Slagoffers van ongeluk buite Okahandja bekend
Die drie mense wat verlede Sondagaand in die ongeluk buite Okahandja betrokke was, is geïdentifiseer.
Hulle is Catherine Mulwazi Imukuzi (50), Precious Namakaliza Imukuzi (44) en die vierjarige Mulwazi Catherine Bupilo.
Die polisiewoordvoerder van die Otjozondjupastreek, ao. Maureen Mbeha, het Woensdag gesê die oorledenes is deur familielede uitgeken.
Hulle is van die Namalubi-nedersetting in die Zambezistreek, het sy gesê.
Volgens Mbeha was al drie slagoffers insittendes in die nutsvoertuig.
Die ongeluk het ongeveer 34 kilometer noord van Okahandja plaasgevind nadat 'n bakkie, wat vermoedelik na Otjiwarongo op pad was, 'n sedan aan die sykant gestamp het en omstreeks 20:10 trompop met die nutsvoertuig op die B1-roete gebots het.
Die nutsvoertuig het vyf insittendes gehad waarvan 'n 30-jarige die bestuurder was.
Die twee vroue in die nutsvoertuig is op slag dood en Bupilo het later die aand aan beserings in die Okahandja-staatshospitaal beswyk.
Die bestuurder van die nutsvoertuig en 'n ander minderjarige kind is kort ná die ongeluk na die Okahandja-staatshospitaal geneem.
Die 28-jarige bestuurder van die bakkie het ernstige beserings opgedoen en is ook in die Okahandja-staatshospitaal opgeneem.
Die 30-jarige bestuurder van die sedan het ligte beserings opgedoen. Die polisie ondersoek die saak. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie