pa vir hul kinders

8 ure gelede | Kuns en vermaak

Tanja Bause - Foto’s van Namibiese pa’s wat vir hul kinders sorg, word tot Sondag by die Okuryangava-sentrum vir gestremdes uitgestal. Dié uitstalling is moontlik...

Hou houtgerus oor papierwerk

8 ure gelede | Omgewing

Catherine Sasman - Ingeligte bronne sê die onwettige kap van skaars en beskermde bome duur in die verre noordooste van die land voort ondanks die...

Namibië maak stem dik

8 ure gelede | Kuns en vermaak

Eerskomende Saterdag sal die Windhoek Buitekluboord en Kasino die finale ronde van Voice of Namibia aanbied. Die kompetisie skep 'n platform vir jong, opkomende sangers...