SMS'e vir 12 Julie 2019

12 July 2019 | Menings
Nou is Dippenaar se bewyse weg. Dit laat mens wonder wie het vir wie betaal?

Van Itas gekom het hoor ek niks van my VAT-uitbetaling nie. Oom Calle, druk tog daardie rekenaarknoppie dat ek my VAT-uitbetaling kan kry. Ek moes ’n reusesom geld aan my boekhouers betaal vir ’n VAT-oudit, maar dit blyk tevergeefs te wees, want tannie Itas is oorlede!

Dear Air Namibia CEO. Are you aware that you have 8 Embraer First Officers (FO's) who were employed by Air Namibia two years ago. They have not qualified yet as FOs as they could not pass their ratings even after extensive training and retraining costing the taxpayers millions of dollars per pilot. Since their employment they have been receiving full salaries as FOs on the Embraer while sitting at home running their own businesses. You are facing possible liquidation while wasting the taxpayers money on bad management and political nepotism.

Aan die kolonel en sy kollega van die weermag oor die beweerde skelm jag van wild wat borgtog op Tsumeb gekry het. Jy is een van die persone wat dink jy kan maak wat jy wil. Die land is amper 30 jaar onafhanklik en steeds leer jy nie. Die tronke is vol van jou soort. Ek hoop jy kry tronkstraf as jy skuldig bevind word, net omdat jy ’n uniformdraer is. Jy behoort van beter te weet en ons vra vir jou ontslag uit die weermag.

Cde Katrina Hanse-Himarwa, lees ELK se Nama-gesangboek nommer 361. Bid aanhoudend, maros. Van Cde Ronnie Swartz.

Regtig Namibiërs. Katrina is skuldig bevind. Sy moet tronk toe, nie net bedank nie. You do the crime, you do the time. Hou asseblief op om vir haar mooi boodskappe te stuur, van moed hou ens. Laat daar nou vir eens en vir altyd aan ons bewys word dat as iemand iets verkeerd doen, hulle nie vergoed word daarvoor nie, maar wel gestraf word. Viva viva Namibië!

Ek kan nie verstaan dat kennisgewings uitgestuur word na skole rakende werkswinkels nie. Die skool ontvang die brief byvoorbeeld die 13de en in die brief staan jy moet die 15de by ’n werkswinkel wees. Regtig? ’n Mens het reëlings wat jy moet tref. Kom ons beplan bietjie beter. Dis ’n groot leemte in die onderwys. Goeie beplanning.

Korrupsie is en bly korrupsie, of die misdadiger ’n goewerneur, minister of net gordyntjiemens is. - Pietrossie

Daar moet 'n opname gemaak word by alle skole, graad 1 tot 12, en tersiêre instellings of hulle kennis dra van Voortrekker se dood en hul reaksie daarop. Dit sal nie net bewustheid kweek oor Voortrekker se dood nie, maar die jeug aktiveer vir waardering en toekomstige bewaring van wild. Voortrekker is nie meer, maar skole kan mekaar uitdaag vir die beste skets - wat opgeveil kan word. Nederige bydrae. - Ou Grote

ACC please also investigate Omaruru Municipality. Lot of corruption happening at Omaruru Municipality.

Minister of Health and Social Services. Why are you not paying the security company so that we can get paid to pay our bills and buy food for our families? We got pay only once this year.

Van 1 tot 40 jaar beweeg mens opwaarts met alles. Vanaf 40 na 80 afwaarts met alles. Die probleem lê nie by ouderdom wat net ’n syfer verteenwoordig nie, nee dit gaan oor oud word. Ouderdom kan jy wegsteek, vergeet en lieg oor, maar oud word is ’n ander ketel vis. Dit bekruip jou skelm soos ’n nag-en-dag dief. Stel voor daar moet strafbare wetgewing kom teen die skelm ondier! - SAP&H

Saterdagaand se Miss Namibia. Die dames was so mooi toe hulle self hul hare en grimering kon doen. Regtig uiters pateties. So as jy nie ’n verlengstuk in jou hare gehad het nie, dan kan ons niks vir jou doen nie? Daar was dames se hare wat nie ’n goeie advertensie vir julle was nie. Gelukkig het mens keuses vir ’n salon.

Ons wil graag so gou as moontlik dringend kontak maak met al die dames wat van 1989 aan die Agra Damesklub Windhoek behoort het. Kontak Lizzy, 081 275 5244, of Lalla, 081 401 6312.

Ek is Emmanuel. Ek is op soek na iemand met ’n goeie hart wat ’n laptop het wat hy of sy nie gebruik nie. Ek wil dit gebruik om vir myself iets te kan doen om geld te kry omdat ek nie werk kan kry nie. Kontak 081 0391 231.

Soortgelyk

 

‘Bewyse gemanipuleer’

23 ure gelede | Howe

Erwin Leuschner – “Ek was sprakeloos en weet nie wie my toneel gemanipuleer het nie,” het die senior ondersoekbeampte me. Paula Havenga gister in die...

Walters reageer op Venaani-aanval

23 ure gelede | Politiek

Denver Kisting – Die ombudsman, adv. John Walters het gister by navraag ontken hy en sy kantoor is gekaap. “Dit is nie so nie. Ons...

Katrina vervang

23 ure gelede | Ministeries

Denver Kisting – Amb. Martin Andjaba is gister as die waarnemende minister van onderwys, kuns en kultuur aangewys.Hy is ook die minister van presidensiële aangeleenthede.Dr....

Weer vir 11 Julie

23 ure gelede | Weer

BINNELAND: Koud in die oggend, andersins mooi weer en warm maar baie warm in die Noorde.KUS: Gedeeltelik bewolk en matig tot warm.GETYE BY WALVISBAAI: L:...

Geliefde oudonderwyser word 99

23 ure gelede | Mense

Francoise Steynberg - ’n Geliefde oudonderwyser van Windhoek Hoërskool (WHS), me. Maria (Pottie) Neethling, het op 7 Julie 99 jaar oud geword. Neethling het van...

Boskrag vir Namibië, buurlande

23 ure gelede | Energie

Elvira Hattingh - Deur slegs 1% van Namibië se huidige indringerbos te gebruik, kan tot 900 Megawatt (MW) hernubare elektrisiteit opgewek word. Dit is genoeg...

Jongmense sonder die nodige vaardighede

23 ure gelede | Onderwys

Henriette LamprechtJongmense in Namibië bly ­afhanklik van ander tot die gemiddelde ouder­dom van 27 wanneer hulle eers begin om 'n salaris te verdien en meer...

Lichtenstrasser ‘tot enigiets in staat’

23 ure gelede | Howe

Erwin Leuschner – Dit is buite die kwessie.Só het die ondersoekbeampte insp. Reinhardt Maletzky oor die moontlikheid van mnr. Ernst Lichtenstrasser se vrylating op borgtog...

Glimbande vir vee langs paaie

23 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - ‘n Entrepreneur glo hy het ‘n oplossing gevind vir vee wat op nasionale paaie rondloop en ongelukke veroorsaak.Dit kan veral van waarde...