Skool en werk: Sprokiesverhaal na dramareeks
Skool en werk: Sprokiesverhaal na dramareeks

Skool en werk: Sprokiesverhaal na dramareeks

Evany van Wyk - Ek het geen idee hoekom ‘n mens moet skoolgaan as die “regte wêreld” absoluut die teenoorgestelde daarvan is nie.

Ek het verlede jaar my matriekeksamen afgelê en sedertdien meer as ooit geleer.

Skool was ‘n sprokiesverhaal. (Met al die toetse en eksamens waarvoor ons moes voorberei, het dit wel soms soos die ergste hel gevoel.)

Om te werk, is anders. Op skool het ons ten minste tyd gekry om voor te berei, maar by die werk is letterlik jou elke beweging ‘n toets.

Ek moet bieg: Die interaksie met vreemde mense het my eers afgeskrik en met tye nogal paniekbevange gehad omdat ek van nature ‘n skaam mens is. Maar die motivering het van die begin af uit alle rigtings gekom.

Dit is nog iets wat verskil van skool. Daar bekla die kinders hul probleme teenoor mekaar en almal word ewe mismoedig.

By die werk is daar egter altyd iemand wat die regte ding te sê sodat jy voel jy kan die wêreld oorwin. My nuwe kollegas is vir my meer soos leermeesters - en die prettigste mense ooit.

Joernalistiek is glad nie ‘n maklike rigting om in te stap nie, maar die ervaringe en kennis wat ‘n mens opdoen, is meer as genoeg beloning.

Gepraat van beloning, ek het my eerste salaris ontvang en vir die eerste keer verstaan ek regtig hoekom die werkersklas nooit geld het nie. Daar is soveel meer verantwoordelikhede wat gedra moet word, en dit is ‘n groot les wat almal eendag moet leer. Geld is vlietend, maar die herinneringe wat jy in jou lewe maak, is vir ewig. So wees bereid om vir ‘n rukkie van grondboontjiebotter, brood en water te lewe - dis nou te sê as jy dit kan bekostig. Dit kan ‘n goeie storie wees om eendag aan jou kleinkinders te vertel.

Ek probeer die meeste maak van die geleenthede wat ek gebied word. Soos byvoorbeeld om hierdie rebriek te kan skryf - dit is ‘n groot eer.

Natuurlik was daar ook klein goedjies wat skool ‘n bietjie beter maak as werk: 1. Jy kan daarmee wegkom om op die laaste minuut moontlik ‘n opstel in te handig, selfs nadat die sperdatum verby is. By die werk sal jy baie probleme optel as jy van plan is so iets te probeer. 2. Die skoolure was baie minder, maar as jy ‘n salaris wil verdien, sal jy die ure moet werk.

Hierdie heel ander omgewing verg aanpassing, maar ek leer elke dag iets nuut en daar is soveel pret betrokke.

Ten spyte van die feit dat ek my skool verskriklik verlang, is ek gelukkig met die uitdagings wat my in die gesig staar, want dit is wat die lewe interessant maak.

Aan al die leerlinge wat nog op die skoolbanke is: Maak die beste daarvan en sien uit na ‘n moeilike, maar opwindende leerproses in die grootmenswêreld.

Drome werk nie, tensy jy werk. En as die lewe moeilik word, moet jý sterker word.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!