Skade toe diewe koperdraad soek

31 December 2003 | Politiek en nasionale nuus
KOPERDRAAD van 4 600 meter was die buit van booswigte wat \'n splinternuwe hoëspanningslyn agter die duine in die rigting van \'n Walvisbaaise voorgestelde nywerheidsaanleg in die Kersgety beskadig het.
Duisende dollars se skade is veroorsaak toe die diewe geweld gebruik het om die nuwe lyn te saboteer nog voordat dit met \'n lading krag van 22 000 Volt geaktiveer is. In \'n blykbare poging om die koperdraad te bekom, is vier kragmaste ook omgeruk.
Volgens aanduidinge op die toneel is \'n kragtige voertuig gebruik om die kraglyn los te ruk en dit tot op breekpunt te sleep met die draad wat daarna vergaar is om blykbaar as skroot verkoop te word.
Volgens \'n woordvoerder van die Walvisbaaise munisipaliteit sal die lyn waarskynlik eers teen die einde van Februarie herbou wees. Vertragings word veroorsaak deurdat nuwe onderdele bestel moet word met aflewering wat waarskynlik eers teen die einde van Januarie sal geskied.
\'n Waarskuwing is intussen ook gerig dat die reste van die kraglyn nou geaktiveer is.
Die kraglyn is teen \'n beraamde koste van N$2,5 miljoen gebou. Dit sou onder meer dien om pypleidings van NamWater in \'n ingewikkelde tegniese proses teen verwering in die woestyn te beskerm. Van die pypleidings is sedert April vanjaar aan die strawwe woestyntoestande blootgestel.
Die voorval is by die polisie aangemeld.
- Net buite Swakopmund is \'n werker van die kleinhoewes by Nonidas gister deur \'n voertuig van vakansiegangers getref. Die trapfietsryer het sy linkerbo-been beseer en ook hoofbeserings opgedoen.
- Op Swakopmund het \'n 16-jarige meisie van Windhoek beweer dat sy in \'n toilet by die SFC-sportterrein verkrag is. Volgens beskikbare inligting kon die meisie nie volledige besonderhede van die voorval of haar aanvallers verstrek nie.
- Op Hentiesbaai was die swemgebied gister opvallend leeg ondanks sonskynweer. Dit het saamgeval met vakansiegangers wat begin oppak het, maar baie van hulle het gesê hulle skuif net oor na Swakopmund waar hulle vanaand die rockfees bekend as die Nonidas Rok wil bywoon met Valiant Swart, Karin Zoid en Pieter Botha onder die besoekende kunstenaars uit Suid-Afrika.
- Tot gister is 14 motorongelukke op Hentiesbaai en die omgewing aangemeld, maar net een was noodlottig. Dit was toe \'n man met \'n Chinese paspoort gesterf het toe \'n motor by Myl 63 gerol het. Op Hentiesbaai was nege van die ongelukke verwant aan parkering.
- \'n Toeloop van vistermanne word vandag op Hentiesbaai verwag wanneer die jaarlikse kompetisie van die Hentiesbaai hengelklub met Joggie as besoekende kunstenaar aangebied gaan word.

Soortgelyk

 

Covid-19: 20 sterftes, 151 nuwe gevalle

3 ure gelede | Gesondheid

Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste het twintig nuwe Covid-19-sterftes aangemeld, die meeste daarvan op Gobabis (13 sterftes), wat dié sterftesyfer op 3 884...

Hardap se sluise dalk vanaand getrek

5 ure gelede | Omgewing

Die Hardapdam kan dalk laat vanaand 70% van sy kapasiteit bereik, wat beteken dié suidedam se sluise sal getrek moet word. Die dam was om...

Botswana-weermag nie aanspreeklik vir sterftes

6 ure gelede | Howe

Landdros Taboka Mopipi het beslis dat Botswsana se weermag (BDF) nie aanspreeklik gehou kan word vir die sterftes van die Nchindo-broers en hul neef, wat...

Erkenning vir selfdegeslaghuwelikke afgekeur

6 ure gelede | Howe

Drie regters in die Windhoekse hoërhoof het ‘n aansoek van die hand gewys om selfdegeslaghuwelikke te erken tussen twee Namibiërs en hul buitelandse eggenotes. Hulle...

Vyf damme kry water

10 ure gelede | Omgewing

Teen gistermiddag om 14:50 het die Hardapdam nog sowat 289,3 m³ water per sekonde ingekry, terwyl nog drie ander nasionale damme sedert Maandag ‘n inloop...

Lelies begin Sondag blom

20 ure gelede | Omgewing

Belangstellendes kan Sondag weer die lelieskouspel op die plaas Sandhof naby Maltahöhe bewonder wanneer die blomme na verwagting in die kleipan sal begin blom. Die...

Nóg reën word voorspel

20 ure gelede | Weer

Henriette Lamprecht – Met die weerprofete wat nóg reën voorspel, is dit veral die suidelike en sentrale gedeeltes van Namibië wat juig oor hul reënmeters...

Oranje: Oorstromings ‘haas onafwendbaar’

20 ure gelede |

Ronelle Rademeyer – ’n Volgende vloedgolf is in die Benede-Oranjerivier op pad en oewerboere is volgens berigte in die Suid-Afrikaanse media gewaarsku oorstroming lyk nou...

Weer vir 20 Januarie 2021

20 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Tref voorsorg teen wyd verspreide donderbuie.BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm in die Namib en die Zambezi- en Omaheke-streke met enkele buie. Elders bewolk en...