Skrif aan die muur vir Air Namibia
Skrif aan die muur vir Air Namibia

Skrif aan die muur vir Air Namibia

'n Raadop krediteur gaan die hoërhof versoek om Air Namibia te likwideer.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer



'n Brief wat namens die likwidateur van die bankrot Belgiese redery, Challenge Air SA, op 25 Junie aan Air Namibia gestuur is met die dreigement “dok binne 15 dae op, of ons likwideer”, het nie die gewenste resultaat gelewer nie.

Trouens, mnr. Anicet Baum, die Belgiese likwidateur, sê in hofstukke Air Namibia het aan sy Namibiese verteenwoordiger, mnr. Wilhelm Shali, gesê sy laste oorskry sy bates en hy kan nie die digby 10 miljoen euro (sowat N$213 miljoen) betaal wat hy Challenge Air SA nog ingevolge 'n bevel deur 'n Duitse hof skuld nie.

Baum het Air Namibia en die minister van staatsondernemings (SOE's), mnr. Leon Jooste, op 1 Oktober in kennis gestel dat hy op 26 Oktober die hoërhof in Windhoek in 'n dringende aansoek gaan vra om dié redery te likwideer.

Air Namibia het mnr. Sisa Namandje, wat vir Baum optree, Maandag in kennis gestel dat hy die aansoek gaan teenstaan.

Die jarelange regstryd tussen Air Namibia en Challenge Air SA spruit uit 'n ooreenkoms wat Air Namibia in Maart 1998 aangegaan het vir die huur en instandhouding van 'n Boeing 767-33 van dié Belgiese maatskappy. Air Namibia het later aangevoer daar is fout met die vliegtuig en het nie die kontrak eerbiedig nie.

Hoewel Challenge Air SA kort daarna gelikwideer is, het die likwidateur Air Namibia in 'n hof in Duitsland vir kontrakbreuk van €25 miljoen (dit is sowat N$533 miljoen teen die huidige wisselkoers) gedagvaar.

Die aansoek het voor 'n Duitse hof gedien aangesien Air Namibia die kaartjieverkope-agentskap Aviareps in Duitsland gebruik vir besprekings op sy Windhoek-Frankfurt-vlugte, en ook 'n bankrekening in Duitsland het.

Baum sê in die hofstukke hy en Air Namibia het op 11 Desember verlede jaar 'n terugbetalingsooreenkoms aangegaan vir die nagenoeg 18,3 miljoen euro (sowat N$390 miljoen teen die huidige wisselkoers) wat die nasionale redery Challenge Air SA in daardie stadium nog geskuld het.

'n Terugbetalingskedule is opgestel ingevolge waarvan die eerste betalings in Desember verlede jaar gemaak moes word, en die laaste van 23 betalings op 17 September 2021.

Baum sê Air Namibia het vyf betalings van sowat 8,5 miljoen euro (sowat N$175,2 miljoen) gemaak en toe ophou betaal. Die laaste betaling is op 14 Apri vanjaar oorbetaal.

Hy sê in die hofstukke buiten dat Air Namibia se tussentydse hoof uitvoerende beampte, mnr. Theo Mberirua en die voorsitter van die direksie, mnr. Escher Luanda, aan Shali gesê dat hulle nie die res van die geld kan betaal nie, trek die regering as aandeelhouer ook skouers op.

Volgens hom het die regering laat blyk hy is self ook nou ten gunste van Air Namibia se likwidasie.

Die minister van finansies, mnr. Ipumbu Shiimi, het in Julie gereageer op 'n berig in 'n weekblad waarvolgens die kabinet glo besluit het om Air Namibia te likwideer, terwyl die direksie en bestuur 'n sakeplan ontwikkel het wat die nasionale redery in 'n kort tyd winsgewend kan maak.

Hy sê daarin dat hy as voorsitter van die kabinetskomitee op tesourie (CCT) “die nasie die versekering gee dat die kabinet nié so 'n besluit geneem het nie”. In dieselfde asem voeg hy by nóg die huidige bestuursmodel, nóg die nuwe sakeplan is volhoubaar of bekostigbaar en daarom oorweeg dié komitee tans verskeie herstruktureringsopsies.

Shiimi het daarop gewys Air Namibia se skuld beloop meer as N$5 miljard en om die nuwe sakeplan in werking te stel, sal die regering 'n verdere N$2 miljard moet opdok. Dit is onmoontlik in die lig van die behoeftes vir gesondheid, onderwys, behuising en sanitasie midde die Covid-19-pandemie, het die finansminister gesê.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.76 | EUR to NAD 20.35 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.88 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.14 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.88 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.76 | EUR to NAD 20.35 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.88 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.14 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.88 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%