Skole stof mekaar uit in Idiomestryd
Die wenners van vanjaar se ATKV-Idiomestryd is: Elzaan du Plessis en Marlene Orffer Naas van Edugate Academy op Otjiwarongo. Anri Visser en WP Oosthuizen van Gobabis Gymnasium was in die tweede plek. Bank Windhoek was die hoofborg, terwyl Coca Cola en NBC se Afrikaanse radiostasie van die ander borge was. Die kompetisie is regstreeks op NBC se Afrikaanse radiostasie uitgesaai. Edugate het vantevore, in 2015, ook stof in ander skole se oë geskop. Gobabis Gymnasium was al vier keer die kampioene, maar vanjaar het Edugate hulle gewys wie's baas. “Die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) is al die afgelope 19 jaar by hierdie projek betrokke waar hoërskole dwarsoor Namibië dit in die Idiomestryd uitwoed. Hierdie jaar het ons weer eens ‘n rekordgetal inskrywings van 19 skole gehad,” sê Ansa Ellis, tesourier van die ATKV. Die finale ronde het op 27 September plaasgevind.
Foto verskaf
Foto verskaf
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie