Skryf asseblief ons name reg, vra Japan
Skryf asseblief ons name reg, vra Japan

Skryf asseblief ons name reg, vra Japan

Taro Kono – of Kono Taro – Japan se minister van buitelandse sake, het die wêreldmedia gevra om asseblief Japannese name korrek te skryf: Eers die van en dan die voornaam.

Kono sê Japannese name moet net soos ander Asiese name met die van (familienaam) eerste geskryf word en dan die voorname.

Hy neem Japan se premier as voorbeeld. Sy naam word deur die wêreldmedia as Sjinzo Abe geskryf, terwyl dit volgens Kono geskryf moet word as Abe Sjinzo, berig The Guardian.

Sommige mense sien die versoek as ’n beweging om die Japannese kultuur en geskiedenis te vertoon in ’n jaar waar die wêreld se oë op die land gerig is met die G20-beraad wat daar gehou word en daarna die Wêreldbeker-rugbytoernooi. Volgende jaar word die Olimpiese Spele ook daar gehou.

Daar word gespekuleer die kultuurbeweging word deur die konserwatiewe Abe self gelei.

Die Westerse skryfwyse van naam eerste en dan die van, is in die 19de eeu onder die invloed van die groeiende Westerse kultuur in Japan begin, berig Japan Today.

Kono, wat in Amerika studeer het en uitstekende Engels praat, het al vroeër oor die saak gepraat toe hy gesê het sy departement oorweeg dit om die Westerse skryfwyse op amptelike dokumente, wat paspoorte kan insluit, te verander. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!