SME Bank-strafsaak ‘goed op dreef’

‘n Polisieondersoek wat moet lig werp op die geplunderde SME Bank-miljoene is glo op dreef.
Denver Kisting
Denver Kisting – Die strafregtelike ondersoek na die verdwene nagenoeg N$200 miljoen van die SME Bank “vorder goed”.

Só het adj.komm. Edwin Kanguatjivi, die nasionale polisiewoordvoerder, Dinsdag aan Republikein gesê.

Geen inhegtenisnemings, geen geld opgespoor

Ondanks dié beweerde goeie vordering het die segsman gesê daar is nog niemand in verband met die geldwassery van multimiljoene in hegtenis geneem nie.

Eweneens is geen enkele sent van die geplunderde geld teen vandeesweek opgespoor nie, het hy bevestig.

Namibiese polisie wag op Suid-Afrikaanse eweknie

Omdat die vermoede bestaan dat die geld onwettig in die naburige Suid-Afrika belê is, het die Namibiese polisie in November 2016 aan sy eweknieë daar geskryf om te vra vir samewerking en om hulp met die ondersoek, sê hy.

Volgens Kanguatjivi het hulle eers nege maande later – op 8 Augustus verlede jaar – reaksie gekry toe die Suid-Afrikaanse polisiediens vir aanvullende inligting gevra het.

Hy sê hulle het toe reeds in dieselfde maand, op 24 Augustus 2017, op dié versoek gereageer.

Sedertdien wag hulle nog op ‘n opvolgantwoord, sê Kanguatjivi.

Weens die feit dat Zimbabwiërs ook by die SME Bank-skandaal betrek word, is die Namibiese polisie ook in gesprek met die polisie daar om te help om die raaisel te ontrafel.

Minderheidsaandeelhouers veg verbete teen likwidateurs

Maandag het die Zimbabwiese minderheidsaandeelhouers, the Metropolitan Bank of Zimbabwe (Metbank) en die Worldeagle Investments, hulle opnuut tot die hoërhof in Windhoek gewend om die magte op te skort wat dié hof aan die likwidateurs, mnre. David Bruni en Ian McLaren, toegeken het.

Kragtens hierdie magte, wat verlede maand in werking getree het, mag die likwidateurs hul ondersoek na Suid-Afrika en Zimbabwe uitbrei.

Hiernaas het die hof die likwidateurs ook bemagtig om 24 000 mense uit te betaal aan wie elkeen N$25 000 of minder verskuldig is en die 390 wat meer as N$25 000 by die bank gedeponeer het.

Dít kom nadat Bruni en McLaren die hof gevra het om hulle in staat te stel om enige stappe in die hoërhof en enige hof in die twee buurlande of enige ander land te neem wat met die afhandeling van die likwadisieproses van die SME Bank verband hou.

Deel van die suksesvolle aansoek sluit die totstandkoming van 'n kommissie van ondersoek in na die verdwene roerende en onroerende eiendom en geld in buitelandse rekeninge wat aan die bank behoort het. Daarnaas wou hulle ook die mag hê om ‘n eis teen ‘n buitelandse skuldenaar van die bank in te stel.

Die aansoekers, Bruni en McLaren, het ook daarin geslaag om toegelaat te word om aansoek te doen om erkenning om as likwidateurs in die buiteland op te tree, sou daardie lande sodanige aanvullende aansoek vereis.

Dié bank, wat sedert sy ontstaan in omstredenheid gehul is, is verlede jaar insolvent verklaar waartydens Bruni en McLaren as likwidateurs aangewys is.

Dít volg ondanks die feit dat die Bank of Namibia (BoN) se aansoek om likwidasie deur twee Zimbabwiese minderheidsaandeelhouers teengestaan is.

Die sentrale bank het in Maart verlede jaar beheer oor die bank geneem en die bank se direksie summier in die pad gesteek. Honderde werknemers is weens die sluiting van die SME Bank hul werk kwyt.

Luidens die BoN-president, mnr. Ipumbu Shiimi, was hul aansoek genoodsaak deur beleggings van nagenoeg N$175 miljoen wat onder beweerde twyfelagtige omstandighede in Suid-Afrika gemaak is en waarskynlik nooit opgespoor sou word nie.

Aan die einde van Maart verlede jaar het die bank se bates na raming op N$998 miljoen gestaan terwyl die laste toe ongeveer N$1,16 miljard beloop het.

Maandag het regter Thomas Masuka uitspraak in die dringende aansoek voorbehou tot Maandag 23 April vanjaar.

Samestelling van aandeelhouding

Metbank besit ‘n 30%-aandeel in die ontbinde SME Bank, terwyl Worldeagle se aandeel 5% beloop en dié van die Namibiese regering 65% is.

Kommentaar

Republikein 2024-04-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Currency: GBP to NAD 23.84 | EUR to NAD 20.51 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.2 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.84 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.2 | USD to ZMW 26.13 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74010.81 Up +0.62% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1522.16 Down -0.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13246.66 Down -0.42% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9132.5 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 328.53/OZ UP +0.22% | Copper US$ 4.45/lb UP +0.93% | Zinc US$ 2 808.00/T UP 0.05% | Brent Crude Oil US$ 87.67/BBP DOWN -0.0075 | Platinum US$ 905.52/OZ DOWN -0.0048 Sport results: Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Weather: Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.84 | EUR to NAD 20.51 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.2 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.84 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.2 | USD to ZMW 26.13 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74010.81 Up +0.62% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1522.16 Down -0.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13246.66 Down -0.42% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9132.5 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 328.53/OZ UP +0.22% | Copper US$ 4.45/lb UP +0.93% | Zinc US$ 2 808.00/T UP 0.05% | Brent Crude Oil US$ 87.67/BBP DOWN -0.0075 | Platinum US$ 905.52/OZ DOWN -0.0048