Sleutelfiguur in N$30 miljoen-transaksie getuig
Sleutelfiguur in N$30 miljoen-transaksie getuig

Sleutelfiguur in N$30 miljoen-transaksie getuig

Die beleggingsbaas wat saam met ses ander van die wanbestuur van 'n SSC-belegging beskuldig word, het verlede week weer in Windhoek se hoërhof getuig.
Jacqueline Louw
Jacqueline Louw



Mnr. Nico Josea was laas week weer in die getuiebank in Windhoek se hoërhof voor regter Christie Liebenberg.

Josea het 'n sleutelrol gespeel in die hantering van die Maatskaplike Voor­sorgkommissie (SCC) se N$30 miljoen-belegging in die beleggingsmaatskappy Avid Investment Corporation (Avid).

Josea staan tereg op 'n klag van diefstal nadat Avid, waarin die SSC N$30 miljoen in Januarie 2005 belê het, nie die belegging en beloofde opbrengs aan die einde van die ooreengekome beleggingsperiode kon terugbetaal nie.

Avid het N$30 miljoen van die SSC ontvang waarvan N$29,5 miljoen oorgedra is na die rekening van Namangol Investments (Namangol), 'n maatskappy waarvan Josea die enigste aandeelhouer was.

Josea het deurtentyd getuig dat hy hierdie geld van wyle mnr. Lazarus Kandara, die stigter van Avid, ontvang het en nooit enige besigheidstransaksies met lede van Avid gehad het nie.

Volgens Josea het hy N$20 miljoen aan 'n aandelehandelaar in Suid-Afrika, ene Alan Rosenberg, oorbetaal.

Josea het aan die hof vertel Kandara het aan hom gesê die geld was sy eie en dat hy Josea versoek het om ook N$6,3 miljoen van die oorspronklike bedrag volgens sy eie diskresie te belê en N$3,2 miljoen vir Kandara “terug te hou”.

Rosenberg het Josea glo nie van 'n kontrak, kwitansie of beleggingsverslag vir die N$20 miljoen voorsien nie.

Rosenberg is toe gedagvaar.

'n Skikking is bereik en 'n bedrag van N$15 miljoen is in Maart 2005 aan Josea terugbetaal.

'n Verdere N$15 miljoen sou in paaiemente terugbetaal word.

Volgens Josea het Rosenberg ingestem dat Namangol 'n 50%-belang in 'n belegging van US$35,8 miljoen sou hê.

Josea het Kandara van hierdie ooreenkoms vertel en op grond daarvan het Kandara aangebied om die N$15 miljoen wat Rosenberg terugbetaal het, aan Josea te leen.

Kandara sou glo later 40% van die opbrengs van die belegging van US$35,8 miljoen ontvang.

Josea het getuig dat hy slegs van Avid se bestaan bewus geword het gedurende 'n ondersoek in die hoërhof in Julie 2005 na Avid se ineenstorting as gevolg van sy onvermoë om die SSC-belegging terug te betaal.

Josea is egter deur mnr. Sisa Namandje, die regsverteenwoordiger van mnr. Paulus Kapia, 'n voormalige Swapo-jeugleier, adjunkminister en Avid-direkteur, gekonfronteer in 'n brief wat hy self aan Kandara gedurende Januarie 2005 geskryf het.

Die naam van Avid Investment Corporation, asook 'n verwysing na die maat­skappy se bankrekening, verskyn in die brief wat aan Kandara geadresseer was.

Josea het verduidelik dat hy nie geweet het wie Avid was nie en dat hy deur Kandara versoek was om die brief so te adresseer. Hy het ook aangeneem die bankrekening waarna verwys word in die brief dié van Kandara was.

Josea is Donderdag 23 Maart deur mnr. Petrie Theron, regsverteenwoordiger van me. Inez /Gâses, 'n direkteur van Avid, onder kruisverhoor geneem.

Josea is oor verskeie lenings wat hy glo aan Kandara gemaak het, ondervra.

Theron het Josea gevra oor groot bedrae wat hy na bewering aan Kandara geleen het slegs twee maande ná hul ontmoeting.

Volgens Josea het hy dit nie vreemd gevind dat Kandara, wat hom as 'n suksesvolle besigheidsman aan Josea voorgestel het, nie 'n persoonlike bankrekening gehad het nie.

Hy het verder getuig dat hy nie bekommerd was oor 'n bedrag van meer as N$1 miljoen wat hy na bewering tussen November 2004 en Janaurie 2005 aan Kandara geleen het nie, want hy het hom vertrou.

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.77 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.4 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 327.06/OZ UP +0.46% | Copper US$ 4.49/lb UP +1.21% | Zinc US$ 2 854.30/T DOWN 0% | Brent Crude Oil US$ 87.64/BBP DOWN -0.0041 | Platinum US$ 909.88/OZ UP +0.86% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.77 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.4 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 327.06/OZ UP +0.46% | Copper US$ 4.49/lb UP +1.21% | Zinc US$ 2 854.30/T DOWN 0% | Brent Crude Oil US$ 87.64/BBP DOWN -0.0041 | Platinum US$ 909.88/OZ UP +0.86%