Slagveld ná konflik by Spaarwater

Mens-dier-konflik vier weer hoogty in die Torra-bewaringsgebied met ’n enkele leeuwyfie wat 33 bokke gevang het.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg – Spaarwater, suid van Palmwag in die noordweste van die land, het Maandagoggend soos ’n slagveld gelyk met 33 dooie bokke, asook ’n dooie leeuwyfie, ’n luiperd, ’n bruin hiëna en ’n hond.

Leeus het glo in die nag by die tydelike kraal ingegaan en 33 bokke van ’n boer in die Torra-bewaringsgebied gedood.

Volgens mnr. Izak Smit van Desert Lions Human Relations Aid Namibia (Delhra) was die oprigting van die kraal nog nie volledig afgehandel nie.

“Die hoek van die kraal het meegegee toe die leeus ingegaan het. ’n Leeuwyfie sonder ’n nekband is geskiet en die ander leeu het weggekom,” het Smit gesê.

Hy sê tydens dieselfde voorval het ’n luiperd die kans aangegryp en ’n hond gevang en dit in ’n boom opgesleep, waarna dié luiperd ook doodgeskiet is.

“Intussen is ’n bruin hiëna op ’n karkas van ’n bok gekry en ook deur die boer doodgeskiet,” het Smit gesê.

Dit is in die aard van hiënas om op karkasse te aas.

Die vergoeding aan die boer weens die verlies beloop N$700 per bok, wat dus die Torra-bewaringsgebied N$23 100 uit die sak sal jaag.

Die voorsitter van die bewaringsgebied, mnr. Tommy Adams, het aan Republikein gesê Torra se eerste prioriteit is bewaring, “maar as ’n boer 33 dooie bokke sien wat deur ’n leeu gevang is, voel dit soos jou dogter wat verkrag is”.

Rakende die vergoeding, het Adams gesê Torra is in ’n finansiële verknorsing en het nie die N$23 100 nie.

DROOGTE

“Ons gaan steeds onder die droogte gebuk en met die Covid-19-pandemie is daar nie hoop op inkomste uit toerisme nie,” het hy gesê.

Torra is in gesamentlike vennootskap met Gondwana se Palmwag Lodge en Wilderness Safaris se Damaraland Camp, asook met die bewaringsgebiede van Anabeb en Sesfontein vir die Palmwag-konsessie.

“Ek het ’n vergadering met die gemeenskap belê om aan hulle die Covid-19-situasie te verduidelik. Ons sal nou by skenkers die geld vir die vergoeding aan die boer moet vra.”

Adams versoek enige gewillige skenkers om die Torra-bewaringsgebied te kontak.

Die woordvoerder van ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme, mnr. Romeo Muyunda, het die voorval Maandag bevestig.

Op die vraag van Delhra waar die sogenaamde vroeë waarskuwingstelsel van die Desert Lion Conservation Trust en die ministerie was, het Muyunda geantwoord dat Torra-bewaringsgebied nie die stelsel wou hê nie.

“Torra en Delhra het ’n gesamentlike ooreenkoms. Volgens die ooreenkoms is Delhra verantwoordelik vir die voorkomingsmaatreëls vir mens-dier-konflik in die Torra-bewaringsgebied.

“Die ministerie was volgens die ooreenkoms onder die indruk Delhra se voorkomingsmaatreëls was voldoende. Mens-dier-konflik bly egter die kommer van die ministerie en ons sal dit daar dophou en ondersoek instel,” het Muyunda gesê.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!