Skoonmaakveldtog vir kus en Noorde

17 December 2018 | Omgewing
'n Skoonmaakveldtog, #2minutebeachcleanup en #2minutestreetcleanup is van 15 Desember tot 2 Januarie by die kus en in die Noorde van stapel gestuur.

Die skoonmaakveldtogte sal op Swakopmund, Walvisbaai, Hentiesbaai, Oshakati, Ondangwa en Ongwendiwa plaasvind.

Coca-Cola het in Namibië met ander rolspelers saamgewerk en die Namibia Beverage Container Alliance (NBCA) gestig as 'n subkomitee van die Recycling Namibia Forum. Die NBCA bestaan uit die Coca-Cola Namibia Bottling Company, Ohlthaver & List, Namibian Breweries, Namibian Dairies, Plastic Packaging en Rent a Drum.

Hul mandaat is om te help om elke bottel of blik ná gebruik te herwin en terselfdertyd geleenthede te voorsien om die rommel te laat hersirkuleer.

Die doel van die veldtog is om bewustheid en geleenthede vir mense te skep om hul rommel, veral in die feestyd, te herwin.

"Of jy nou in die feestyd op die strand of in die dorp is, neem net twee minute van jou dag om rommel op te ruim," lui 'n verklaring van Coca-Cola.

"Coca-Cola en al sy botteleringsvennote wil help om elke bottel of blik wat hulle verkoop teen 2030 te herwin en strand- en rivierskoonmaakveldtogte van stapel te stuur."

Hulle wil mense aanmoedig om meer dikwels te herwin en in projekte belê om mense te help verstaan wat, hoe en waar om dit te doen.

Soortgelyk

 

Leeus ontsnap uit Etosha

20th of June 10:50 | Omgewing

Leeus het uit die Etosha Nasionale Park se noordelike grens ontsnap en 'n bees enkele meters vanaf die heining gevang.Die woordvoerder van die ministerie van...

Geingob en Lubowski kap mekaar

10 ure gelede | Plaaslik

Denver Kisting – Pres. Hage Geingob sê openbare beweringe deur die weduwee van mnr. Anton Lubowski is lasterlik.In ’n ope brief deur me. Gabrielle Lubowski...

Geen geld vir Kalahariwoestyn-slagoffer

10 ure gelede | Polisie

Denver Kisting – ’n Vriend van wyle mnr. Fambauone Black (22), die Kalahariwoestyn-slagoffer, sê daar’s geen geld om sy oorskot na Zimbabwe terug te neem...

Vroue, vrede en veiligheid

10 ure gelede | Ministeries

Augetto Graig - Die nasionale plan van aksie vir 2019 tot 2024 vir vroue, vrede en veiligheid is gister amptelik in Windhoek van stapel gestuur....

Weer vir 20 Junie

10 ure gelede | Weer

BINNELAND: Mooi weer en matig tot warm, maar dit sal warm oor die Namib en die verre Noorde wees. Winderige toestand sal oor die binneland...

Polisiebaas besing Operasie Kalahari se lof

10 ure gelede | Misdaad

Denver Kisting – Dis jammer ’n lid van die publiek het tydens die operasie gesterf, maar die veldtog duur voort.Só het die nasionale polisiebaas, lt.genl....

Desert Express loop weer einde Julie

10 ure gelede | Plaaslik

Francoise Steynberg - Toeriste kan weer uitsien na 'n opwindende treinrit op die gewilde, luukse Desert Express wat weer einde Julie tussen Winkdhoek en Swakopmund...

Geen politieke vergaderings by skole

10 ure gelede | Ministeries

Geen skool mag onder enige omstandighede vir politieke vergaderings en veldtogte of fondsinsamelings vir politieke gewin gebruik word nie. Ook mag leerlinge nie op skoolgronde...

Skoleveiligheidsveldtog

10 ure gelede | In beeld

TrenTyre Namibia, met die ondersteuning van Goodyear SA, het ’n skoleveiligheidsveldtog van stapel gestuur. Volgens mnr. Henrico Du Plessis, TrenTyre Namibia se uitvoerende hoof, is...