Skorpion Zinc lê werkers af
Nuwe kontrakteur sal honderde opneem
Catherine Sasman - Skorpion Zinc-myn en -raffinadery het bevestig 278 van sy 1 500 werkers is van hul aflegging in kennis gestel.
Dit nadat die maatskappy besluit het om sy myndepartement aan die Suid-Afrika-gebaseerde Basil Read uit te kontrakteer.
Die myn se algemene bestuurder, mnr. Irvinne Simataa, het gister gesê dit sal van Basil Read verwag word om die geraakte werkers te “absorbeer”, aangesien dit na verwagting 450 werksgeleenthede aan Namibiërs moet skep.
“Die geraakte werkers sal voorkeur in die werwingsproses kry,” het Simataa verseker.
Die maatskappy sê dit is genoodsaak om sy myndepartement uit te kontrakteer om sy produksiekapasiteit te verhoog en sodoende finansieel lewensvatbaar te bly.
“Ons het gedurende verlede jaar besprekings oor die kort lewensduur van die myn gehou. Ons moes ‘n houbare oplossing vind om nie die myn te sluit nie,” het Simataa gesê.
Die maatskappy sê dit het alle rolspelers ingelig van sy voorneme om werkers af te lê en te herstruktureer.
Dít, sê Simataa, gaan die kapasiteit en vermoë verseker vir die volgende fase wat die myn se ontwikkeling en lewensduur sal verleng.
Die herstrukturering behels die uitbreiding van Pit 112 deur die stroping van afvalrotse van 17 miljoen ton tot 40 miljoen ton per jaar te verhoog. Dit sal ook die huidige Pit 103, wat teen Junie nie meer ontginbare erts sou hê nie, verbreed en verdiep.
Die woordvoerder van Skorpion Zinc, me. Nora Ndopu, het gesê die myn het alleen nie die kapasiteit om groot hoeveelhede rots op ‘n ekonomiese manier vinnig genoeg te prosesseer nie en daarom is die werk aan Basil Read gegee.
Sy het gesê as die Pit 112-projek nie voortgaan nie, sal die myn en raffinadery vir ‘n onbepaalde tydperk moet sluit. Dít sou beteken die hele personeel van 1 500 sowel as kontrakteurs sou moontlik afgedank moes word.
Die maatskappy sê Pit 112 sal die myn se lewensduur met drie jaar, tot 2020, en moontlik langer, verleng.
Simataa het bygevoeg die afleggingsproses is op ‘n “baie deursigtige” manier hanteer en die geraakte werkers is gereeld ingelig oor hoe dit gedoen gaan word.
Hy het ook gesê hy het in November ‘n promosietoer gedoen om die werkers en gemeenskap van Rosh Pinah oor die verwikkelinge in te lig.
“Ons het met almal gepraat met wie ons moes. Dit sou onverantwoordelik wees om ‘n bate soos dié te sluit. Wat moet gebeur, moet in alle erns gebeur,” het Simataa gesê.
Werkers is amptelik op 16 Januarie oor die afleggings ingelig.
Alle rolspelers is ingelig, insluitend die Arbeidskommissie en die erkende Mynwerkersunie (MUN), sowel as werkers wat nie lede van die vakbond is nie, het Simataa gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie