Skaam jou, Gwede

‘Ek was nie ’n minister’

11 February 2019 | Afrika
Juniour Khumalo en Abram Mashego – Een van pres. Cyril Rama­phosa se nouste bondgenote in die ANC se topses, Gwede Mantashe, het Saterdag erken veiligheidstoerusting by sy drie huise was ’n geskenk van ’n grootkop by Bosasa, wat al miljarde rande uit bedenklike staatskontrakte verdien het.

Die veiligheidskameras en -ligte by Mantashe se huise is laat aanbring deur Papa Leshabane, ’n uitvoerende direkteur van Bosasa Operations.

Maar Mantashe het Saterdag gesê hy het nie destyds besef dat Leshabane by die omstrede Bosasa betrokke was nie. Dít was die naweek die minister van minerale hulpbronne en ANC-voorsitter se verduideliking oor waarom hy vroeër ontken het dat hy ooit enige gunste van Bosasa gekry het.

’n Tegniese koördineerder van ’n Bosasa-maatskappy, Richard le Roux, het die afgelope week by die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping gesê Mantashe is een van verskeie hooggeplaastes by wie se huise Bosasa in die geheim veiligheidsopgraderings gedoen het.

Le Roux het getuig Nomvula Moko­n­yane, minister van omgewingsake, Vincent Smith, ANC-parlementslid, Thabang Makwetla, adjunkminister van korrektiewe dienste, en Dudu Myeni, destyds voorsitter van die SAL, het ook veiligheidsopgraderings gekry.

Mantashe en sy veiligheidshoof, Mzonke Nyakaza, het Saterdag joernaliste na sy huis in Boksburg genooi om vir hulle te wys dat hy nie die opgraderings gekry het waarna Le Roux verwys het nie.

Hy het toegegee dat Leshabane in 2016 gratis ligte en kameras by sy huise in Boksburg en by Cala in die Oos-Kaap laat installeer het.

“Ek was destyds sekretaris-generaal van die ANC, nie ’n minister nie. Daar was dus geen tenders wat ek in ruil vir die installering kon gee nie,” het hy geskerm.

Die ANC het destyds nog die koste van sy beveiliging betaal.

Daar was daardie jaar twee pogings om by sy huis in Boksburg in te breek en hy het Nyakaza gevra om vir hom veiligheidskameras te installeer.

Nyakaza het Saterdag gesê Mantashe se vrou het vir hom geld gegee om kameras by die East Rand Mall te gaan koop.

“Die volgende dag . . . het Papa Leshabane by die huis aangekom. Hy het die kameras gesien wat ek wou installeer en het gesê: ‘Hierdie kameras is baie swak, hulle sal nie vir jou die beeld gee wat jy nodig het nie’. Hy het gesê hy kan vir my beter kameras kry,” sê Nyakaza.

’n Paar dae later het hy hom voorgestel aan die persoon wat die beter kameras geïnstalleer het.

“Dit was Richard, die een wat by die kommissie getuig het,” het Nyakaza Saterdag gesê.

Volgens Nyakaza het hy sedertdien ’n hele paar keer met Le Roux en Le­shabane gepraat oor die stelsel, veral wanneer dit nie behoorlik gewerk het nie.

Mantashe sê hy het geen idee waarom Le Roux getuig het die veiligheidstelsels het R300 000 gekos nie. Hy het maar R10 000 betaal vir die toerusting wat Nyakaza vir die Boksburg-huis gekoop het.

Hy betwis dit ook dat die ligte en kameras “veiligheidstoerusting” genoem kan word.

Mantashe het ook daarop gewys dat hy nie ’n elektriese heining gekry het nie – terwyl niemand nog ooit beweer het dat hy wel een gekry het nie. In Le Roux se verklaring voor die kommissie het hy net melding gemaak van nege veiligheidskameras, ’n digitale video-opnemer en veiligheidsligte.

Nie Mantashe of Nyakaza het gesê waar hulle gemeen het die geld vandaan gekom het om vir die toerusting en installasie betaal nie. Le Roux beweer Bosasa het daarvoor betaal.

– Netwerk24

Soortgelyk

 

Operasie Kalahariwoestyn hervat

5 minute gelede | Polisie

Die omstrede teenmisdaadoperasie Kalahariwoestyn hervat eerskomende Maandag.Die nasionale polisiewoordvoerder, adj.komm. Edwin Kanguatjivi, het Dinsdagmiddag in Windhoek gesê die veldtog en sy voorganger, Hornkrantz, help om...

Chasing your dream

16 ure gelede | Mense

Ester Kamati Aina Johannes completed her matric at Windhoek High School in 2015 and is currently pursuing her studies in marketing management at the International...

Kinderverkragter: ‘Ek is skuldig’

16 ure gelede | Howe

Francoise Steynberg - Die 50-jarige Jeremia van Wyk het gister skuldig gepleit op die verkragting en ontvoering van ’n vyfjarige meisie. Pas nadat Van Wyk gisteroggend van...

/Khomani wil verskeie Khomas-plase onteien

16 ure gelede | Politiek

Catherine Sasman - Die /Khomani-gemeenskap eis nie net die onteiening van plekke soos Dordabis, Aub en Omitara omdat dit aan hul voorvaders behoort het nie,...

Windhoekers kniediep in die skuld

16 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Die Windhoekse stadsraad (CoW) het gister by monde van sy woordvoerder, mnr. Harold Akwenye, bevestig hul debiteure skuld hulle bykans N$900 miljoen...

Weer vir 6 Augustus 2019

16 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die Noordooste. Elders sal dit sonnig en baie warm wees, maar matig tot warm in die Suide. Dit...

Maltas Club reaches out

16 ure gelede | Onderwys

Ester KamatiIn conjunction with First National Bank (FNB) Namibia, the University Centre for Studies in Namibia (Tucsin) and Dinapama Manufacturing and Supplies, the Maltas Club...

Making science easier

16 ure gelede | Onderwys

Justicia Shipena B2Gold Namibia, in collaboration with the education ministry, officially launched the flagship Little Shop of Physics (LSOP) teacher programme on 2 August...

Embracing differences

16 ure gelede |

Justicia Shipena As a way of bringing together and uniting the different cultural groups within the International University of Management (IUM) community,...