SMS'e vir 13 September 2018

13 September 2018 | Menings
Wat op aarde maak dit saak as die Chinese lening se rentekoers net 2% is, maar die N$ bly verswak teen al die geldeenhede? Met die verswakking in die ruilwaarde van die N$ in die laaste paar maande het die N$ waarde van al ons buitelandse lenings en die rente wat ons daarop moet terugbetaal 20% groter geword. Die enigste tyd wat dit voordelig is, om geld te leen in die buiteland is as jy weet jou geldeenheid se ruilwaarde gaan dieselde bly of gaan versterk teen die buitelandse geldeenheid.



Hospitale sonder kos en pille, so iets het nooit gebeur voor onafhanklikheid nie.



Land verkoop: Die land is klaar verkoop as die president dit nog nie weet nie, dan is dit seker 'n geheim. Miskien moet die president 'n bietjie stadiger in die land rond ry en onbeplande besoeke aan boupersele bring en sien hoe sy voorwaardes verkrag word en die mense van Namibië deur sy vennote behandel word. President, jou vennote suig ons land leeg en dan noem ons die trippel terugbetaal. Oom Calle, koop asseblief 'n beter “calculator”. “Not made in China.”



Prys die Here dat die dwelmsmouse borgtog geweier is. God is goed. Is die 412 kg dwelms nog in polisiebewaking, of net die helfte, of net 'n kwart, of boggerol? - Pietrossie



All Blacks support club. Not one Kiwi amongst them. Why not start a support club for Namibia Rugby?



Ek vra maar net. Begin van die kwartaal was dit duidelik gestel dat die skoolkinders nie meer winterklere aantrek nie omrede dis somer en die skool begin 07:10 en 07:20 word die hekke gesluit, maar nee, die onderwyser kom 08:30 klasse toe. Ouers kom "drop" hul arme kinders vroeg voor toe deure. Is dit veilig? In wie se toesig los u die kind? Sien die skoolhoof dit nie? Ek vra maar net? Ek voel jammer vir die graad 1-kinders. Ons arme siele. Nee! Skoolhoof doen iets! - Ongelukkige ouer.



So another big shot commits (alleged) suicide after being exposed and investigated for millions in (alleged) crimes eg. Fraud, money laundering, corruption, gratification etc. Another example of doing the crime but no guts to face the consequences?



Iemand het blykbaar 'n probleem dat sy seun nie Cravenweek gekry het nie, of wat? My pa Henning was vanaf 1975 tot 1990 afrigter by Suidwes, slegs 25 jaar - nie eeue nie - en van toe tot sy afsterwe in 1996 vir Namibië. Hy was suksesvol as "reconciliater" volgens mnr. Hage Geingob, toe beskermheer van die Namibie Rugby-unie. "People say that black poeple do not want to play rugby , I (Henning Snyman ) am telling you they want to because it is an adventurous sport. They are not scared to get hurt because they are brilliant athletes." Aangehaal uit 'n artikel in die Times of Namibia in 1991. Ek herhaal: Hy was nooit betrokke by Cravenweek nie. - Henning Snyman Jnr.



A teacher must ensure and work towards success for each child in his or her classroom. No need for parents to send their children to these money making schemes like people starting exams preparation after school centers. You can access “Google web site like learn.mindset.co.za” for all subjects.



Wanneer kry ons "civil servants" die verhogingsgeld?



Ontvang 'n SMS wat lees “Dial *101*7# now for daily prayers of comfort courage and hope at only N$1 per day subscription. T&Cs Apply. For more great content visit http://mymtc.mobi”. Jy kan nie gebede koop nie, dit is nét 'n geldmakery én 'n heidense praktyk.



Stem 100% saam met die SMS wat sê dat Tafel Lager, oftewel die Namibiese Brouerye, eerder Namibiese klubrugby kan borg in plaas van Maties. Klubrugby het al vir jare nie enige borg nie! Groot asseblief, NBL!



Baie dankie Kaptein S. J. Witbooi vir laas Saterdag se stamvergadering. Hierdie minderheidsraadslede wat jou kapteinskap beveg het onder-kaptein C. Rooi sterk verneuk en dié ouman gebruik om Namab te besteel. Kan ACC bietjie ondersoek instel asseblief.



