Skole raak kreatief met rommel
Skole raak kreatief met rommel

Skole raak kreatief met rommel

Octavia Tsibes
Octavia Tsibes

Skole in en rondom Gobabis het onlangs aan FNB en Global United se herwinningskompetisie onder die vaandel “Play Your Part” deelgeneem.

Me. Revonia Kahuvere, die bestuurder van koöperatiewe sosiale beleggings by FNB Namibia, het gesê die kompetisie is van stapel gestuur om herwinning te bevorder en die omgewing te beskerm.

Skole moes herwinbare materiaal gebruik om ’n nuwe kunswerk of produk te skep. Die wenners was Laerskool Ben van der Walt wat N$7 000 se prysgeld gewen het.



In die tweede plek was Laerskool #HKoandawes en in die derde plek was die Gobabis Projekskool wat onderskeidelik kontantpryse van N$3 000 en N$1 500 ontvang het.



Volgens Shandré Jantjies, ’n leerling van Ben van der Walt, het hulle plakkate gemaak wat die omgewing, water en renosters uitbeeld.

Die rede hoekom renosters uitgebeeld is, is omdat hierdie spesie onder stropers deurloop. “Ons het oral in Gobabis gekyk en gesien dat daar baie besoedeling is en dit is hoekom ons as skool ’n plan gemaak het om papiere in Gobabis op te tel,” sê sy. Sy sê sy sien daarna uit dat die gemeenskap sal saamstaan om die rommel op te tel en omgewing te beskerm.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!