Smith kan Aussies weer lei
Krieket
Die “leierskapskorsing” van twee jaar wat Steve Smith in 2018 gekry het vir sy aandeel in die skuurpapiersage in Suid-Afrika het gister verstryk.
Dit beteken die Aussies se meesterkolwer kan sy land weer aanvoer.
Die 30-jarige het die Aussies twee jaar gelede gelei toe hy 12 maande lank uit alle krieket geskors is vir die omstrede voorval in die kriekettoets teen die Proteas in Kaapstad.
Australië se aanvangskolwer Cameron Bancroft het die bal met skuurpapier gevryf en dit het later aan die lig gekom dat dit onder opdrag van Smith en David Warner was.
’n Deel van Smith se skorsing het behels dat hy vir ’n verdere jaar geen leierskapsrol mag hê nie.
Warner, voormalige onderkaptein van die span, is lewenslank van enige leierskapsrol verban, hoewel albei sedertdien hul internasionale loopbane hervat het.
Die behoefte is die laaste ruk in Australiese krieketkringe uitgespreek dat Smith die kapteinskap by Tim Paine oorneem, maar dit is onseker wat die afrigter, Justin Langer, se planne is.
Langer het Paine se leierskap onlangs geloof en gesê die paaltjiewagter voer die span “briljant” aan. Hy is ook nie seker of Smith weer dié las op sy skouers wil hê nie.
Aaron Finch is die kaptein van die Aussies se T20- en eendagspan.
Smith het gister aan Channel Nine gesê hy fokus uitsluitlik daarop op fisiek en sielkundig fiks te bly in die tyd wat die Covid-19-pandemie die krieketkalender onderbreek.
Hy was veronderstel om in die Indiese Premierliga (IPL) in aksie te wees, maar die skouspel is vir eers tot 15 April uitgestel vanweë die virus.
Smith sê dit is egter onwaarskynlik dat die IPL sal voortgaan.
“Ek dink Indië het sy grense voorlopig tot 15 April besluit en hoewel daar vergaderings vir die volgende paar dae beplan word, moet ’n mens realisties wees,” sê Smith.
“As die toernooi wel iewers kan begin, sal dit goed wees. Indien nie, is daar baie belangriker dinge in die wêreld op die oomblik. Ek moet dit dag vir dag vat.” – Sport24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie