Skryf nou en betaal later
Skryf nou en betaal later

Skryf nou en betaal later

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht - Studente wat agterstallige gelde aan die Universiteit van Namibië (Unam) verskuldig is, sal eers 'n skikkingsooreenkoms moet onderteken voordat hulle eksamen sal kan skryf.

Sou hulle daarin misluk om die ooreenkoms teen 31 Desember vanjaar na te kom, sal hul eksamenuitslae nietig verklaar word.

Volgens Unam en die studenteraad is dit om te verseker daar is geen alomvattende goedkeuring vir alle studente nie. Dit stel voorts die universiteit en die raad in staat om die aantal studente te bepaal wat wettige finansiële behoeftes het, sowel as dié wat voor 31 Desember vanjaar hul skuld sal vereffen.

In 'n gesamentlike verklaring wat deur die bestuur en die studenteraad uitgereik is, word ook bevestig dat eksamens­ vandag op alle Unam-kampusse voortgaan.

Studente wat nie skikkingsooreenkomste met die universiteit aangegaan het nie, sal nie toegelaat word om eksamen te skryf nie. Die verklaring, wat deur die visekanselier, prof. Lazarus Hangula, en die president van die studenteraad, me. Victoria Shipale, onderteken is, maan ernstige gevolge wag vir dié wat nie die voorwaardes van hul skikkingsooreenkomste nakom nie.

Volgens Unam kan studente met werklike finansiële beperkinge die kantoor van die studentedekaan (ODS) nader wat die geldigheid van elke geval in terme van ODS-protokol­ sal benader. Sou die student suksesvol hierin wees, sal hy of sy toegelaat word om eksamen te skryf.

Indien onsuksesvol moet studente met agterstallige skuld eers 'n individuele skikkingsooreenkomste met Unam onderteken.

Studente wat die universiteit meer as N$100 000 skuld, moet met die ODS en die kantoor van die tesourier in verbinding tree om te bepaal hoekom die gelde so hoog is. Ooreenstemmigheid moet ook bereik word oor die nodige stappe wat gedoen moet word om dit te vereffen.

Eksamens wat Dinsdag moes begin, is uitgestel nadat 'n groep ontevrede studente amok gemaak het omdat hulle nie kan eksamen skryf alvorens hul studiegeld vereffen is nie.

Uitstaande studiegeld van interna­sionale studente wat by Unam studeer, beloop volgens die registrateur, mnr. Sifiso Nyati, sowat N$10 miljoen. Studente wat eksamens afgelê het en nie weer na die universiteit teruggekeer het nie, se skuld beloop na bewering N$50 miljoen. Dit kos die universiteit gemiddeld N$70 000 om een student per jaar te onderrig, waarvan die regering 'n gemiddeld van N$53 000 van dié koste subsidieer.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!