• Tuisblad
  • Sake
  • SME Bank se werkers eis salarisse eis gróót geld en hulp

SME Bank se werkers eis salarisse eis gróót geld en hulp

Regering prioritiseer Air Namibia
Yandi Du Plessis
Ogone Tlhage – Voormalige werknemers van die bankrot SME Bank eis dieselfde behandeling as werknemers van Air Namibia, wat ’n enkelbedrag-uitbetaling van die regering moet ontvang.
Die bank se 208 voormalige personeellede het in 2017 een maand se volle salaris ontvang, asook verlofgeld volgens die bank se verlofrekords en ’n skeidingsvergoeding van een week se loon vir elke jaar wat hulle daar gewerk het.
Die regering het 12 maande se salaris aan die 629 werknemers van die nasionale lugredery belowe.
In ’n brief aan pres. Hage Geingob en ’n string ander hoës eis die bank se werkers gelyke behandeling, die afskryf van hul lenings by die SME Bank en indiensneming deur die staat, soos jeugdiges uit die vryheidstryd.
Die brief is op 4 Maart 2021 geskryf.
Dieselfde uitbetaling as aan Air Namibia se werknemers sal volgens die skrywe N$67,3 miljoen beloop.
“. . . Werknemers sien geen verskil tussen die SME Bank en Air Namibia nie,” voer die gegriefdes aan.
Hulle voer ook aan ’n prokureursfirma teister hulle oor skuld aan die bank, neem hul bates af en almal word glo ook nie gelyk behandel nie.
Die minister van nywerheidsontwikkeling en handel, me. Lucia Iipumbu, het gesê haar kantoor het nog geen brief van die gegriefde werkers ontvang nie.
“Ek het nog nie die brief ontvang nie. Ek is nie nou in ’n posisie om kommentaar te lewer nie,” het sy gesê.
Die president se woordvoerder, dr. Alfredo Hengari, was nie vir kommentaar beskikbaar nie.
Mnr. Leon Jooste, die minister van openbare ondernemings, het gesê die ondernemings en hul spesifieke omstandighede is uniek en moet op ’n geval-tot-geval-basis benader word.
Die Bank van Namibië (BoN) het die SME Bank in Maart 2017 onder kuratorskap geplaas toe dit aan die lig gekom het dat bykans N$200 miljoen verlore gegaan het deur twyfelagtige beleggings in Suid-Afrika.
[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!