Sisa: Ek reageer nie op dom kritiek
'n Storm woed op sosialemediaplatforms oor pres. Hage Geingob se betrokkenheid by die opening van 'n regspraktyk.
Denver Kisting
Hy steur hom nie in die minste aan dom kritiek nie.
Só sê die gewilde prokureur mnr. Sisa Namandje.
Hy het op 'n storm gereageer, wat losgebars het omdat pres. Hage Geingob die afgelope naweek sy praktyk se nuwe gebou in Pasteurstraat in Windhoek-Wes ingewy het.
Namandje het gesukkel om op te hou lag toe Republikein hom gisteroggend om kommentaar genader het.
“Dit is net dom kritiek. Dit pla my nie in die minste nie. Dit is nie 'n kwessie nie,” het hy gesê.
Hy het veral geskater oor beskuldigings wat wyd in die sosiale media geslinger word dat Geingob se regstreekse betrokkenheid by die inhuldiging van die gebou die onafhanklikheid van die regbank in die gedrang bring.
“Ek werk nie vir die regbank nie. Ek is nie 'n regter nie,” het hy volgehou.
Toe die koerant hom daarop wys dat hy wel in 'n stadium as waarnemende regter op die hoërhofbank was, het hy gesê: “Die laaste keer wat ek waargeneem het, was in 2010.”
Selfs al sou hy in die toekoms weer as regter waarneem, het pres. Geingob nie Vrydag die kantoor van 'n waarnemende regter ingewy nie, sê Namandje.
Oor 'n bespiegeling dat die nuwe gebou N$30 miljoen gekos het, wou Namandje niks anders sê as dat daardie bedrag feitelik verkeerd is nie.
Dr. Alfredo Hengari, presidensiële woordvoerder, wou Sondag by navraag geen kommentaar oor die bohaai lewer nie.
Dr. Henning Melber, 'n politieke kenner, het die naweek op Twitter uitgevaar.
“Hoe op aarde kan die staatshoof die kantoor van 'n private regsfirma inwy sonder om sy integriteit in die gedrang te bring?! Dit is een ding dat Sisa Namandje 'n fortuin maak uit opdragte van die regering en die party, maar dié vat die koek! Namibië ontaard in 'n piesangrepubliek,” lui sy twiet.
Tydens Vrydagaand se verrigtinge het Geingob in 'n toespraak, wat vier bladsye beslaan het, gesê die geleentheid is 'n bewys van die feit dat Namibiërs, ongeag ras, geloof, oorsprong of etnisiteit, deesdae 'n loopbaan kan volg wat voor onafhanklikheid net vir wit mense bestem was.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie