'Sluit plase tydelik by stadsgrense uit'

'Ordelike ontwikkeling' belangrik

07 September 2018 | Regering
Elvira Hattingh



Kort ná die munisipaliteit bevestig het eienaars van plase binne Windhoek se uitgebreide grense gaan vir munisipale tariewe moet opdok, is 'n mosie by die stadsraad ingedien dat die onderverdeling van dié plase uitgestel moet word.

Dít glo ter wille van die ordelike ontwikkeling van die stad vir toekomstige geslagte.

Die Swapo-raadslid, mnr. Ian Subasubani, het die moratorium op 27 Julie ingedien met die versoek dat die onderverdeling van private plase vir 10 maande of langer uitgestel moet word sodat die Windhoek-struktuurplan eers opgestel kan word.

Dié plan handel oor die langtermyn- ruimtelike ontwikkelingsraamwerk, wat ontwikkeling binne die stadsgrense oor die volgende 20 jaar moet lei.

Subasubani stel verder voor dat die munisipaliteit tydens die moratorium met private plaaseienaars skakel om die toekoms van die stad, asook die behoefte aan grond vir toekomstige ontwikkeling te bespreek.

“Die besprekings moet lei tot die verkryging of voorbehou van strategiese grond waar Windhoek wil groei – noord in die rigting van Okahandja, oos na die Internasionale Lughawe Hosea Kutako, asook suid en wes.”

Subasubani kon nie gister telefonies bereik word nie.

Volgens die mosie is 93,3% van die grond binne Windhoek se uitgebreide grense in private besit, terwyl die regering net sowat 4,5% besit. Sowat 0,1% word deur die munisipaliteit besit.

Die stadsgrense is in September 2011 van sowat 646 km2 na 5 142 km2 vergroot, wat Windhoek se munisipaliteit geografies die grootste in Afrika maak, maar ook die mees ylbevolkte stad.



DORPSWETTE

GELD OP PLASE

Dié nuus volg nadat die munisipale woordvoerder, mnr. Scheifert Shigwedha, onlangs aan Republikein bevestig het dat almal binne die stad se uitgebreide grense geleidelik munisipale tariewe sal moet betaal, soos inligting oor die waardasies van eiendomme be­skikbaar raak.

Hy het gesê die tariewe is betaalbaar ingevolge die plaaslike owerheidswet op tariewe vir belasbare eiendom 73 (1), ongeag of plase enige munisipale dienste ontvang of nie.

Hy het ook gesê sedert die plase binne die stadsgrense val, hoef plaaseienaars nie meer grondbelasting aan die ministerie van ­grondhervorming te betaal nie.

Op die vraag of byvoorbeeld jagaktiwiteite, die aanhou van vee en die kap van hout op die plase kan voortduur, aangesien dit verbode binne 'n dorpsgebied is, het die munisipaliteit gesê “alle wette” wat toepaslik is op dorpsgebiede, is nou van toepassing op hierdie plase.



goedkeuring

Dit sluit in dat enige bouplanne en konstruksiewerk op die plase onderhewig is aan munisipale goedkeuring.

Republikein se vrae in verband hiermee aan beide die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling se permanente sekretaris en adjunkminister op 15 Augustus is steeds onbeantwoord.

Dit volg nadat die Windhoek-munisipaliteit onlangs bekend gemaak het dat dit vir die eerste keer sedert 1 Augustus munisipale tariewe binne die stad se uitgebreide grense sal hef. Slegs tariewe op eiendomswaarde en –verbeteringe asook tariewe vir die bestuur van afvalwater sal gehef word.

Die munisipaliteit het in 'n kennisgewing spesifiek na ­woonbuurte soos onder meer Finkenstein, Sungate, Regenstein, Omeya, Herboth's Blick en Brakwater verwys.

Soortgelyk

 

Krisis met toetse vir hondsdolheid

12 ure gelede | Plaaslik

Ronelle Rademeyer - Namibië staar ’n nasionale krisis in die gesig aangesien geen toetse vir hondsdolheid tans by die sentrale veeartsenylaboratorium in Windhoek gedoen kan word nie. Dr....

Prins William is hier

12 ure gelede | Plaaslik

Francoise Steynberg - Prins William van Brittanje is in Namibië om die internasionale gemeenskap se oë op Namibië se ikoniese spesie, die swartrenoster, te vestig....

EES kook op Duitse X-Factor

12 ure gelede | Kuns en vermaak

Tanja BauseDie Namibiese kwaitokunstenaar EES het na die finale regstreekse uitsending van X-Factor Duitsland deurgedring. EES en sy Yes-Ja!-band werk tans hard daaraan om hulself...

Vermeende stroper doodgeskiet

12 ure gelede | Misdaad

Tanja Bause – Daar word beweer die 73-jarige eienaar van die plaas Senderling by Kamanjab het Saterdag om 11:30 die Angolese burger mnr. Tuayunda Mbwale...

Weer vir 25 September

12 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Hittegolftoestande sal na verwagting oor die noordelike streke voortduur.BINNELAND: Mooiweer en baie warm in die verre Noord- en Suidweste, andersins gedeeltelik bewolk en baie...

Laughter is the best medicine

12 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – It’s contagious and good medicine – not only for the body, but for the mind and soul as well. It lightens your...

Smelling the roses is not just a pipe dream

12 ure gelede | Gesondheid

In today’s rat race it’s easy to lose your way in the daily grind while trying to keep your head above water. Our responsibilities as...

Een maand ná Avihe

12 ure gelede | Misdaad

Denver Kisting – Me. Jessica Kaimu, ousus van die vermoorde Avihe Ujaha, sê die familie probeer steeds hul voete vind ná die tragedie wat die...

Elizabeth Bay-myn se dae getal

12 ure gelede | Plaaslik

Ogone Tlhage – Produksie by Namdeb se Elizabeth Bay-myn wat aan die begin van die jaar te koop aangebied is, is intussen gestaak terwyl diamante...