Skadelike kweekhuisgasse het 'n nuwe teenvoeter

03 December 2019 | Landbou
Dr. Kobus Laubscher



Ons almal voel die impak van klimaatsverande­ring aan ons bas en al hoe meer navorsing dui op die gevaar van ongebreidelde vermeerdering van die oorsake van skadelike kweekhuisgasse.

Herwinning is die nuwe modewoord, maar wat kommer wek, is die argelose houding van regerings om die bul by die horings te pak. Geen beter voorbeeld van amptelike ontduiking van verantwoordelikhede ten opsigte van afvalbestuur kan gevind word as die versiering van die omgewing met wapperende plastieksakke nie.

Ten minste een Afrikaland het sy voet dwars neergesit nadat die inbring, besit en gebruik van ­plastieksakke in Ethiopië onwettig verklaar is nie.

Andersyds is daar ook sterk argumente ten gunste van die waarde van plastiek in terme van onder meer bewaring van kos. Wat nodig is, is 'n doelgerigte meesterplan wat die bestuur van plastiekafval verder verfyn, alternatiewelik aggressief implementeer. Suid-Afrika tel tans onder wêreldleiers wat die herwinning van plastiek aanbetref, maar vir Jan Alleman is dit dalk nog nie voldoende nie.



PLANT VAN BOME

Skadelike kweekhuisgasse beduiwel vervolgens ook die optimale interaksie tussen verskillende hulpbronne en daar is bewyse dat gemiddelde ­temperature styg en ysgletsers besig is om te smelt. Baie teenvoeters word voorgestel en is in bedryf, waaronder die plant van bome.

Die nuutste navorsing wys egter dat oplossings baie nader en goedkoper kan wees soos die waarde van ­walvisse in die berging en vrystelling van ­skadelike koolsuurgas (CO²).

Hiervolgens vervul die grootste soogdier op aarde 'n belangriker rol as bome in die “bestuur” van CO².

Volgens die Internasionale Mone­têre Fonds (IMF) bevorder ­walvisse die produksie van plankton – hul hoofbron van voeding. Plankton berg tot 40% meer koolstof as bome en 'n 1%-verhoging in die produktiwiteit van plankton het dieselfde impak op koolstofberging as twee biljoen bome.

Aan die hand hiervan het die IMF 'n waardebepaling gedoen van groot walvisse en dit kom neer op US$2 miljoen. Indien mens dié raming in verband bring met die huidige bevolking van groot walvisse van 'n geraamde 1,3 miljoen, is daardie walvisbevolking 'n aardige US$1 triljoen werd.

Hierdie waarde is gebaseer op walvisse se vermoë om koolstof “vas te vang”, die positiewe impak op die voeding van visse in die oseane en die toerismewaarde van walvisse. Laasgenoemde word geraam op meer as US$2 miljoen per jaar.

Indien die walvisbevolking kan herstel van vlakke voor die kommersiële jag daarvan – 'n geraamde 4 tot 5 miljoen – kan tot 1,7 biljoen ton koolstof jaarliks verwyder word.

Die geraamde koste van beskerming wat nodig geag word vir die herstel van die walvisbevolking, word geraam op US$13 per persoon per jaar. Indien dit opgeweeg word teen wat elke persoon tans bydrae tot besoedeling oor 'n wye boeg, is dié US$13 kleingeld.

'n Volwasse, groot walvis akkumuleer oor sy leeftyd van 60 jaar tot 33 ton koolstof wat by sy dood saam met die karkas sink tot op die bodem van die see. Daar bly dit “opgesluit” vir baie jare. Daarteenoor kan 'n ­volwasse boom 'n maksimum van minder as 22 kg koolstof per jaar berg.

Die grootste waarde van walvisse is egter in terme van hul impak op planktonproduktiwiteit met bewese betekenisvolle impak op koolstofbestuur.

Verder is die lewenspatroon van ­walvisse ook bydraend tot die gesondheid van oseane, want wanneer ­walvisse na die oppervlak kom om asem te haal, skep hulle eie afval/­uitskeiding uitstekende bronne van onder meer yster vir daardie organismes wat dit weer nodig het.

Plankton op sy beurt lewer weer 'n ontsaglike bydrae tot koolstofbeheer en as sodanig verbeterde ­atmosferiese prestasie. Suurstofproduksie en ­koolstofvaslegging deur plankton sou die ekwiwalent van vier Amasone-­reënwoude behels.

'n Hernude beroep om walvisse te spaar, dra dus gewig. Tans sterf tot 100 walvisse per jaar weens onder meer walvisjagte en visnette, en toenemend weens plastiekbesoedeling.

Laasgenoemde is besig om oseane te verswelg, maar geniet darem nou die hoogste vlak van aandag.

Die gesondheid van oseane is van absolute belang en die herwaardering van walvisse se waarde is dus noodsaaklik.

Soortgelyk

 

KOLLIG Voorblad

19 ure gelede | Byvoegsels

Swakop hou Makietie bl. 4

ECN gaan Itula se aansoek teenstaan

19 ure gelede | Politiek

Denver Kisting – Vanweë die beweerde negatiewe uitwerking van elektroniese stemtoestelle (EVM’s) in die afgelope presidensiële verkiesing moet die proses tersyde gestel word.Dr. Panduleni Itula,...

Ekonomie bloei lánkal

19 ure gelede | Plaaslik

Jo-Maré Duddy – Ekonomiese groei het reeds in 2015 skerp begin tuimel sonder dat dit deur amptelike syfers weerspieël is, toon nuwe data wat gister...

NOU AAN DIE GANG

19 ure gelede | Byvoegsels

» Die Swakopmund Wetenskaplike Vereniging bied tans ‘n Kersfees-skattejag by die Swakopmund Museum aan. Dit bestaan uit twee afdelings, een vir kinders en een vir...

Geskorste raadslede van Rehoboth herkies

19 ure gelede | Regering

Denver Kisting op Rehoboth – Dieselfde span raadslede wat verlede jaar deur dr. Peya Mushelenga, die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, in die pad...

Weer vir 13 Desember 2019

19 ure gelede | Weer

BINNELAND: Mooi weer en baie tot bloedig warm in die Suide. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm wees. Winderige weer sal...

STEMFEITE: NAM & SA 2019

19 ure gelede | Politiek

In Namibië het Swapo persentasiegewys meer steun ingeboet as die ANC in Suid-Afrika.

NamibRe: Versekeraars moet 12,5% sedeer

19 ure gelede | Howe

Elvira Hattingh Plaaslike versekeringsmaatskappye móét voorts vir herverseke­ring by NamibRe opdok - tot tyd en wyl daar in 'n hangende hofsaak oor die wettigheid van...

CoW baklei teen beslaglegging

19 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Die Windhoekse munisipaliteit (CoW) baklei tans verbete teen ’n beweerde beslagleggingsbevel wat poog om van hul vaste bates te konfiskeer.Veertien superintendente verbonde...