Skooltragedie: Elfjarige skiet gr.5-seun dood
‘n Dertienjarige leerder van die Imbili Gekombineerde Skool in die Ohangwenastreek is vanoggend oorlede nadat hy deur ‘n klasmaat geskiet is.
Volgens ‘n verklaring van die ministerie van onderwys, kuns en kultuur het ‘n elfjarige seun ‘n vuurwapen skool toe geneem. Terwyl hy pouse daarmee gespeel het, het hy die ander seun doodgeskiet. Albei is in graad 5.
Die polisie ondersoek die saak, het me. Sanet Steenkamp, permanente sekretaris van die onderwysministerie, in die verklaring gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie