Skole moet gereed wees
Minister sê dis ouers se plig om hul kinders te lei en ondersteun.
Estelle de Bruyn - Gister het duisende opgewonde graad 1's vir die eerste keer hul skooltassies gepak, nuwe skoolklere aangetrek en met hul skoolreis begin.
Die gr. 12's se gewonevlak-uitslae is ook deur die minister van onderwys, kuns en kultuur, me. Katriene Hanse-Himarwa, bekendgemaak.
Sy het opnuut die verantwoordelikheid van ouers en voogde om voldoende ondersteuning aan leerlinge te gee benadruk en gesê dit is noodsaaklik dat hulle as primêre opvoeders hul kinders lei en ondersteun.
“Hierdie ondersteuning is belangrik vir ons skole, onderwysers en leerlinge om van 2017 ‘n sukses te maak,” het Hanse-Himarwa gesê.
Sy het ’n beroep op skole gedoen om alles gereed te kry om vanjaar beter uitslae te verseker.
Die sekretaris, me. Sanet Steenkamp, het aan Republikein gesê een van die grootste uitdagings wat die ministerie in die gesig staar, is infrastruktuur - dus skole en klaskamers.
"Die ministerie het maatreëls ingestel om te verseker dat elke kind inklusiewe, gratis, gehalte onderwys, soos deur artikel 20 van die Grondwet voorgeskryf, ontvang.
“Die ministerie, deur die onderwysdirektorate, het in die 2016 - '17-finansiële jaar bykomende geld vir nog klaskamers beskikbaar gestel. Sommige klaskamers is reeds voltooi terwyl ander nog in aanbou is.
“As deel van die ministerie se proaktiewe poging om leerlinge by skole in te skryf en te verseker dat onderwys vlot verloop vanjaar, is reeds in Junie en Julie 2016 met toelating begin. Gevolglik het skole reeds teen Augustus verlede jaar geweet of daar plek beskikbaar is of nie. Skoolhoofde het reeds in Augustus ouers en voogde laat weet of hul kinders se aansoeke om toelating geslaag het of nie. Dit word van ouers verwag om die toelating van hul kinders te bevestig,” sê Steenkamp.
Jaarliks word ’n toename in leerlinge van tussen drie en vyf persent verwag. Gebaseer op 2016 se skoolinskrywings, soos op die 15de skooldag bepaal, word 707 878 leerlinge vanjaar nasionaal verwag. Van hulle sal 83 119 in die Khomasstreek skoolgaan.
“Elke streek het sy eie dinamiek, maar ’n tekort aan plek op skool word hoofsaaklik in stedelike gebiede ondervind.
"Die beweging van ouers van een plek na ’n ander, veral na stede en dorpe, het ’n groot impak op die plasing van leerlinge.
“Sommige ouers trek Windhoek toe omdat hulle onder die indruk is dat die gehalte van onderwys in stedelike gebiede beter as in landelike gebiede is,” sê Steenkamp.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie