SMS'e vir 14 Januarie 2019

14 January 2019 | Menings
Elisenheim water, riool en krag probleme en die pad nog steeds nie geteer. In plaas van om huidige dienste reg te kry, diens hul net nog erwe, seker geld nodig vir nuwe Bentley.



Ten spyte van Elisenheim se onlangse groeipyne, bly dit 'n heerlike, veilige blyplek, weg van die stadsgewoel.



Gaan die bestuurder van die motor, wat by Windhoek teen 'n blinde hoogte verbygesteek en die dood van 'n Suid-Afrikaanse egpaar veroorsaak het, ook van moord aangekla word?



Iets klink nie lekker nie. Die ongeluk op die lughawepad, hoekom het die ander kar weggery? Vra maar net.



Polisie-brutaliteit: Okahandja. Die Stasiebevelvoerder wat in beheer was, moet krimineel van aanranding aangekla word en geskors word, indien die ondersoek dit bevestig. Die ondersoekbeampe moet sy werk deeglik doen en ek hoop die bronne word genader vir getuie verklarings.



Let the experts handle your power problems. Call Erongo Red. They can't even wire up a Christmas tree without burning it down. Par for the course!



Suid-Afrika en Namibië is nou in 'n gemors onder die huidige ANC en Swapo “governments”. Hulle bly maar onbevoeg om 'n land te regeer. Sies, wat 'n skande!



Het Duitse kinderboeke beskikbaar. Kontak 081 616 5755.



“Katrina reeds geoffer”: Swartbooi (10 Januarie). Nee Bernadus, leier van die landlose, laat die dooies die dooies begrawe asseblief ou neef. Konsentreer op die komende verkiesing. Ons moet diè magtige party verras. - M.R.



Met medisyne wat kodeïen bevat net met 'n doktersvoorskrif beskikbaar, word net een persoon bevoordeel, jou huisdokter! Hulle lag al die pad bank toe!



Ek het 7 jaar terug my MB ChB graad behaal. Dit het 12 jaar hard leer geverg en nog harder om my studie skuld af te betaal, om rede ek uit 'n familie wat dit nie breed gehad het nie gekom het. Ek is nou hier om geld te verdien uit my beroep. Ek is nie 'n Maatskaplike werker of Sendeling nie. As ek nie in die nuwe ­Suid-Afrika kan bestaan nie, gaan ek waar ek wel kan. - John Stramos



Ek verstaan nie vir MTC nie. Al het jy Aweh op, dan vat hul jou “credit” by elke oproep, wat jy maak. Dit is mos nie reg nie? Nee wat dis te erg!



Daagliks sterf onskuldiges en nog sien jy nie 'n verkeersman wat iets anders doen, as spoed vang nie (vir die “bribes”). Doen asseblief 'n slag julle werk!



Hentiesbaai is lekker, Hentiesbaai is soet. Hentiesbaai lê vol van homself in jou bloed. Trek maar soontoe, selfs sonder kos, die plekkie by die see sal jou van die geroesmoes verlos. - Driesie



As jy 'n krimineel is mut jy soos een behandel word. Moenie genade verwag nie. Julle vernietig ons land se mooi reputasie. Vat jou punch.



By jou en my, en by die res Namibiërs word daar 'gevat' as ons 'n braai, troue, begrafnis, vergadering, konferensie en alle ander byeenkomste hou. Ons leef holderstebolder want (“don't worry”) die kis wag mos opi solder. Ja, moenie geld op daklek mors, want môre skyn die sonnetjie mos! Geld oor melk wat styg word oor geraas, maar watwou die voggies bly baas! - Koos Wye Voete alias KWV



Die nuutste Namibië gier. Spog met jou groot vis op Facebook en sê jy het hom terug gegooi.



Elke ligsinnige geskerts, bespreking of geselsie deur 'n skerp persoon dra altyd 'n baie fyn boodskap, teregwysing of waarskuwing. Dit sal egter slegs deur ander skerp persone gesnap en waargeneem word. Intellegensie speel hier tweede viool. - SAP&H



Ek is vir 32 jaar in die onderwys. Kan niemand sien dat NIED in Okahandja meer skade aan ons onderwys doen, as wat hulle goed doen nie??

