SMS'e vir 13 Maart 2018

13 March 2018 | Menings
Grondkwessie: Baie dankie mnr. Wilfred Wiese vir u baie sinvolle oplossings in u brief van 12 Maart. U kan gerus aan die betrokke minister, eerste minister en ons president stuur. - D Potgieter

Geweld by skole: Waarom verbaas wees? Minister van onderwys Hanse-Himarwa het ook al tereg gestaan op aanklagte van aanranding. Soos de oude piep, so piep de jonge. Skande! - Oupa Peet

Waarom geld mors om iemand aan te stel om redes te soek vir die baie motorongelukke? Die probleem weet almal, dit is die persoon wat die stuurwiel houvas.

Geweld: So iets het nie in ons skooldae gebeur nie! Wat ’n skande! Ons sou summier net daar uit die skool gesit gewees het. Waar het ons opvoeding agtergebly? Ons het trots en respek vir ons skool gehad.

Ek weet nie wat se haatsprake het die vroumense teen die mans nie. Jy moet eers die plank uit jou oë uithaal en dan eers sal jy die ander een se foute raak sien. Pas op laat die dinamiet nie ontplof nie.

Ek hoop “Ministry of Finance” gee nog uitstel vir "incentive" program en betalings. Dit was ’n moeilike jaar wat verby is. Tenders en werke was ingekort, wat beteken daar was nie werk en dus nie geld om "tax" op datum te bring nie. Die regering het nie geld en die inwoners ook nie. Die program moet aanhou totdat daar werk en geld is.

Karasburg dorpsraad! Die paaie van die dorp is uitmekaar. Waar is die tegniese beampte wat julle dorpsraad aangestel het? Die dorp gaan agteruit dag na dag.

Wil graag weet wanneer die munisipaliteit van Windhoek die meer as 10 slaggate in Avisstraat, Avis gaan regmaak.

Hoekom moet ons bejaardes van Karasburg so baie geld vir water betaal? As ons N$500 tot N$600 vir die water betaal, wat het ons oor? As ons nie betaal nie word onse water gesny deur die doprsraad. Die president sorg vir ons bejaardes. President moet kyk hierna asseblief.

Ons ou mense moes maar liewer in die ry by NSFAF gaan staan het. Daar het hulle blykbaar miljoene uitgedeel sonder om eers jou naam te vra. Harambee leef sowaar!

Baie geluk aan Windhoek Gimnasium se 0.19’s wat die skoletrofee by die afgelope naweek se 7’s-toernooi verower het.

Ek wil tog die president vra of polisiemanne mag mense vasboei en slaan? Ek is in my ribbe en in my mag seergemaak en die polisiemanne wil my nie hospitaal toe vat nie, en ons lê met klein sake, maar kry nie borg nie. Ons het nie mense doodgemaak nie. Help ons, president!

Wat soek ou, weerlose mense nog alleen op plase in Suid-Afrika? Jy kan nie in ’n leeuhok klim en hoop en vertrou die leeus gaan jou met die hand groet en saam gesels nie. - SAP&H

Endjala, our Government are not able to feed our small population. How can u come up with such a bad idee of baby making. Come up with something that will help the country my brother!

7’s rugby: Mooi man! Toe gee die "sh.t hole countries" Amerika ’n moeilike tyd! Lekker week vir almal in hierdie mooi land van ons.

Soortgelyk

 

Elfjarige byna ontvoer

21 ure gelede | Misdaad

Henriette Lamprecht – ‘n Elfjarige laerskoolmeisie is Woensdag helder oordag voor haar huis byna deur ‘n groep mense in ‘n motor gedwing en ontvoer. ‘n...

Tendertafel net vir buitelanders gedek

21 ure gelede | Infrastruktuur

Ronelle Rademeyer - Die voorwaardes waaraan kontrakteurs moet voldoen om in aanmerking te kom vir twee reuse-konstruksietenders van byna N$4 miljard, is van só ’n...

Storm los by Unam-eksamen

21 ure gelede | Onderwys

Denver Kisting - Die Universiteit van Namibië (Unam) het teen gistermiddag steeds skouers opgetrek oor ’n eksamen wat eergisteraand skeefgeloop het.Nagraadse regstudente verbonde aan die...

Kalender 21 September

21 ure gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Erfenisweek 2018 is goed op dreef by die Franko-Namibiese Kultuursentrum (FNCC) . Namibië se belangrikste erfenisinstellings het saamgespan om dié...

’n Mannekoor en wyn vir die pyn

21 ure gelede | Kuns en vermaak

Die Windhoeker Männerchor (WMC) en ‘n uitgesoekte groep musikante nooi die publiek na die Wynfees/Winzerfest uit. Dít vind op 6 Oktober by die SKW...

Vanjaar reeds 29 renosters in Namibië gestroop

21 ure gelede | Omgewing

Francoise SteynbergAltesaam 21 swart- en agt witrenosters is al vanjaar in Namibië vir hul horings afgemaai.Uit dié 21 swartrenosters is 13 in die Etosha Nasionale...

Gif in waterkrip dalk stropers se werk

21 ure gelede | Misdaad

Henriette Lamprecht Watermonsters van 'n krip in 'n munisipale kamp wes van Omaruru is vir ontleding na 'n private laboratorium gestuur om te bepaal...

Breek die mure af

21 ure gelede | Kuns en vermaak

Yolanda Nel – Indien die klank van kabaret, Evita of die Rocky Horror Picture Show jou aandag trek, moet jy môre geen planne maak nie.Shades...

Die Kontrak is hier!

21 ure gelede | Kuns en vermaak

Die groot oomblik is uiteindelik hier: VIA (DStv, kanaal 147) en Coleske Artists se splinternuwe TV-reeks, Die Kontrak, waarin die volgende groot Afrikaanse kunstenaar gekroon...