Slagveld by Spaarwater
Slagveld by Spaarwater

Slagveld by Spaarwater

Francoise Steynberg
Spaarwater suid van Palmwag in die Noordweste het vanoggend soos ‘n slagveld gelyk met 33 dooie bokke, een elk dooie leeuwyfie, luiperd, gevlekte hiëna en hond.

Leeus het glo laasnag by die tydelike kraal ingegaan en die 33 bokke van ‘n boer in die Torra-bewaringsgebied gevang.
Volgens mnr. Izak Smit van Desert Lions Human Relations Aid Namibia (Delhra) was die kraal nog besig om opgerig te word.

“Die hoek van die kraal het meegegee toe die leeus ingegaan het. ‘n Leeuwyfie sonder ‘n nekband is geskiet en die ander leeu het weggekom,” het Smit gesê.

Hy sê tydens dieselfde voorval het ‘n luiperd van die geleentheid gebruik gemaak, ‘n hond gevang en dit in ‘n boom opgesleep, waarna die luiperd ook doodgeskiet is.

“Intussen is ‘n gevlekte hiëna op ‘n karkas van ‘n bok gekry en ook deur die boer doodgeskiet,” het Smit gesê.

Dit is in die aard van hiënas om op karkasse te aas.

Die vergoeding aan die boer weens die verlies van die bokke behels N$700 per bok en sal dus die Torra-bewaringsgebied N$23 100 uit die sak jaag.

Die voorsitter van die bewaringsgebied, mnr. Tommy Adams, kon nie vir kommentaar bereik word nie.

Foto ter illustrasie Inki Mandt

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!