Skole (weer) agter met betalings
Verskeie hoërskole in Windhoek skuld miljoene in agterstallige rekeninge vir munisipale dienste.
Henriette Lamprecht - Sewe skole in Windhoek skuld die munisipaliteit byna N$9 miljoen in agterstallige rekeninge vir munisipale dienste.
Dié skole sluit die Sekondêre Skool Centaurus, Augustinuem, Concordia, Delta, A. Shipena, Academia en Windhoek Hoërskool (WHS) in.
Die totale bedrag verskuldig beloop N$8,9 miljoen en is volgens die munisipaliteit se woordvoerder, mnr. Harold Akwenye, reeds vier maande agterstallig.
Volgens Akwenye is verskeie skrywes van mnr. Robert Kahimise, die Windhoek-munisipaliteit se uitvoerende hoof, se kantoor aan die uitvoerende direkteur van onderwys, kuns en kultuur, me. Sanet Steenkamp, in dié verband gestuur.
Republikein het in November verlede jaar berig skole het die munisipaliteit toe meer as N$32 miljoen geskuld en was toe ook vier maande agter met betalings.
Die ministerie het toe ingestem om N$17 miljoen te betaal om te keer dat dié dienste afgesny word, wat hulle gedoen het.
Van die skole wat toe agterstallig was, is nou weer op die afsnylys en sluit WHS en die Sekondêre Skool A. Shipena, Delta en Academia in.
Volgens ‘n bron by een van die skole is dié betrokke skool se water en ligte nie afgesny nie, maar het die munispaliteit wél met ‘n brief en die agterstallige rekening by die skool opgedaag met die dreigement dat dit afgesny gaan word.
“Ons kry nooit rekeninge nie, dit gaan direk na die ministerie toe,” het die bron gesê.
Navrae aan die ministerie, wat aan Steenkamp gerig is, asook aan die direkteur van onderwys in die Khomasstreek, mnr. Gerard Vries, en die ministeriële woordvoerder, me. Johanna Absalom, was teen druktyd steeds onbeantwoord.
Vries het wel vroeër erken hy is bewus van die agterstallige rekeninge, maar is nie self by onderhandelinge hieroor betrokke nie.
Volgens hom sou Steenkamp met Kahimise vergader om die aangeleentheid “eens en vir altyd” op te los.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie