Skole-angs
Die skole is al 'n week aan die gang en 'n groot aantal leerlinge wag nog in streke dwarsoor die land om te hoor of hulle geplaas gaan word.
Die gewag gaan boonop volgens die onderwysministerie nog tot 29 Januarie voortsleep – drie weke ná die skooljaar afgeskop het.
Dít terwyl die nuwe, meer uitdagende leerplan in die woorde van die permanente sekretaris van onderwys, kuns en kultuur, me. Sanet Steenkamp, vereis dat daar van dag 1 af skouer aan die wiel gesit word.
Drie kwessies rakende hierdie scenario behoort elke Namibiër slapelose nagte te gee. Hoekom is daar steeds 'n administratiewe onvermoë by ons onderwysowerheid om die plasingskwessie, wat jaar na jaar groot spanning skep, beter te hanteer?
Tweedens wil 'n mens weet hoekom soveel leerlinge druip en dus heropgeneem moet word in skole wat onder die indruk was hulle plekke is vir nuwe plasings beskikbaar?
En in die derde plek moet die regering sê waarom die verdedigingsbegroting steeds veel hoër as dié van onderwys is en die bou van nuwe skole en die vergroting van bestaande skole oënskynlik 'n laer prioriteit as wapentuig is.
Onderrig in Namibië word duidelik deur sistemiese probleme en begrotingsfrustrasies gekniehalter. Die onderskeie kwessies voed mekaar verder later tot so 'n mate dat dit moeilik is om te bepaal wat stap 1 van die oplossing is. Die regering kom met sy gratis onderwys-beleid nie die mas op nie. Die ouergemeenskap, burgerlike samelewing en private sektor het almal 'n belang in gehalte onderwys.
Kreatiewe samewerkingsplanne moet gevind word.
Ons skuld dit vir ons kinders.
Daily Mail West Virginia, 16 January 2019
Congress and president were elected to work, not sit
President Donald Trump insists on funding of $5.7 billion to build a barrier wall along the U.S.-Mexico border to stymie illegal immigration. While that sounds like lots of money to those of us who work for a living and depend on a paycheck once or twice a month, in federal spending terms $5.7 billion is 0.0998 percent of the total federal budget.
Speaker of the House Nancy Pelosi refuses to give a nickel, along with her compatriot in do-nothingness, Senate Majority Leader Chuck Schumer.
This impasse between Congressional Democrats and the Republican president is not about immigration. It's about power. The president is sticking to his 2016 campaign promise to build a wall.
Credit him for that — a politician following through on a campaign promise.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie