SMS'e vir 12 September 2018

12 September 2018 | Menings
Hage, "Namibië nie te koop nie"! 10 miljard se Chinese lening op ons terme? Chinese moet plaaslike arbeid gebruik? Dat ek nie lag nie! "Politicians" praat nooit die waarheid, blinddoek altyd hul mense. Hoe “stupid” dink die president is ons mense? Die instansie wat die geld gee, maak die reëls, nie Namibië! En China het hul nog nooit aan ons wette gesteur nie, bring hul eie werkers, betaal hul minder as minimum "wage", betaal nie "tax" nie, geld gaan land uit, "poaching rhinos, elephants", ons oeroue woude. Dis 'n belediging as Geingob dink ons sluk sy woorde. Namibië sal nooit die addisionele skuld kan betaal nie. Arme land!



Ek sien in die “vacancy list” vir “teaching posts” 2019 op die laaste bladsy (24) onder andere dat “racially disadvantaged” persone aangemoedig word om aansoek te doen. Wil graag weet, na 28 jaar van demokrasie, hoe doen mens aansoek om een van dié persone te wees? Van die persone wat na onafhank­likheid gebore is, die sogenaamde “born free”-generasie, wie val onder hierdie groep?



Ai! Kan Calle en sy maatjies nie net ophou om nog meer en meer te wil hê! In die verlede was die belastinggelde genoeg om nie net die land aan die gang te hou nie, maar selfs op te bou. Nou probeer jul net gate toestop deur nog 'n bietjie hier en 'n bietjie daar te eis. Oefen tog beheer uit op die wat jul klaar kry en hou op steel. Wie wil dan nog enigsins help as mens hulpeloos toekyk hoe alles geplunder word? Maak oop die boeke, sodat ons almal kan sien wat maak jul met ons geld!



“We must trust China.” President, haal jou blinkers af. Dié mense verkrag ons land en ekonomie. Helfte van die land se bevolking is werkloos en krepeer. Hou op Namibië verkoop. “Cry our beloved country.”



Most teachers if not all who are currently teaching Life Skills have majored in other subjects. We know they get short training on the basics. In Namibia there are professionally trained counsellors though they are not trained teachers. Hon. Hanse-Himarwa: Delink the Life Skills ­position from the Teaching Qualification and employ Pastors and Reverends for Life Skills and Counselling.



Die versekeringsmaatskappye praat van sakevryheid, maar hulle is 'n goeie voorbeeld van hoef dit nie toe te pas nie. Soos kontrakte met paneelkloppers, glasbesighede, ens.



Regering van ons land, kan ons wat eenvoudig nie werk kry, maar skool gegaan het, nie maar ons geldjies teruggegee word nie? Asseblief, in vredesnaam!



Gibeon sal nooit weer dieselfde wees nie. Die Witbooi-familie het 'n fout gemaak. Hulle moes Kaunu teruggegee het aan die Isaack-familie. Ons moet die Witbooi-leierskap na die oorspronklike bloedlyn terugneem, al moet familiename in die toekoms verander. Ek stem dat Levi Isaack as waarnemende kaptein van die "Royal House" die staat se erkenning kry. Beide H. I. Witbooi en Kaptein S. J. Witbooi het nie 'n automatiese opvolgreg nie. Besluit reg en herstel die oudstes in die Koninklike Huis in eer terwyl Levi Isaack waarneem as kaptein.



Wil net baie dankie sê aan die organiseerders van die Shrine-gebedsaand te Otjiwarongo.



Galbraak en “One Nation”. Die waarheid maak seer, nè!



Kan CoW asseblief 'n plan maak met die klomp stukkende karre wat so op die sypaadjies staan in Seeisstraat, Cimbebasia. Mens kan nie eers meer daar ry nie.



Ek wil graag weet wat is die regering se plan met die welsynkinders se verhoging. Die ou mense bly verhogings kry, en van hul gebruik dit tog net vir alkohol en dwelms. Kan jul asseblief iets daaraan doen.



Mnr. Green, u is tog aangestel as HUB van die NRU. Hoe hou u alleen perskonferensies sonder die rugby-administrateurs?



