Skoner geslag maak skoonskip

Goeie prestasie val nie uit die lug nie, sê die Onafhanklike Eksamenraad se toppresteerders.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Van die 192 graad 12-leerlinge wat die eksamen van die Onafhanklike Eksamenraad (IEB) aan privaatskole in Namibië geskryf het, het 98,9% geslaag.

Dié leerlinge se uitslae is kort ná middernag gisteroggend bekend gemaak.

Altesaam agt leerlinge het met ’n gemiddelde A-simbool die eksamen geslaag.

Sewe van dié slimkoppe is meisies, met net een “haan” onder die top-8.

Die topskole vanjaar is Pro-Ed Akademie op Swakopmund met drie van die toppresteers wat uit hierdie skool kom. Windhoek Afrikaanse Privaatskool (WAP) het ook drie van die agt leerlinge met ’n A-gemiddeld opgelewer.

Lara Bartholomae van Pro-Ed Akademie is die IEB se nommer 1-kandidaat in Namibië, gevolg deur Aniké Maritz van dié skool in die tweede plek. Lara se gemiddeld is 88,9% en Aniké s’n 82,9%.

Luna de Bruyn van WAP is derde met 82,6%, Marlinda Schutz van Pro-Ed is vierde met 82,1%, gevolg deur Arina van Rensburg (WAP, 81,4%), Lisa Basson (Tsumeb Gimnasium, 81,1%), Henri Coetzee (WAP, 80,7%) en Dalene Steenkamp van Privaatskool Moria op Outjo met 80%.

Volgens die Namibiese Privaatskole-organisasie (Napso) het 88% van die graad 12’s met universiteitsvrystelling geslaag, terwyl 11% se punte sodanig is dat hulle aan ’n kollege kan gaan studeer.

RESEP VIR SUKSES

Lara het gister uit Swakopmund gesê sy was nog altyd ’n hardwerkende mens en verkies dit om haar werk so spoedig moontlik af te handel sodat sy my naweke en aftye kan geniet sonder 'n swaard oor haar kop. “Ek pak ook graag die bul dadelik by die horings deur dit wat ek nie weet of verstaan nie onmiddellik uit te vind. My pa het altyd gesê as ek goed wil wees in iets moet ek dit oefen,” vertel sy.

Sy gaan vanjaar aan die Universiteit Stellenbosch aktuariële wetenskappe studeer. Aan al die toekomstige graad 12’s sê sy: “Moenie uitstel nie!”

Oor haar wenresep, sê Aniké dit het haar baie gehelp om haarself gereeld aan haar droom te herinner en daarop te fokus. “Om vorige eksamenvraestelle deur te werk was beslis ’n groot hulp en natuurlik is tydsbestuur ook uiters belangrik.”

Sy sê sy is “bevoorreg en geseënd” dat haar droom waar geword het en sien uit om binnekort met haar studie by die mediese fakulteit van die Universiteit van Namibië te begin.

“Glo in jouself, hou vas aan jou droom en weet waarheen jy op pad is,” is haar raad aan jonger leerlinge.

Luna, wat op Stellenbosch BRek gaan studeer, skryf haar sukses hieraan toe: “Ek skryf dit toe aan my ongelooflike onderwysers vir hulle geduld, liefde en kennis, my skool wat vir my ’n veilige omgewing geskep het waar ek elke dag kon leer en as mens groei. Aan my ouers, familie en vriende vir motivering wanneer ek moedeloos was en aan my Hemelse pappa vir my talente en deursettingsvermoë.

Sy sê sy het elke dag hard gewerk en take aangepak sodra sy dit ontvang het.

“Ek sal die graad 12’s van 2019 aanraai om elke dag hulle deel te doen, om nooit ’n taak of toets af te skeep nie en altyd hulle doelwitte as motivering te gebruik. Daar is geen kortpad tot sukses nie: harde werk sal jou kry waar jy wil wees.”

Marlinda is ook voorlopig vir medies aan die mediese fakulteit in Windhoek gekeur, maar het ook ingekom vir BRek op Stellenbosch.

Sy het deurgaans probeer om die akademie met sport, kultuur en ontspanning te balanseer. “Ek het ook die ondersteuning van onderwysers, klasmaats, vriende en my ouers gebruik, en my Skepper gevra vir krag en kalmte.”

Haar raad? “Begin vroegtydig ou vraestelle uitwerk. Stel doelwitte en meet jouself daaraan. Geniet jou laaste skooljaar en bly betrokke by skoolaktiwiteite. Werk saam met jou klasmaats en onderwysers, help en ondersteun mekaar.”

Arina hou saam met haar familie op Jeffreysbaai in Suid-Afrika vakansie, kon kon nie telefonies bereik word nie.

Lisa, wat in Duitsland kuier, sê sy is baie dankbaar vir vriende, familie en onderwysers se ondersteuning. "harde werk en 'n goeie balans is nodig."

Sy gaan vanjaar 'n Bybelskool in Duitsland bywoon en daarna deur Europa toer as deel van 'n oorbruggingsjaar voor sy in 2020 gaan studeer.

Henri soms sy resep vir sukses só op: “Harde werk, goeie geselskap en genoeg tyd vir slaap en rus. . .”

Dié jong man gaan hom ook as ’n geoktrooieerde rekenmeester bekwaam en het vir die BRek-graad aan die Noordwes Universiteit ingeskryf.

“Die grootste fout wat jy kan maak is om een dag voor ’n eksamen te begin leer,” is sy raad aan vanjaar se graad 12’s.

Dalene sê die bekende Fillipense 4:13 was haar motivering. Rekeningkunde is haar passie en sy gaan ook, soos baie van die voorgenoemde slimkoppe, 'n geoktrooieerde rekenmeester word. "Aan elke graad 12-leerling, werk hard en hou vas aan dít wat jou motiveer," sê sy.

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.38 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.4 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.76/OZ UP +0.71% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.74% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.81/BBP UP +0.92% | Platinum US$ 914.39/OZ UP +1.36% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.38 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.4 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.76/OZ UP +0.71% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.74% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.81/BBP UP +0.92% | Platinum US$ 914.39/OZ UP +1.36%