Slaggate teen einde Julie herstel
Die munisipaliteit van Windhoek verwag dat alle slaggate van die hoofstad se paaie teen einde Julie herstel sal wees.
Die woordvoerder van die munisipaliteit, me. Lydia Amutenya, het gesê baie klagtes is van die publiek oor die slaggate ontvang wat weens die swaar reën en verkeersvloei op sommige ou paaie veroorsaak is.
Volgens ‘n ondersoek tydens 8 tot 10 Junie is 2 823 slaggate, hoofsaaklik in die noordelike woonbuurte, gevind.
Amutenya het gesê ‘n vertraging is met die aankoopproses veroorsaak wat daartoe gelei het dat die munisipaliteit se paaie- en stormwater-herstelpanne agter geraak het.
“Met vyf spanne wat die slaggate in ses weke kan herstel, verwag ons dat dit teen die einde van Julie reg sal wees,” het Amutenya gesê.
Om sowat 3 000 slaggate te herstel sal die munispaliteit sowat N$883 890 uit die sak jaag.
“Die begroting vir die herstel van paaie vir die 2017-‘18 finansiële jaar is N$26 350 000 waarvan N$11 152 470 gebruik is. Daar is dus geen gebrek aan fondse vir die herstel van die slaggate nie,” het Amutenya gesê. – Nampa
Foto Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie