SMS'e vir 11 September 2018

11 September 2018 | Menings
Ons president gaan leen so baie geld by die Chinese en dit om die "airport" te “upgrade”, maar ons hospitale sit sonder kos en medikasie en dit omdat die regering nie hul rekeninge vereffen nie. Is 'n "grand airport" belangriker as mense se lewens?



Nampol en generaal Ndeitunga, fokus daarop om die moordenaar van Avihe te vang en suksesvol te vervolg. Los die bedroefde ma uit! Is dit omdat die polisie te sleg is om misdadigers op te spoor dat julle liewers jul tyd aan sagte teikens bestee?



Avihe Ujaha se moordenaar sal sekerlik ook nie vervolg word, soos al die ander moordenaars van Magdalena, Juanita Swartbooi, ens., want die lewenslange polisiehoof Ndeitunga het weereens bespeur dat die moeder van Avihe eerder aangekla moet word. Die polisie is ongelooflik onbevoegd en het nou besluit dit is makliker om die moeder te blameer. Die politieke leiers is maar ook pateties. Die Namibiese nasie moet eintlik eis vir die afdanking van Ndeitunga.



Kom ons as burgers van Namibië sonder 'n dag af en bid en kanselleer hierdie euwel van kindermoord wat in ons land en ander lande kop uitgesteek het.



Ai! Nou toe nou. Los die president en die ministerie uit, hulle het klaar gegryp. Die gesondheid is nie meer hulle probleem nie.



Daar is 13 bevorderingsposte (hoofde en departementshoofde) in //Kharas geadverteer. Mens wonder net hoeveel van die poste sal weer gereserveer word vir onderwysers van buite die streek en vir vriende. Natuurlik in die naam van “regstellende aksie.”



Mr. President. If one has to compare the state of our State Hospitals today with how it appeared during the horrible colonial era, there really is nothing to compare. Us the black people from that era can testify about the super cleanliness of our health facilities. The Swapo led government took over and about 30 years later the Head of State is silent about the national fiasco that exist in the health sector. God Almighty please save your people.



Mnr. Van Pletzen, staan sterk! Ons weet almal daar is 'n georkestreerde poging om van landdroste met 'n sekere velkleur ontslae te raak. Wys die rassiste u sal nie struikel of val nie, maar aanhou veg!



Help asseblief! Oop erwe op Otjiwarongo, aan wie behoort dit, want dit het nou permanente ashope geword? Ons wat daarlangs woon, moet elke dag in die stank lewe, want tot dooie huisdiere word daar neergegooi. Kan nie eens praat van hoe die areas lyk na die wind nie. Eienaars en munisipaliteit, doen ­asseblief iets hieraan.



Ontvang so pas 'n SMS deur 'n diensverskaffer dat ek die saligheid deur 'n daaglikse gebed op my selfoon teen een dollar per dag kan koop. Hoe ver gaan die geldgierigheid?



Sit Kalkrand-raadslede vir die gemeenskap se belange of vir hul huise en kinders? Dis duidelik. Volgende verkiesing gaan die klippe vir julle stem. – Kruisman



Sê my tog asseblief. Die see het nie 'n harde sement- of teerbodem nie. So, water sal bly lek en deursyfer uit die seevloer, maar waarheen? – Jointy



Ek was vanoggend baie teleurgesteld toe ek die opskrif op die voorblad van die Republikein sien. "Koebaai Avihe", dit is baie koud gestel. Daar is baie mooier en sagter woorde om die hartseer te stel. Groete. - Hannelie



Ek is baie teleurgesteld in die o.20-rugbywedstryd teen Samoa. Slegte verdediging was die grootste oorsaak. Weet die afrigter nie wanneer veranderinge gedoen moet word nie? Onnodige balle wat doelloos rond geskop word, want net sekere spelers moet speel. Wanneer sal Namibië se rugby regkom?



Jy is definitief kleurblind of kan nie tel nie. Vele gekleurde spelers speel vir nasionale spanne.



