Sjokolade-brownies
Bestanddele
200 g donkersjokolade
125 g botter, sag
4 ekstra-groot eiers
375 ml strooisuiker
5 ml vanieljegeursel
250 ml koekmeel
30 ml kakaopoeier
3 ml bakpoeier
100 g okkerneute of pekanneute
Metode
Oondtemperatuur: 180 °C
1. Smelt die sjokolade in ’n mengbak oor warm water. Klits die sagte botter by, en laat staan die mengsel om effens af te koel.
2. Klits die eiers en suiker tot lig en donsig. Voeg die vanieljegeursel by. Sif al die droe¨ bestanddele saam, en vou dit by die eiermengsel in, gevolg deur die sjokolade en neute. Wees versigtig om dit nie te veel te meng nie.
3. Gooi die beslag in ’n gesmeerde, vierkantige koekpan (27 cm) en bak dit vir sowat 20 minute. Laat die brownies in die koekpan afkoel voordat dit in blokkies gesny word. Jy kan dit net so met die hand eet, of sit dit voor saam met roomys en die sjokoladesous langsaan. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie