‘Slimmer’ Namibië ná 2020
5G sal hoofsaaklik in digbevolkte gebiede gebruik word, hoewel dit verskeie nuwe geleenthede vir Namibië sal ontsluit.
Elvira Hattingh - 5G sal na verwagting ná 2020 in Namibië bekend gestel word, mits kerninfrastruktuur soos optiese vesel (FTTx) of hoëkapasiteit-radiotransmissieskakels aangebring kan word, wat bekostigbaar én toeganklik vir alle rolspelers is.
Tydens die vyfde nasionale beraad vir inligting- en kommunikasietegnologie (IKT) het die Regulerende Owerheid vir Kommunikasie van Namibië (Cran) se hoofbedryfsbeampte, mnr. Jochen Traut, gesê die bekendstelling van 5G in Namibië hou uitstekende nuwe geleenthede vir die land in, maar die hoë koste van infrastruktuur, asook die gebrek aan die deel van bestaande infrastruktuur moet eers gepak word.
Die beraad, met die tema “digitale transformasie vir ‘n IKT-slim Namibië”, het gister ten einde geloop.
Traut sê 5G is in die eerste plek op selfoonoperateurs gemik sodat hulle van hoëspoed-breëbanddienste gebruik kan maak om in die snelgroeiende behoefte aan data te kan voorsien.
“Boonop bied dit nuwe oplossings vir besighede in die vorm van ‘slim stede’, ‘slim’ gesondheid, ‘slim’ onderrig en ook ‘slim’ toerisme.
“Dit is so ontwerp om die op- en aflaaispoed en reaksiespoed op koordlose (wireless) netwerke drasties te verhoog en die gebruik van die Internet of Things (IoT), slim stede en ander ‘slim’ oplossings moontlik maak,” het hy gesê.
Volgens hom sal ‘n fliek in so min as agt sekondes afgelaai kan word.
“Dit bied die geleentheid om bandwydte drasties uit te brei, miljarde en verskeie toestelle en sensors met die internet te koppel, asook die gebruik van wolkrekenaars (cloud computing) vir die stoor van data.”
Waar 4G gemiddeld 25 Mb/s en 300 Mb/s op sy piek lewer, sal 5G gemiddeld 100 Mb/s en 20 Gb/s op sy piek kan lewer.
Volgens kenners sal dit ‘n miljoen mense per vierkante kilometer kan bedien, waar 4G slegs 2 000 mense in dieselfde gebied kan bedien.
Traut het egter verduidelik 5G sal waarskynlik slegs binne digbevolkte gebiede gebruik word omdat die reikwydte daarvan slegs sowat een tot twee kilometer is.
Daarteenoor is die reikwydte van byvoorbeeld 3G en 4G wyer, maar het dit minder vermoëns.
“Dit is baie onwaarskynlik dat die hele Namibië 5G-dekking sal hê. Die vermoë en dekking van die dienste het ’n omgekeerde verhouding met mekaar,” het hy gesê.
Hy het verduidelik 2G sal eerste afgeskaf word, terwyl 3G dalk nog lank op die Namibiese platteland ingespan sal word en die meeste dorpe nog van 4G gebruik sal kan maak.
In 1991 is 2G-tegnologie in Namibië bekend gestel, wat stem- en SMS-dienste aan Namibiërs beskikbaar gestel het.
In 1998, met die bekendstelling van 3G het internettoegang bygekom, waarná 4G in 2008 bekend gestel is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie