'Skilpad'-toeris in Portugal begrawe
Mariselle Stofberg - 'n Week nadat 'n jong Portugese vrou op besoek aan Namibië skaars vyf kilometer van die lughawe af doodgery is, het haar familie en vriende die afgelope naweek in Albufeira in Portugal van haar afskeid geneem.
Me. Natacha Alves Ferreira (26) het verlede Vrydag sowat 5 km van die Internasionale Lughawe Hosea Kutako af gesterf toe sy op die B1 raakgery is.
Ferreira se pa, mnr. Luis Alves, en haar man, mnr. Daniel Bray Vaz, was by toe sy deur die voertuie getref is.
Hulle het langs die pad stilgehou sodat sy na ’n skilpad wat oor die pad geloop het, kon kyk.
Dit was pas ná hulle op besoek aan Namibië in die land aangekom het.
Adj. komm. Edwin Kanguatjivi, woordvoerder van die Namibiese polisie, het intussen meer inligting oor die ongeluk met Republikein gedeel.
Volgens hom het die ongeluk omstreeks 15:25 op Vrydag 10 November plaasgevind. Verkeerspolisie was reeds om 15:45 op die toneel, met die ondersoekbeampte wat om 15:55 op die toneel aangekom het.
Kanguatjivi ontken gerugte dat die polisie eers vier ure ná die ongeluk by die toneel opgedaag het.
Volgens hom was twee voertuie by die ongeluk betrokke.
Ferreira is eers deur ’n voertuig getref wat van die lughawe af in die rigting van Windhoek beweeg het, waarna sy aan die ander kant van die pad beland het. Sy is daarna deur ’n tweede voertuig getref.
“Beide bestuurders het op die toneel gestop en verklarings afgelê. Die ondersoekbeampte het bevestig die liggaam van die oorledene was toegegooi met sy aankoms op die toneel. Daar is sprake van ’n derde voertuig, maar niemand kon enige inligting rakende hierdie voertuig aan ons oordra nie,” sê Kanguatjivi.
Hy vra enige individu wat inligting oor die voertuig het om na vore te kom en óf die Namibiese polisie by die lughawe te kontak by (062) 540 231, of ao. Job by 081 294 8400 te skakel.
’n Saak van strafbare manslag is aanhangig gemaak en die aanklaer-generaal sal besluit of die individue vervolg gaan word, het hy gesê.
Roerende huldeblyk
‘n Vriendin van Ferreira, me. Catarina Mira, het verlede week ’n roerende brief aan haar vriendin op haar webjoernaal geplaas.
“Ons huil, huil vir diegene wat ons verloor, maar ook dié wat moet agterbly. My hart breek vir Natacha se ongelooflike ouers, Luis en Luisa, en Daniel, haar eggenoot van meer as ’n jaar.
“As Natacha gehuil het, was dit trane van geluk. Sy sal altyd die kosbare meisie wees wat ek in die skool se kantoor ontmoet het. Vanaf ons eerste ontmoeting af is ons onafskeibaar. Ons was soos son en skaduwees: altyd saam.
“Die dood beteken nie jy vergeet iemand nie. Jy groet net tot wedersiens waar ons saam ons onvoltooide drome kan uitleef. My vriendin en suster sal altyd in ons herinneringe voortleef, waar sy altyd ’n glimlag op haar gesig sal hê,” het sy geskryf.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie