Skrynwerker gee nuwe lewe aan 'weggooihout'

Elvira Hattingh
Elvira Hattingh – Kombuiskaste, tuinbruggies, tafels, stoele, kiste, banke en beddens – die skrynwerker mnr. Mike van der Merwe se hande staan vir niks verkeerd nie.

Boonop is sy handewerk baie gesog, waar hy op Grootfontein daagliks swoeg om nuwe lewe in sogenaamde “weggooihout”, of ou, gebruikte palette te blaas.

Hy is juis besig met 'n bestelling van 20 tafels vir 'n troue asook 'n badkamerkassie, lessenaars en 'n kroegtoonbank toe hy met Republikein gesels.

Hy lewer sy handewerk aan enigeen oraloor Namibië en dit alles maak hy met eenvoudige toerusting – 'n boor, slypmasjien en figuursaag asook 'n bietjie gom, skroewe en 'n boekie vol sketse.

“Dit is moeilik om in hierdie tye 'n bestaan as 'n eenmansaak te maak. As jy nie kophou en kliënte op Facebook kan lok nie, is dit moeilik. 'n Mens druk egter maar deur,” het hy gesê.

Van der Merwe sê hy koop die palette waarmee hy meubels maak, maar dit is soms moeilik om palette op 'n afgeleë plek soos Grootfontein in die hande te kry. Hy het wel vriende en kennisse wat hom dikwels hiermee bystaan.

Hy sê mense hou van die growwe, onafgewerkte effek van palette. “Nie almal waardeer altyd die palethout se karakter nie. Sommige mense wil dit vernis of 'n kleurlakleer smeer, ander verf dit of vra dat ons dit brand,” verduidelik hy. Hy maak ook meubels uit melanienhout of van afgeskuurde teerpale.

Van der Merwe is op Tsumeb gebore, maar het naderhand na Windhoek verhuis waar hy baie van onder meer houtwerk by die Seunskool Pionier geleer het. Hy het baie van sy houtwerkvaardighede van sy pa geleer.

“Ek het aanvanklik begin werk, maar ek het besef ek kan nie vir iemand anders werk nie. Toe het ek vir myself begin werk.”

Sy vrou, René, werk ook vir haarself – sy het 'n nywerheidsmasjien waarmee sy enige banke, beddens of matte kan was.

Foto's van die meubels wat hy al gemaak het, is op Facebook gelaai onder die profiel “Mike en René van der Merwe”. Bestellings kan deur WhatsApp by René geplaas word.

“Ons het iemand wat die meubels oraloor die land vervoer – van Keetmanshoop tot Walvisbaai en Swakopmund – enige plek, ons is gereed daarvoor,” het Van der Merwe gesê.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!