Dear Bishop of ELCRN, Ernst //Gam­xamub. I am writting this with a very hurt heart. Concerning the ­female students of Paulinum from our church who are involved with a married man. It hurts and it's shocking for someone who is being trained to become a pastor doing such things. Please see to this as a bishop.



Dit is jammer om te hoor van die neerlaag wat die o.20's weer beleef het. Dit gebeur wanneer die afrigter seuns kies op grond van wie hulle is en hulle skool. 'n Klomp van die seuns het dit nie eens gemaak vir die kwalifiserende skolesuperliga nie, maar hulle was gekies. Op grond waarvan? Daar was nie eens behoorlike proewe nie. Wanneer gaan die boetie-boetie besigheid stop? Kies seuns op grond van hulle talent. Stop om jong belowende rugby­spelers se druf vir die sport te blus.



Wees baie bedag en hou alle betalingsbewyse aan drs. en spesialiste en mediese fondse. Voor jy jou kom kry, skroef prokureurs en geregs­bodes jou op en dreig jou asof jy 'n krimineel is. Lyk my hulle soek geld!



Andrew Poolman se foto van Colin Peake (10 September) is puik! Geluk.



Lyk my die weerkantoor is tot niet. Dis nie eintlik 'n groot verlies nie. Praat van ongereëlde swak diens. Hulle vat die koek.



Oom Henning: Het nie probleem met sy spankeuses, ook nie so gesê nie. Feit is, hy was vir eeue afrigter van Suidwes en 'n ander was vir eeue afrigter van die Cravenweek-span. Toe het niemand gekla nie.



Die wassery in Karasburg by Business Park, julle diens is uitstekend! Baie dankie vir goeie en netjiese werk! Hou so aan.



Om gras wat groei tussen “interlocks” te verhoed, wat kan ek gebruik?

Soortgelyk

 

Kraam buite kliniek - verpleegsters geskors

9 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht – Twee verpleegsters wat ‘n hoogswanger vrou by die Okuryangava-kliniek glo weggewys het, is in opdrag van die minister van gesondheid en maatskaplike...

Lewenslank vir Suide-verkragters

9 ure gelede | Howe

Elvira Hattingh en Ronelle Rademeyer - Twee mans wat vroue op Mariental en Tses verkrag en vermoor het, is gister in twee afsonderlike sake vonnisse...

Schlettwein sê oor TIPEEG, FOCAC

9 ure gelede | Regering

Denver Kisting – In die eerste plek is Namibië se ekonomie besig om aan te pas by ’n nuwe pad van groei nadat dit een...

Weer vir 19 September

9 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm in die Suide met enkele buie in die verre Suide. Elders sal baie tot bloedig warm in die Noorde wees.KUS:...

TransNamib op soek na nuwe direksie

9 ure gelede | Vervoer

Catherine Sasman Die ministerie van werke en vervoer het in 'n openbare kennisgewing aangekondig dat nuwe direksielede vir TransNamib gesoek word. Die huidige direksie se...

Esau: Visvangkwotas kan nie verkoop word

9 ure gelede | Ministeries

Leandrea Louw Die minister van visserye en mariene hulpbronne, mnr. Bernard Esau, het gewaarsku visvangkwotas kan nie verkoop word “om vinnig geld te maak nie”....

Help soek na vermistes

9 ure gelede | Misdaad

Tanja BauseDie Namibiese polisie vra die publiek se hulp in die opsporing van twee vermiste mense. Die 14-jarige Niita Fillemon word sedert 19:00 verlede Woensdag...

Grond: Wit boere wíl praat

9 ure gelede | Ministeries

Elvira HattinghDie president van die Namibië Landbou-unie (NLU), mnr. Ryno van der Merwe, sê dit is onwaar dat wit kommersiële boere nie in gesprek tree...

Vrou haal die byt uit veghond

9 ure gelede | Omgewing

Die naam Amerikaanse veghond (pit bull terrier) het al ‘n vloekwoord geword en boesem vrees by die meeste mense in. Geen ander honderas het in...