SMS'e vir 13 September 2019

13 September 2019 | Menings
Baie dankie aan die PSN dat julle die onsinnige verbod op sekere pynmedikasies ter syde probeer stel! Dit is gewis in belang van die Namibiese publiek. Pynmedikasie word van lydende pasiënte weerhou. Besef u hoeveel pyn-lydendes daar is?

Ek wil graag vra wanneer gaan die finansiële krisis in Namibië ’n einde kry? Is daar nie mense wat nog steeds geld uitmergel uit die government nie? En hoekom moet die government sy werkers op alle vlakke toelaat om kontrakteurs te word. Maak nie saak of iemand sy bates en ander werk met inkomste verklaar nie. Persone wat in die regering werk, moet glad nie toegelaat word om werk met vergoeding buite sy werk by die regering te hê nie, sodat ander mense buite die regering en veral daardie wat totaal nie werk het nie, ’n volle kans kry om kontrakte te kry. Dit sal regverdig wees vir almal. Regeringswerkers het werk en word daarvoor betaal. Hulle moet hulle eerder toespits op hul werk en die beste daarvan maak. Of nie so nie, moet hulle uit die regering gaan en kontrakwerk gaan opneem. Dit is tyd dat daadwerklike pogings aangewend moet word, om hierdie saak ernstig te bekyk. Gierigheid ken nie perke nie.

Ek het so pas my TV-lisensie betaal. Kan ek my geld gaan terug vra?

Wees nie bevrees nie, die NBC sal gou geholpe raak wat geldsake betref. Dit is amper verkiesingstyd en soos in die verlede misbruik Swapo dit as hul propoganda-spreekbuis.

Die mense kan SMS’e stuur teen die regering se verkeerde, swaksinnige idees en optredes, dit sal niks help nie. As die land ’n regering het, wat alles doen om chaos te veroorsaak en die land oor die afgrond te stoot én hulle dink hulle optredes is reg, laat dit dan maar so wees. Geen gebed, nie eens daardie Eerwaardetjie van Midde-Afrika sal hierdie goddelose regering se idees, besluite en opinies laat verander nie. God sien en weet van alles!

Twee politieke helde wat op 12 September wreed vermoor was deur die Apartheidsmasjienerie. Een swart, die ander een wit. Ek doen ’n beroep op die regering van Suid-Africa en die Namibiese regering om 12 September as ’n nasionale dag te verklaar, genaamd Biko/Lubowski-dag.

Vandag was jy soos ’n hond afgemaai. Koelbloedig doodgeskiet, omdat jy beginsels gehad het. Rus sag kameraad. - John

Sal graag wil hoor van City of Windhoek. Brakwater, ’n woonbuurt ouer as 25 jaar plus. Nog steeds geen dienste, maar rates & taxes skuif van N$340,00 per maand na N$3500,00 per maand. Waar is ons krag, water, straatligte, ens. . .

Wanneer gaan die groen paspoortboekies kom?

So poseer sewe homo sapiens al grinnikende by die karkas van ’n swart renoster in Republikein. Al grillende het ek ’n prentjie van bosluise wat ’n dooie dier verlaat, gesien. Tragies! - Peet Venter Snr

President se skoene lyk regtig stowwerig op gister se agterblad. Kla staatshuis se poetsmannetjie (skoenier) aan vir ernstige pligsversuim. - Oupa Peet

Hoe de ongeluk 31 spelers en 16 beamptes na Wêreldbeker. Dit skree ten hemele! Rugby-unie en regering finansiël in die knyp en dan mors hulle so. Soustrein stoom voort.

Stop skooluitstappies met busse asseblief. Kry ’n alternatief. Daar is ander maniere om prefekte te werf; ons kinders se lewens is op die spel.

Koelieb is nie die Kaptein van /Khowese Clan nie.

Ek wil net vir die Damaras en Namas sê, hulle moet op hou drink en grappies maak. Kyk rond om julle en trek op jul kouse. Eto! Tao tagego aritse tis ge /hôasa ge mî.

Verstaan ek Afrikaans dalk verkeerd? Vandag se Republikein. Vier jong meisies verkrag, een oorlewende is 11 jaar oud, so dit klink vir my die ander drie is oorlede? Verskoon my as ek dalk verkeerd gelees het.

Kan iemand dit verklaar? Is UK PM en US PM broers of familie? Voëls van enderse vere? Haha!

Soortgelyk

 

Studie werp lig op geweld

5 ure gelede | Misdaad

Me. Dianne Hubbard reik vanoggend die Regshulpsentrum (LAC) en die Hanns Seidel-stigting se studie oor die gebruik van geweld deur wetstoepassers in Namibië uit. Sy...

Eksamen 'nie 'n mooi prentjie'

17 ure gelede | Ministeries

Henriette LamprechtNet drie uit meer as 400 mediese studente het 'n onlangse eksamen vir internskappe geslaag.Die betrokke eksamen word deur die Raad vir Gesondheidsberoepe (HPCNA)...

Ou liefde roes nie

17 ure gelede | In beeld

Op 31 Januarie vanjaar het tannie Igna (78) en oom Piet (84) Liebenberg 61 jaar gelede in die NG kerk op Mariental ewige trou aan...

Waarskuwing dat Kunene dalk oorstroom

17 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh - Gemeenskappe wat teenaan die Kunenerivier woon, is gister teen moontlike oorstroming gewaarsku.Dit omdat die rivier by Ruacana teen 1 136,7 m³/s gevloei...

Kalender 14 Februarie

17 ure gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Joe’s Beerhouse bied vanaand ‘n Valentynsgeleentheid aan. Komplimentêre sjokolade sal uitgedeel word, en ‘n professionele fotograaf sal jou en jou metgesel...

DHPS hou makietie

17 ure gelede | Kuns en vermaak

Die Deutsche Höhere Privatschule hou op Saterdag 29 Februarie ’n Career Fair and Summer Festival.Die loopbaanekspo, voorheen bekend as Opedag, gaan hierdie jaar ‘n nuwe...

Paratus en stadsraad stamp koppe

17 ure gelede | Regering

Yolanda Nel - Werknemers van die telekommunikasiemaatskappy Paratus wat gister besig was om gate in die hoofstad te grawe om veselkabelverbinding aan te lê, moes...

Weer, Vrydag 14 Februarie 2020

17 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm tot bloedig warm in die Suidweste en Noord­ooste. Elders gedeeltelik bewolk en warm tot bloedig warm met enkele tot geïsoleerde...

For the love of research

17 ure gelede | Onderwys

Michelline Nawatises Chiku Getrude Mnubi-Mchombu completed her secondary education in 1978 and obtained a certificate in librarianship in Tanzania in 1981. She then worked...