Huurder trek in vanaf eerste dag laat staan sy die vensters dag en nag oop wind waai stofstorms maar sy is min gepla solank sy wind kry. Ek het spesifiseer in kontrak om dit nie te doen nie. Sy het ook 'n waaier.



A time will come when instead of shepherds feeding the sheep, the church will have clowns entertaining the goats.



Die man met die wit BMW het sy lisensie gekoop, daarom weet hy nie wat is die betekenis van 'n solide wit streep nie.



Sies ga! Hosea Kutako se publieke toilette is naar. Vuil, sonder slotte en sonder papier, krane wat drup en vuil vloere. Nes die res van alle staatsdiensinstellings.



Maak die boete meer vir diegene wat te veel vis by hulle het of as die visse nie die regte grootte is nie. Dis al hoe mense sal luister. Net soos die stewige boetes wat betaal moes word vir diegene wat onder die invloed bestuur het. Dit was 'n goeie ding. Baie dankie aan ons verkeersafdeling!!! Die heel beste ding sal wees as 'n persoon onder die invloed bestuur, vat sy lisensie af vir 6 maande!! So ook as hy die spoedgrens oortree en nalatig of roekeloos bestuur. Dis al hoe hulle sal luister.



Daaglikse sterf onskuldiges en nog sien jy nie 'n verkeersman wat iets anders doen as spoed vang nie (vir die “bribes”). Doen asb. 'n slag julle werk!



Raad vir diabetis. Gooi 3 fyn knoffel huisies in 1 liter whiskey, laat trek 4 dae op warm plek. Drink soggens 1 teelepel voor ontbyt. Aldus boek, God se apteek, het mense al totale genesing ondervind. - Johan van Heerden

Soortgelyk

 

El Niño sneuwel dalk

7 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh - Namibiërs kan hulself staal teen heelwat meer koue weer in die volgende weke. Terselfdertyd het weerkenners ook goeie nuus oor verswakkende El...

Hulp stroom in vir Swartze

7 ure gelede | Mense

Tanja Bause – Namibiërs, veral Windhoekers, het gister hul harte oopgemaak vir ouma Katrina en oupa Jacobus Swartz, asook hul ses kleinkinders wat wees gelaat...

SME Bank:‘Geldversender’ in kollig

7 ure gelede | Plaaslik

Catherine Sasman – Me. Kalandra Viljoen, ‘n voormalige eienaar van Asset Movement Financial Services CC (AMFS), ‘n maatskappy wat ‘n yslike N$78.9 miljoen glo uit...

Weer vir 27 Junie 2019

7 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en matig tot warm in die Suide en sentrale gedeeltes. Elders sal dit sonnig en warm tot baie warm wees.KUS: Gedeeltelik...

Geingob grom oor Erindi

7 ure gelede | Plaaslik

Denver Kisting Pres. Hage Geingob het gister gesê Namibiërs moet ophou om beleg­gers met hul gedrag te verjaag.Volgens die staatshoof kan ­inwoners meer doen om...

Geen uitbreking van varkgriep

7 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Namibië beleef tans ’n toename in die aantal seisoenale H1N1-griepgevalle, met sewe bevestigde gevalle van die siekte wat reeds aangemeld is. Vier...

Vermeende stroperysindikate in hof

7 ure gelede | Howe

Francoise Steynberg - Ondanks optogte en petisies van die Outjo-gemeenskap is ses vermeende renosterstropers gisteroggend in die landdroshof op borgtog van N$10 000 elk vrygelaat....

Moordsaak teen plaaswerker uitgestel

7 ure gelede | Howe

Denver Kisting – ’n Maand nadat die plaaswerker mnr. Lukas Kaskas Kashonga glo twee mense enkele ure ná mekaar in die Rehoboth-omgewing vermoor het, het...

Cites-beraad na Genève verskuif

7 ure gelede | Omgewing

Francoise Steynberg - Die Konvensie vir die Handel in Bedreigde Spesies (Cites) se 18de beraad is weens veiligheidsredes van Colombo in Sri Lanka na die...