SME Bank: Krediteure kan hul geld kry
SME Bank: Krediteure kan hul geld kry
Aandeelhouers het nie betaal wat hul moes
13 November 2019 | Misdaad
Catherine Sasman – Die meester van die hoërhof het op 8 November toestemming gegee vir die eerste krediteure- en ledevergadering van die SME Bank, wat tans gelikwideer word.
Kennisgewing van die vergadering sal in die Staatskoerant sowel as Republikein en The Namibian verskyn.
Die likwidateurs, mnre. David Bruni en Ian McLaren, is gemagtig om tot N$25 000 aan elke krediteur op die datum van die bank se likwidasie te betaal, soos aangedui in die krediteure se bankstaat op 11 Julie 2017.
SME Bank se aandeelhouers, Namibia Financing Trust (Pty) Ltd, wat die Namibiese regering se 65% verteenwoordig, Metropolitan Bank of Zimbabwe (35%) en World Eagle Investments (5%), het tot 17 Januarie aanstaande jaar om te sê waarom die krediteure- en eersteledevergadering nie moet plaasvind nie.
Me. Elsie Beukes, meester van die hoërhof, het in haar stigtende aansoek gesê daar is 23 259 eise vir altesaam meer as N$1 miljard.
Volgens Beukes het Metropolitan Bank se “magdom litigasie en teenstand” teen die likwidateurs en haar kantoor veroorsaak dat die finalisering van die SME Bank se likwidasie vertraag is.
Sy sê MetBank het die likwidasie “heftig” teengestaan en toe dit uiteindelik gelikwideer is, het hy by die hooggeregshof appèl hierteen aangeteken. MetBank het vanjaar ook ’n nuwe aansoek ingedien om die likwidasieproses nietig te verklaar.
Beukes sê MetBank en World Eagle word die geleentheid gegun om hul besware te lug oor die uitbetaal van SME Bank se deponeerders ondanks die feit dat hulle nie ten volle opbetaalde lede of aandeelhouers van dié bank is nie.
Teen Julie 2017 was MetBank en World Eagle se uitstaande bedrae onderskeidelik N$121,5 miljoen en N$20,2 miljoen (plus 20% jaarlikse rente) vir lidmaatskap- en aandeelhouersfooie.
SME Bank se krediteure, likwidateurs en ten volle opbetaalde aandeelhouers (wat ook lede is) of hul verteenwoordigers kan eisdokumente tydens kantoorure by die meester van die hof besigtig.
- [email protected]

Soortgelyk
KOLLIG Voorblad
1 dag gelede | Byvoegsels
ECN gaan Itula se aansoek teenstaan
1 dag gelede | Politiek
Ekonomie bloei lánkal
1 dag gelede | Plaaslik
NOU AAN DIE GANG
1 dag gelede | Byvoegsels
Geskorste raadslede van Rehoboth herkies
1 dag gelede | Regering
Weer vir 13 Desember 2019
1 dag gelede | Weer
STEMFEITE: NAM & SA 2019
1 dag gelede | Politiek
NamibRe: Versekeraars moet 12,5% sedeer
1 dag gelede | Howe
CoW baklei teen beslaglegging
1 dag gelede | Regering
Kleinadvertensies