Skildery van Namibië in Londen onder die hamer
'n Skildery deur die bekende skilder Thomas Baines (1820 – 1875) wat van 1864 dateer en 'n keerpunt in die pre-koloniale geskiedenis van Namibië uitbeeld, is gister by die wêreldbekende afslaer Christie's in Londen opgeveil.
Na verwagting sou die skildery, wat teen druktyd nog nie onder die hamer gekom het, vir tussen £200 000 tot £300 000 (sowat N$3,6 miljoen tot N$5,6 miljoen) verkoop word.
Dit is geverf ná die geskiedkundige gebeure in 1863 op Otjimbingwe.
Die Ovaherero het onder 'n aanval van die Oorlam- en Nama-stamme, gelei deur Christiaan Afrikaner, deurgeloop.
'n Toneel waar Hugo Hahn meer as 3 000 Ovaherero-stryders toespreek voor die beslissende stryd, is deur Baines vasgelê. Dit was 'n keerpunt in die Namibiese geskiedenis met dié oorlog wat die einde van die Oorlam Afrikaner se oorheersing in die land aangekondig het.
Baines is in Brittanje gebore en op die ouderdom 22 het hy per boot na Suid-Afrika gereis. In Kaapstad werk hy as 'n portretskilder en word later aangestel as die amptelike skilder van die Britse Weermag tydens die Grensoorloë.
INSIG
Gedetailleerde skilderye en sketse wat unieke insig gee in die koloniale lewe in Suider-Afrika en Australië het vir Baines aansienlike bekendheid verwerf. Talle van sy werke kan vandag nog in die Kasteel die Goeie Hoop in Kaapstad besigtig word. Die Thomas Baines Natuurreservaat in die Oos-Kaap is ook na hom vernoem.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie