SME Bank se likwidateurs dagvaar debiteure

Reeds N$300 miljoen ingewin

21 September 2020 | Bankwese
Kristien Kruger – Die likwidateurs van die SME Bank dagvaar voormalige werknemers vir duisende ­Namibiese dollars wat hulle die bank skuld. Hulle is egter nie in staat om te betaal nie.

Die voormalige werknemers het lenings met die bank aangegaan voor die finansiële ineenstorting in 2017 en het dit nog nie terugbetaal nie.

Sommige werknemers is glo werkloos en nie in staat om die skuld te vereffen nie. Die werknemers het na bewering in 2018 'n brief aan die president gestuur en 'n klagskrif by die ministerie van arbeid, nywerheidsbetrekkinge en werkskepping ingedien.

Daar was glo nie op die brief óf klagskrif gereageer nie.

Volgens een van die ­likwidateurs, mnr. David Bruni, het hy die likwidateurs se standpunt aan 'n beampte van die ­Nasionale Unie van Namibiese Werkers (NUNW) verduidelik.

“Ons dagvaar die debiteurs sodat ons 'n hofbevel kan kry voordat verjaring plaasvind, maar ons is nie van plan om binnekort enige regsaksie hierop uit te voer nie.

“Die debiteurs kan bank toe kom en 'n skulderkenning onder­teken. Ons verstaan sommige van hulle is werkloos. Ons kan nie geld by mense kry wat nie 'n inkomste verdien nie. As hulle onderneem hulle sal betaal wanneer hulle weer 'n inkomste kry, is dit reg met ons,” het Bruni aan Republikein gesê.



SKULDEISERS

Die likwidateurs dagvaar glo net dié debiteure wie se skuld meer as N$20 000 beloop.

“Ons wil nie ongelukkigheid ­veroorsaak nie. Ons probeer om die geld aan die skuldeisers terug te beredder.”

Die likwidateurs het glo reeds sowat N$300 miljoen van die bank se debiteure teruggewin.

“Hierdie mense het drie jaar gehad om die geld terug te betaal of kennis te gee. As hulle voorheen na die bank toe gekom het, sou die saak moontlik anders gelyk het,” het Bruni gesê.

Volgens hom is daar ses werknemers wat geld geleen het en steeds by die bank werk. Drie van dié werknemers betaal tans hul lenings af en die ander drie se paaiemente word van hul salarisse afgetrek.

'n Regskenner het aan Republikein verduidelik die hofbevel gee 'n skuldeiser die reg om aanspraak te maak op gedeeltes van die debiteure se inkomste, of om hul besittings op te teken vir 'n verkoop in eksekusie.

Die skuldeisers het egter glo 'n tydperk van 'n aantal jaar om op die hofbevel op te tree voordat die hofbevel se geldigheid verval.

Die likwidateurs dagvaar glo vanjaar, omdat hulle ná die ver­stryking van drie jaar nie meer die skuld kan opeis nie.

“Verjaring verwys na die wet wat dit stel dat as 'n persoon nie hul rekeninge vir 'n gegewe tydperk betaal nie en die skuldeiser geen poging aangewend het om dit in te vorder nie, het die debiteur nie langer die verantwoordelikheid om dit te betaal nie.

“Die tydperk verskil egter tussen tipes skuld,” het die regskenner verduidelik.

“In die geval van geld wat aan 'n bank geskuld word, kan die debiteur ná drie jaar verjaring opper, wat sal beteken die skuld verval omdat dit nie binne daardie drie jaar opgeëis is nie.”

- [email protected]

Soortgelyk

 

Geingob onder skoot oor ‘wit’ opmerkings

10 ure gelede | Politiek

Denver Kisting – Die leier van die amptelike opposisie, mnr. McHenry Venaani, sê wat pres. Hage Geingob die afgelope naweek oor wit mense kwytgeraak het,...

Verskeie daaglikse vlugte binnekort na SA

10 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer – FlyWestair en Airlink, die private Namibiese en Suid-Afrikaanse rederye, het tot reisigers se redding gekom en gaan die leemte aan direkte, geskeduleerde...

Skone Lira bemark Namibië

10 ure gelede | Toerisme

Die Suid-Afrikaanse sangeres Lira, wat die inperking in Namibië deurgebring en uitgebreide verkenningsreise in die land onderneem het, is deur die Federasie van Namibiese Toerismeverenigings...

Weer vir 19 Oktober

10 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en bloedig warm in die Ooste. Elders sal die sonnig wees en baie warm tot bloedig wees. KUS: Gedeeltelik bewolk en koel...

Verdagte panga-rowers in hegtenis

10 ure gelede | Misdaad

Kristien KrugerVolgens ’n Namibiese polisieverslag is sewe mans in hegtenis geneem in verband met ’n aantal gewapende rooftogte in Windhoek.Die mans het hulself glo die...

Massavrekte van robwelpies ondersoek

10 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh – ’n Ondersoekspan het begin om ongewone vrektes onder Kaapse pelsrobbe te ondersoek nadat klaarblyklik duisende wyfies vanjaar hul welpies teen die Namibiese...

Vier ton vis by Swakoppoort gekonfiskeer

10 ure gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer en Kristien Kruger – Sowat vier ton gedroogte vis en groot hoeveelhede visnettte en vislyn, asook die vlotte wat gebruik is om dit...

Stigma rondom Covid-19 neem af

10 ure gelede | Gesondheid

Jana-Mari Smith – Die normalisering van Covid-19 die afgelope jaar het veroorsaak dat stigmatisering weens die coronavirus besig is om af te neem, maar kenners...

Duitsland steun nasionale parke

10 ure gelede | Omgewing

Francoise SteynbergNóg 'n mylpaal is vir omgewingsbewaring behaal met die Duitse regering deur KfW wat sedert 2006 sowat N$1,4 miljard (75,5 euro) in Namibiese nasionale...