Aangaande die negatiewe kommentaar oor oorlede Henning Snyman en sy "white privilege" span. Wonder wat sal Sarel Losper, Eden Meyer, Bernard Malgas, Riaan Jantjies, Tol van Wyk, Machiel Booysen en ander hiervan sê. Hy het gekies wie beskikbaar was en die beste talent gehad het. 3de geëindig in Currie Cup A-afdeling en WP geklop in reën op Nuweland. Sal daardie resultaat binnekort herhaal word? Regtig jammer die koerant word gebruik vir sulke kortsigtige opmerkings sonder feite. NB: Henning Snyman was nooit by die Cravenweek betrokke nie. - Henning Snyman jr.



Ek sien Tafel Lager wil ook nou vir Maties borg. Hoekom steek julle nie liewer daardie geld in Namibiese klubrugby nie?



Wat is verkeerd met Petrus Adams Junior Sekondêre Skool op Groot Aub? Wie het die naam van ons eerste skoolhoof en evangelis weggevat? Hoekom laat julle dit toe? Hoekom word ander gemeenskappe toegelaat, maar ons nie?



SMS-skrywer oor oud-Swapol-lede, geen oud-SAP- of -Swapol-lede stel in poste in Nampol belang nie. Ons was 'n hoogs gedissiplineerde en gerespekteerde mag. Ons het passie vir ons werk gehad en sake suksesvol opgelos. Die SMS-kolom sal nie bestaan as ons nie mag SMS'e stuur nie. – X-kollega



Ombudsman, prokureur-generaal, Law Society en Regshulpsentrum, kan 'n prokureur of advokaat van die kliënt betaling eis wanneer die regsverteenwoordiger vir die kliënt sonder kennisgewing aan die hof en kliënt versuim het om die hof by te woon ter verdediging. Minagting van die hof? Growwe nalatigheid? Teeneis?

Soortgelyk

 

Brand breek uit by Spar op Keetmanshoop

9 ure gelede | Ongelukke

'n Brand woed tans by die Spar op Keetmanshoop. 'n Leser het enkele minute gelede dié foto vir Republikein gestuur. Meer inligting is nie tans...

Elfjarige byna ontvoer

2 dae gelede | Misdaad

Henriette Lamprecht – ‘n Elfjarige laerskoolmeisie is Woensdag helder oordag voor haar huis byna deur ‘n groep mense in ‘n motor gedwing en ontvoer. ‘n...

Tendertafel net vir buitelanders gedek

2 dae gelede | Infrastruktuur

Ronelle Rademeyer - Die voorwaardes waaraan kontrakteurs moet voldoen om in aanmerking te kom vir twee reuse-konstruksietenders van byna N$4 miljard, is van só ’n...

Storm los by Unam-eksamen

2 dae gelede | Onderwys

Denver Kisting - Die Universiteit van Namibië (Unam) het teen gistermiddag steeds skouers opgetrek oor ’n eksamen wat eergisteraand skeefgeloop het.Nagraadse regstudente verbonde aan die...

Kalender 21 September

2 dae gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Erfenisweek 2018 is goed op dreef by die Franko-Namibiese Kultuursentrum (FNCC) . Namibië se belangrikste erfenisinstellings het saamgespan om dié...

’n Mannekoor en wyn vir die pyn

2 dae gelede | Kuns en vermaak

Die Windhoeker Männerchor (WMC) en ‘n uitgesoekte groep musikante nooi die publiek na die Wynfees/Winzerfest uit. Dít vind op 6 Oktober by die SKW...

Vanjaar reeds 29 renosters in Namibië gestroop

2 dae gelede | Omgewing

Francoise SteynbergAltesaam 21 swart- en agt witrenosters is al vanjaar in Namibië vir hul horings afgemaai.Uit dié 21 swartrenosters is 13 in die Etosha Nasionale...

Gif in waterkrip dalk stropers se werk

2 dae gelede | Misdaad

Henriette Lamprecht Watermonsters van 'n krip in 'n munisipale kamp wes van Omaruru is vir ontleding na 'n private laboratorium gestuur om te bepaal...

Breek die mure af

2 dae gelede | Kuns en vermaak

Yolanda Nel – Indien die klank van kabaret, Evita of die Rocky Horror Picture Show jou aandag trek, moet jy môre geen planne maak nie.Shades...