Skape lê die pad vol
Catherine Sasman
’n Fratsvoorval met ’n vrag skape het tussen Hoachanas en Kalkrand plaasgevind toe die agterste traliedeure van ’n vragmotor op die grondpad losgeskud en vermoedelik 22 dorperskape van mnr. Jaco Booysen van die plaas Ketanie laat uitval het.
Toe Republikein Woensdag op die toneel afgekom het, het die skape verspreid oor die pad gelê en tientalle aasvoëls, verwilder deur die polisie, het in die lug gehang.
Volgens konstabel Quintin Beukes van die Derm-polisiestasie was die vrag skape onderweg na Mariental.
Dertien skape is op die pad gevind. Vyf was nog lewend, maar erg vermink. Een dier het ongedeerd daarvan afgekom.
Beukes het bygevoeg dat 22 skape vermis word en vermoedelik deur verbygaande motoriste opgelaai is.
Hy het gesê die eienaar van die skape is aan die hand van die oorplaatjies geïdentifiseer.
“Dit was ’n doodgewone ongeluk,” het die eienaar van die vragmotor, mnr. Bernard Kubersky, gesê. “Ek het al die jare skape vir mnr. Booysen gery en dit is die eerste keer dat soiets gebeur.”
Hy het gesê sy onderneming, Kubersky Transport, en Booysen het reeds geskik.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie