'Skietvoorval ongelukkig'
'Skietvoorval ongelukkig'

'Skietvoorval ongelukkig'

Die minister van die omgewing en toerisme het op die skietery in die Bwabwata Nasionale Park gereageer.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg



Die minister van die omgewing en toerisme beskou die ­skietvoorval waarin die driejarige Alexia Keil gewond is, as “ongelukkig” en verseker toeriste dat Namibiese nasionale parke veilig is.

Die minister, mnr. Pohamba Shifeta, sê dit is 'n ongelukkige voorval en 'n sensitiewe en ingewikkelde saak wat deeglik en met deursigtigheid ondersoek moet word.

“Ons het teenstrydige stories van die familie en die veiligheidsmagte, maar die waarheid sal seëvier. Ek kan nie nou enige van die betrokke partye blameer voor die ondersoek nie afgehandel is nie,” het die minister gesê.

Die goeie nuus is dat Alexia, wat op 15 Maart in die Bwabwata Nasionale Park na bewering deur sekuriteitsmagte van die teenstropery-eenheid in die kop geskiet is, uit die hospitaal ontslaan is nadat 'n stuk koeël tydens 'n operasie uit haar voorkop verwyder is.

“Ons dank God dat geen lewensverliese gely is nie. Dit is 'n wekroep vir ons dat dit nie herhaal mag word nie. Dit is nie ons wens om sulke voorvalle in ons nasionale parke en elders in die land te sien nie,” het Shifeta gesê.

Volgens hom het mnr. Harald Keil, sy vrou Teresa en dogters Alexia en Caitlyn (2), die Buffalo-gebied in die park op 12 Maart besoek. Die park­reëls en -regulasies en die teenwoordigheid van die eenheid is by die toeristesentrum aan hulle verduidelik, sê Shifeta. Die gesin het die park weer op 15 Maart besoek en hulle het te kenne gegee dat hule die reëls ken.

“Drie skote is die oggend gerapporteer in die omgewing van Pica-pau en Nova in die Buffalo-gebied, voetspore is gesien en daar is vermoed dat olifante in die park gestroop is,” het Shifeta gesê. Die teenwoordigheid van die teenstropery-eenheid is versterk en 'n mobiele padblokkade is opgerig.

“Omstreeks 15:00 het die patrolliespan, geklee in volle uniform en met 'n regeringsvoertuig langs die pad geparkeer, die Keil-familie in hul Toyota Fortuner gestop. Hulle het hulself voorgestel, die redes vir die padblokkade gegee en Keil gevra om die voertuig te deursoek.”



WAARSKUWINGSKOTE

Shifeta sê dit was toe dat Keil weggery het en die patrolliespan waarskuwingskote geskiet het, maar die voertuig het nie gestop nie.

“Die volgende skoot is op die regteragterwiel geskiet wat die band laat bars het, maar die bestuurder het op die velling van die wiel aanhou ry. Drie ander skote is op die wiele van die voertuig geskiet, maar die voertuig het nie gestop nie.”

Volgens die minister het die gesin verby die Buffalo-toeristesentrum gery waar hulle nie gestop en die skietery gerapporteer het nie. Hulle het eers by die Divundu-polisiepunt gestop waarna 'n weermag-ambulans die beseerde Alexia na Andara-hospitaal geneem het.

Shifeta sê daar gaan meer kennisgewingborde in Bwabwata en ander nasionale parke opgerig word om besoekers oor die reëls, regulasies en operasies in parke in te lig.

Op 'n vraag of Namibië in Botswana se voetspore gaan volg wat stropers voor die voet doodskiet, het Shifeta geantwoord dat hy nie ander lande bespreek nie, maar “veiligheidsmagte kom op 'n punt waar hulle sê genoeg is genoeg”.

Die minister sê die veiligheidsmagte leef in moeilike toestande in parke en kan soms gefrustreerd en paranoïes raak, “maar hulle weet wat hulle mag en nie mag doen nie”.

Shifeta het gesê daar is Maandagnag nóg 'n olifant in Bwabwata deur gewapende verdagtes gestroop. Een verdagte is in hegtenis geneem.

“As jy op die weermag skiet, verklaar jy oorlog. Die wapens en ammunisie wat stropers, moontlik voormalige, goed opgeleide soldate gebruik, is gevaarlik en kan 'n weermag soldate toerus. Dit is nie 'n grap nie.”

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.95 | EUR to NAD 20.51 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 18.99 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.27 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.99 | USD to ZMW 24.77 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 210.71/OZ UP +0.91% | Copper US$ 3.98/lb DOWN -0.0004 | Zinc US$ 2 450.10/T DOWN -0.26% | Brent Crude Oil US$ 87.06/BBP UP +0.78% | Platinum US$ 906.57/OZ UP +1.31% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.95 | EUR to NAD 20.51 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 18.99 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.27 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.99 | USD to ZMW 24.77 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 210.71/OZ UP +0.91% | Copper US$ 3.98/lb DOWN -0.0004 | Zinc US$ 2 450.10/T DOWN -0.26% | Brent Crude Oil US$ 87.06/BBP UP +0.78% | Platinum US$ 906.57/OZ UP +1.31%