MTC ek het nou N$5 opgesit. Eto! Julle vat my geld sonder dat my SMS deur is. Skaam julle! Vat 'n pensioenaris se geld. Eto julle!



Ons wil graag weet wanneer betaal ons skool op Rehoboth die onderwysers. Dis al maande agterstallig!



Ag Henry, moet jou nie steur aan jaloerse mense nie. Jy is 'n uitstekende afrigter. - Naartjie rugby-ouer



Ek wil julle nie op jul senuwees maak nie, ek wil net hê ons moet bedag wees. My ma en my pa het gisteraand by 'n man wat met kindermisdaad hier in Windhoek werk gehoor hier is glo 'n groot netwerk in Windhoek en Otjiwarongo wat veral kinders steel (verkoop). Hulle noem dit glo “rape and kill”. Hulle gebruik dan kinders vir pornografie en maak hul dan dood. Vir my ouers gesê mens hoef nie eers jou kind te soek nie, want jy sal hom nooit kry nie. Hul glo op hul spoor. 'n Man se foon gekonfiskeer toe kom hul op boodskappe af waar hy foto's van twee klein kindertjies (seuntjie twee, dogtertjie vier) aanstuur en pryse daarby. Seuntjie N$20 000 en dogtertjie N$40 000. Hul betaal werkers om inligting te gee oor kinders. Hy sê dis 'n groot, siek bedryf en Windhoek is baie erg! Hou maar jul "kids" veilig, ek weet nie wat word van die wêreld nie? (Dit was op 'n buurtwaggroep hier in Windhoek.) Mense, is dit waar?

Soortgelyk

 

ACC soek vir Rooies

12 ure gelede | Misdaad

Denver Kisting - Die Teenkorrupsiekommissie (ACC) het Maandagmiddag ’n verklaring uitgereik waarin hy die publiek vra om te help om die oudlanddros, mnr. Rooies Mostert,...

Ma, seun van Reho in hof ná tref-en-trap

18 ure gelede | Howe

Denver Kisting – ’n 45-jarige ma van Rehoboth verskyn na verwagting vandag saam met haar tienerseun in die landdroshof op dié dorp.Dít kom nadat die...

Hondelewe vir stropers

1 dag gelede | Ministeries

Francoise Steynberg op Waterberg - Pas ná die ministerie van die omgewing en toerisme met die opleiding van hul honde-eenheid teen stropery begin het, het...

NBC verdrink in skuld

1 dag gelede | Tegnologie

Augetto GraigDie voortslepende arbeidsgeskil by die nasionale uitsaaier (NBC) besorg mnr. Stanley Simataa, minister van inligting en kommunikasietegnologie, hoofbrekens, het hy gesê. “Die NBC verdrink...

PDM beraadslag oor grond

1 dag gelede | Politiek

Augetto Graig - Die nasionale uitvoerende komitee van die amptelike opposisieparty, die Popular Democratic Movement (PDM), het Vrydagaand in voorbereiding op die komende nasionale grondkonferensie...

Weer vir 14 September 2018

1 dag gelede | Weer

BINNELAND: Meestal sonnig en baie warm. KUS: Gedeeltelik bewolk en koud tot matig met miskolle in die oggend op plekke. GETYE BY...

Noodvoedselbank vir hospitale sonder kos

1 dag gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – ‘n Noodvoedselbank is in die Erongostreek geskep as ‘n tydelike oplossing vir die voedseltekorte wat tans in alle staatshospitale in die streek...

Hoop vir die wilde perde

1 dag gelede | Omgewing

Die wilde perde by Garub in die Suide is ’n vulletjie ryker. Volgens ’n verklaring van die Namibië Wildeperdestigting is die vulletjie se trotse ouers...

Namibiërs trotseer Bolivia se pieke

1 dag gelede | Mense

Elvira Hattingh - Twee kleinneefs, mnre. Gerhard Jacobs en Harmen Potgieter, het onlangs uit Bolivia teruggekeer nadat hulle van die eerste Namibiërs geword het om...